Menslike wyshede en onkunde, verskuil onder die dekmantel van sogenaamde "logiese denke", word elke keer te lig bevind en as dwaasheid en arrogansie uitgewys wanneer die tydelike met die ewige verwissel.
1. Demonstreer heel eerste dat "die tydelike met die ewige verwissel", en dan eers kan jy op grond hiervan "dwaasheid en arrogansie" uitwys.
2. As jy nie wil gebruik maak van sogenaamde "logiese denke" kan ek nie sien hoe jy dit anders kan doen nie.
Spirituele kennis kan nie gebruik word as antwoord nie, want dit lei aan dieselfde probleem as die stelling wat jy maak oor die tydelike wat met die ewige verwissel: Demonstreer dit as iets wat nie eenvoudig die produk van menslike verbeelding is nie.
Geen probleme met my stelling nie. Gaan lees gerus my verduideliking onder CM se vorige skrywe getitel “afgeleerde insig” – dalk maak dit bietjie meer sin. “In actual fact” jou reaksie op my stelling hierbo verduidelik juis dié stelling, pragtig.
Om vir my, as ware gelowige christen, te sê ek moet nie “Spirituele kennis as antwoord gebruik nie” is soos om vir ‘n gholf speler te sê hy moet rugby reëls toepas op die baan vandag – bloot omdat dit sy teenstander meer pas (‘n teensatnder wat “by the way” geen idee van gholf het nie en dit al so halfgebak probeer het maar mislik gefaal het omdat hy nie die reels eenvoudig wil gehoorsaam nie, nie werklik wil leer speel nie en ook nie hou van die ouens wat wel kan speel nie - en nou die spel/reels van gholf wil gaan verander om meer aanvaarbaar vir homself te wees – maar hy verstaan nog steeds nie). Dít net ter verduideliking, want ongelukkig praat ons nie hier van sport nie, maar van lewensbepalende dinge wat ewigheidswaarde het.
Jy sien, Chris, jy wil met my redeneer op (so veronderstel ek) menslike “logiese denke” vlak, waar ek, daarinteen, ín Christus is en eenvoudig nie met jou kan redeneer oor sake Gods op dié vlak nie, bloot omdat jy nie begrip (sien terme “wanbegrip” en ook “onkunde” in my vorige stelling en hierbo) het oor die waarheid van sake Gods nie.
Die term “tydelike met die ewige verwissel” kan as volg, eenvoudig, verduidelik word. Gister was die 14de Februarie 2013. Dié dag was tydelik en na 12:00 (middernag) laasnag was dit verby en sal daar nooit weer ‘n 14de Februarie 2013 meer wees nie - in der ewigheid nie. Dus koppel ons dit aan tyd. Nou, ons lewens is ook tydelik en wanneer ons sterf wissel ons vanaf die tydelike na die ewige. In ongelowiges/ateïste, en dies meer, se boek is als dan verby – geen hoop, geen liefde, geen waarheid, geen doel - net niks “for ever”. In die ware gelowige christen se boek, daarinteen, is die dood slegs ‘n oorgang na die ewige lewe en begin sy/haar lewe saam Christus tot in ewigheid – Liefde, Vrede, Hoop, Vreugde, ens. Jy sien, Chris, daarom God se genadeversoening in en deur Jesus Christus vir almal tot redding. Maar die keuse om dít te aanvaar bly elkeen s’n. Onthou, Alles gaan oor God en ware geloof is ook ‘n gawe van God – Dít is slegs ‘n opregte en oorgegewe gebed weg van elkeen af. Let egter daarop dat die ongelowige se "nie-aanvaarding" daarvan hom/haar egter nie kwytskeld van God se oordeel nie.
Ek probeer geensins in ‘n argument met jou betrokke raak nie – maar die punt bly staan dat menlike “wyshede” (soos CM s’n hierbo) uitstaan as “dwaashede” soos ‘n paal bo water in elke ware gelowiges se oë – nie uit arrogansie nie, nee-nee, uit jammerte (en glo dit of nie, ook uit liefde). Die ongelukkigheid lê daarin dat dié dwaasheid eers bekend raak wanneer sulke mense sterf en nie tot bekering kom tydens hul tydelike aardse lewe nie. Die ware christelike geloof lei aan geen probleem nie. Die probleem lê egter wel by mense wat hul uiterste bes probeer om God se Woord wat Waar, Rein en Eg is, te probeer diskrediteer – dalk uit onkunde, hardkoppighied, selfsug, selfregverdiging, ens., maar in alle gevalle, dit tot hul eie nadeel.
Ek het so 'n paar dae terug begin luister na Luke Timothy Johnson se lesings, 'Early Christianity: The Experience of the Divine'. In sy inleiding noem hy dat daar voorspel is in die 19de eeu dat die einde van die Christengeloof in sig was. Die wetenskap en 'n kritiese benadering tot die studie van die Bybel sou hierdie einde van geloof inlei. Dit, soos jy goed weet, het nooit gebeur nie. Die vraag is dan, hoekom nie?
Ek vermoed dat 'n deel van die antwoord lê in wat jy hierbo sê. Die Christen se geloof is nie, in die eerste plek, gebaseer op feite en logiese denke nie, maar eerder op 'n ervaring van 'n emosie of iets spirtueels. Dit wat jy 'n verhouding sal noem tussen God en mens. Solank ongelowiges, ouens soos ek, dit ontken, en solank gelowiges, ouens soos jy aandring daarop, sal daar moeilik 'n konstruktiewe gesprek kan wees tussen gelowiges en ongelowiges. Om jou voorbeeld te gebruik, ons probeer gholf speel, jy met rugbyreëls en ek met sokkerreëls. Laat my weet as jy 'n oplossing het vir die probleem.
Intussen vra ek verskoning vir my gedrag in die verlede. Glo dit of nie, ek stel werklik belang in 'n gesprek met gelowiges.
Chris
Ns. Elke keer as ek my naam tik vra die rekenaar my of ek die woord 'Christianity' wil gebruik...
Ek lees met interessantheid jou skrywes. Ek dink die rede hoekom gesprekke tussen gelowiges en ongelowiges gewoonlik eindig in ‘n argument is juis om die rede deur jou genoem, naamlik “Die Christen se geloof is nie, in die eerste plek, gebaseer op feite en logiese denke nie, maar eerder op 'n ervaring van 'n emosie of iets spirtueels” Jy sien, net daar verwar jy die ongelowige se “take” op ware christelike geloof met wat ware geloof werklik is.
Iemand wat ongelowig is en nog nooit ‘n werklike en lewende ervaring met Jesus Christus gehad het nie, sal nie die waarheid daaraan verstaan nie. Asseblief moet tog nou nie dink dat ek nou weer, op charismatiese wyse, my arms in die lug wil gooi en uitroep “hallelua, I found Jesus”, nie – Die punt is egter dat elke ware gelowige se verhouding met Christus ‘n werklike realiteit is - dit is nie 'n droom nie, dit is nie 'n emosie nie - dit is ‘n werklike en lewende verhouding met Christus Jesus – ‘n ware gelowige weet net omdat hy weet dit is WAAR. Ek is ‘n lewende getuie van God se Hand in my lewe – dit is net soos dit is!
Hoeveel keer is iets al vir ‘n ware gelowige bewaarheid, wat, vanuit ‘n menslike “logiese en feitlike” pespektief nie kon gebeur nie – en dan, wanneer dit gebeur het, word dit óf weggeredeneer met onbewese wetenskaplike “feite” (wat in die eerste plek nie eens daar was nie) óf eenvoudig ontken met ‘n sogenaamde logiese - “dis bloot toeval”.
Verder, om vanuit ‘n ware geloofs oogpunt met ‘n ongelowige te redeneer oor sake Gods is onmoontlik (of dan, baie moeilik), in die sin dat die “wêreldse wyshede” eenvoudig nie in lyn staan met die Heilige Waarheid nie – die twee kan nie vermeng word nie! Jy kan nie lig en donker meng nie! Met ander woorde: ongelowige menslike “wyshede” is dwaasheid in God se oë – en omdat ware gelowiges in Christus is – is dit ook só in ons oë. Maar ek sal altyd bereid wees om in ‘n opbouende en sinvolle gesprek met jou (of enigiemand) te tree en net my beste doen soos en waar ek kan. Dit gaan (vanuit my oogpunt) om God se eer en nie myne nie.
Terloops, ek speel gholf met gholf reels (ek verstaan die game) - My probleem is dat ek nie die bal altyd so reguit slaan soos wat ek wil nie en, ja-ja, ek “snap-hook” of “schank” soms die bal ook, maar ek bly op die gholfbaan en die “Klub Voorsitter en Greenkeeper” ken my en wéét ek is ‘n gholfer en ook ‘n lid by die Gholf-klub. So “by the way” dié Gholf –klub is gratis en verniet (Die fooie/prys is lankal klaar betaal) en almal kan kom speel (dit is ‘n oop Klub). Dit maak ook nie saak hoe goed of hoe swak jy speel of hoe min jy weet van gholf af nie, net solank jy werklik Wil speel want daar is gedurigdeur hulp byderhand – jy vra net daarvoor.
Sterkte
Dolf
NS: Chris, verskoning aanvaar – ek huisves geen kwade gevoelens teenoor jou nie.
Vanoggend was daar oor die radio 'n gesprek met 'n westerling wat vir 7 jaar tussen die Kalahari Khoisan gaan woon het.
Op 'n dag gaan stap hy saam met 'n 95 jarige ou Khoisan wat nog so fiks is dat hy ure aaneen kan loop en draf... wat vir hom vra of hy die mannetjies volstruis sien wat vanuit 'n suidwestelike rigting 'n boom met 'n knik in die stam nader en gaan staan ... kyk soos hy wil, sien die westerling nie die volstruis of die boom nie. Hy vra toe vir die ou man om dit vir hom uit te wys want hy wil dit sien. Met die spring die ou man op 'n gemaklike tempo weg en sowat drie ure en twaalf kilometer later, kry hulle die volstruisspoor in 'n suidwestelike rigting en volg dit tot by 'n boom met 'n knik in die stam, waar die volstruis getalm en rondgetrap het... En op 'n ander keer weer, het die Khoisan die jaggeselskap presies ingelig oor die ligging van die gemsbokke en die beste taktiek om een van hulle met die boog en pyl by te kom ... maar die probleem was dat daar nie 'n enkele gemsbok in sig was, nie. Tog is die raad gevolg en toe hulle oor die hoë duin kom, staan daar 'n trop gemsbokke in sig, soos die Khoisan verduidelik het.
Miskien wil Chris weer gaan kers opsteek by die artikel oor Jupiter en die vermoëns van menslike sigvermoë, maar daar was geen manier hoe die ou Khoisan die volstruis of die boom kon sien oor die afstand van 12 kilometer nie. En dit is ook nie moontlik om deur 'n duin te sien, soos die ouens beweer met hul teleskope sommer deur ander hemelliggame sien om vir jupiter en sy mane so netjies geïsoleerd te aanskou, nie...
Dit was maar een van verskeie sulke spirituele ervaringe vir die geleerde en gesofistikeerde westerling. Toe die westerling hom vra hoe dit moontlik is dat hy die dinge weet, het die Khoisan hom geantwoord dat hy die volstruis en die boom gesien het met die oë van sy hartklop, overgesetsynde, sy spirituele oë, waaroor ons gelowiges dikwels hier skrywe net op 'n ander manier.
Die Khoisan is weens sy toewyding so een in sy werklike spirituele ervaring met die natuur soos die ware gelowige een is in sy werklike Spirituele ervaring met die HERE Jesus Christus.
Dit is spiritualiteit in aksie, die menslike dimensie waarvan die arme agnostikus met alles in sy vermoë, probeer wegbeur... en dit het met verbeelding absoluut niks te make, nie.
Maar dit is ook met daardie spiritualiteit waarmee die ware gelowige 'n ware en egte verhouding met die HERE Jesus Christus het, waarvan Dolf vertel en wat Chris, die agnostikus, wat sy spiritualiteit ten alle koste probeer onderdruk, nie kop of stert kan uitmaak nie.
Kommentaar

Dolf, probleme met jou stelling:

Chris,

Hello Dolf

Kobus de Klerk