CM

Gebore 7 Junie 1933. Studeer Helpmekaar Seunskool Johannesburg en Universiteit van Suid-Afrika

Die wonder van moderne opvoeding

CM 2013-10-14 Die omskepping van primitiewe onsin tot heilige waarhede.

Ag kom nou professore doktore

CM 2013-10-09 U kan tog seker nie in 2013 steeds verkondig dat u nie weet hoe om te bepaal wat waar is en wat ’n leuen is nie.

Geveinsde onkunde

CM 2013-10-07 Vele wat veronderstel is om te weet hoe om te bepaal wat waar is, gee voor dat hulle nie weet nie.

Skaamte

CM 2013-09-26 Die mens is die enigste dier wat klere dra, en sy verstand bedek met fiksie.

Taalbedrog

CM 2013-08-07 Die werklikheid is die volmaakte.
Die versinsels van mense is 'n gesoek na onsin.

Uiterste dwaling

CM 2013-06-24 Die mens vervieslik alles in sy lewe wat mooi en aangenaam is, in die waan dat hy daardeur die niks na sy dood mooi en aangenaam maak.

Eenvoudig

CM 2013-06-18 Net wesens met lywe en breine kan glo, al is dit aan lugkastele, lughemels en lughelle.

Sinchronisasie

CM 2013-06-18 Die skeppers van gelowe verseker dat moord en dood deel van hul meesterplanne is.

Naak

CM 2013-06-14 Aangesien die werklikheid tot sonde verklaar is, moet die waarheid bedek word.

Vroom onkunde

CM 2013-06-13 Dit is al vir eeue bekend hoe feite bewys word, maar omtrent almal gee voor dat hulle nie weet hoe nie.

Dooie lewe

CM 2013-06-12 Fossiele toon dat net lewende breine kan dink dat dooies leef.

Woordkrag

CM 2013-06-11 Die verheerliking van bedenksels van voorgangers verewig dit lewenslank.

Konformasie

CM 2013-06-11 Ter wille van vreedsame naasbestaan, is dit nodig om oor almal se beginsels saam te lieg.

Om te wees

CM 2013-06-10 Die lewe is geen aanloop nie; dit is die ware heerlikheid.

Sondige oorlas

CM 2013-06-07 Vir siele is lewe oorbodig.
Top