Dit blyk net nie moontlik te wees om vir iemand wat van kleins af vertel is dat hy ‘n maker het wat dink dat hy ‘n onnosele gemors is, selfrespek te leer nie.
CM
3Dit blyk net nie moontlik te wees om vir iemand wat van kleins af vertel is dat hy ‘n maker het wat dink dat hy ‘n onnosele gemors is, selfrespek te leer nie.
CM
3
Kommentaar
Dis bitterlik hartseer dat 'n mens heeltyd moet dink hoe sondig en onvolmaak jy is.Gelukkig is ek verlos van daardie blok aan my been.
Perdebytjie:
Dit bly eienaardig dat so baie gretig is om gekniehalter deur die lewe te gaan. Veels geluk!
Hi julle 2-kies, Perdebytjie & CM
Julle is nogal reg.
Om heeltyd met 'n "sondebewustheidsgevoel" rond te loop, breek selfwaarde af, en sien ek as 'n aanklag-gevoel waarvan ander mense die oorsaak is.
Selfs 'n "godsdiensgees" is 'n verskriklike ding wat kerke op ons kan plaas. Ekself het onder hierdie blokke kniehalter gelewe.
Nee, nee, nee. Asb - God is net GOED, bedoel net goed met ons. Mense maak van Hom 'n aaklige aanklaer.
Gaan ondersoek jou eie skrywe CM, wie het vir wie gesê "So gemaak, so gelaat staan"? As dit van ouers afkom teenoor 'n kind, is dit eers gevaarlik! Dit vorm 'n kind verkeerd teenoor God. God maak niemand so nie, maar het die mens ook te lief om hom so te laat staan. (Sorry, wil nie prekerig klink, maar wil graag dat jul my hart hoor hoe ek dit ondervind!) Dankie.
Trienie