CM
Gebore 7 Junie 1933. Studeer Helpmekaar Seunskool Johannesburg en Universiteit van Suid-Afrika
Skepping
CM
2014-02-11
'n Enorme allesoorheersende struktuur van illusies, gebou met boustene uit woorde gemaak, deur siele wat nooit bestaan het nie.
Hoe lyk ‘n plank?
CM
2014-01-20
Kaste wat van woorde gemaak is, hou net illusies binne. Alle ander goeters val uit.
Trotse bedrog
CM
2013-12-23
Alleman is tog so verontwaardig as ander vir hom lieg, maar hy doen dit aan homself met oorgawe.
Gefemelde vryheidsdroom
CM
2013-12-18
Almal wat strewe na die vryheid om hul oortuigings uit te leef, is tog so gretig om aan almal voor te skryf hoe hulle moet lewe.
Kloutjies en ore
CM
2013-12-18
Dit is lank reeds bekend dat die oppergesag van die reg ‘n vereiste vir beskawing is.
Inherent verwaand
CM
2013-12-11
Dit is onvermydelik dat diegene wat glo dat hulle kan dink sonder ‘n brein en kan leef sonder ‘n lyf, hulself meerderwaardig ag.
Vermyde deug
CM
2013-12-09
Omdat geglo word dat enige waarheid ‘n sonde kan wees, erken niemand graag dat hy weet wat dit is nie.