Dwaasheid en selfsug loop hand-aan-hand met wanbegrip en eiewaan. Dít probeer die insig en wysheid wat vasgelê word en gepaard gaan met goeie christelike opvoeding en vaste Bybelse beginsels, vernietig maar sal eenvoudig nooit kan nie.
Ek stem nie saam met CM dat logika die verstek posisie is van menswees nie. Aristoteles was sekerlik verkeerd toe hy gesê het dat die mens 'n rasionele dier is. Mense het egter die reëls van logiese denke "ontdek", en dit is moontlik om dit wat ons sê en doen te toets aan hierdie reëls.
Kom ons vat as voorbeeld dit wat jy hierbo skryf: "Dwaasheid en selfsug loop hand-aan-hand met wanbegrip en eiewaan". "Wanbegrip en eiewaan" is net 'n ander manier om "dwaasheid en selfsug" te sê. Dit is nie twee aparte stellings wat lei tot 'n logiese gevolgtrekking dat "[dit]ít probeer [om] die insig en wysheid wat vasgelê word en gepaard gaan met goeie Christelike opvoeding en vaste Bybelse beginsels [te] vernietig". Maw, jou stelling het geen logiese struktuur nie. Dit is eenvoudig 'n opinie, en soos ons almal weet, enige opinie kan verkeerd wees.
Jy is geregtig op jou opinie, maar kan dit nie voorhou as (logiese) waarheid soos hierbo nie.
Jy is reg, dit is my opinie, maar ek twyfel nie aan die korrektheid daarvan nie.
In elk geval, om bietjie meer lig te werp op my stelling, die volgende: Met “dwaasheid” bedoel ek menslike “wysheid” wat gewoonlik sy oorsprong het uit selfbelang (of dan selfsug). Hierdie tipe “wyshede” is slegs maar “dwaasheid” in God se oë.
Tweedens loop dít hand-aan-hand met wanbegrip – my bedoeling hiermee is dat menigte menslike “dwaashede” te wyte is aan onkunde (of dan “wanbegrip”) oor wat die Waarheid van God se Woord werklik beteken en veral wat ware geloof, ooreenkomstig die Enigste Ware Evangelie van Jesus Christus, behels. Die woord “eiewaan” vereenselwig met die voorafgaande (wanbegrip/onkunde) in díe sin dat die uiteraar van die “dwaashede” homself/haarself gewoonlik dan op die skouer klop met ‘n tipe arrogansie wat weer gekenmerk word deur wêreldse selfregverdiging.
Tesame vorm hierdie houding ‘n bose alliansie wat die Waarheid van sake Gods gedurigdeur probeer vernietig (dit sal nooit kan nie) bloot omdat díe Waarheid van sake Gods juis die dwaasheid van die bose alliansie blootstel.
Kommentaar
CM

Dolf
Hello Dolf

Chris
Chris,

Sterkte
Dolf