Cliffordene Norton

Cliffordene Norton is ’n storieliefhebber, dromer en trotse honde-ma van Lola en Ramsey. Sy is afkomstig van Barkly-Wes in die Noord-Kaap en put inspirasie uit haar tuisdorp om stories te skep wat fokus op familie, erfenis en menslike verbintenis.

Haar liefde vir stories het op vyftien begin toe sy haar eerste romantiese verhaal met die hand geskryf het. Met ’n Honneursgraad in Joernalistiek van die Noordwes-Universiteit het sy haar loopbaan by Volksblad as ’n vertaler begin. Tans is sy ’n kopieskrywer by dieselfde universiteit.

In 2022 het haar eerste jeugverhaal, Om jou te ken, verskyn. Sedertdien het twee boeke gevolg: Ek sal vir jou veg en Hoe haal ek asem?. Sy het reeds meer as 45 kortverhale in tydskrifte soos Kuier, Huisgenoot en Vrouekeur gepubliseer.

Cliffordene is tans besig met ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, en balanseer haar professionele en kreatiewe loopbane met haar gunstelingrol – as getroue assistent vir haar honde.

 

Cliff-hanger: Life is ’n biets deur Faeed Amardien

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-10-09

"Ek dink elke leser moet hierdie boek lees. Ek wil nie oordeel uitspreek nie, maar ek dink die haweloses word steeds beoordeel – en hierdie boek laat jou in hul spore stap."

Neville Alexander-gedenklesing: Afrikaans se erfenis – verlede, hede en die volgende 100 jaar

Cliffordene Norton Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-09-29

"Afrikaans is meer as sy verlede, sterker as sy hede en vol moontlikhede vir sy toekoms, maar net as ons betrokke bly, bou en skep."

’n Lesing, ’n voorreg, ’n viering van Afrikaans

Cliffordene Norton Menings 2025-09-29

"Dit was een van die hoogtepunte in my jaar. Ek het huis toe gegaan met dankbaarheid – vir die geleentheid, vir die mense en vir die besef dat Afrikaans, met al sy teenstrydighede en sy geskiedenis, steeds ’n lewende taal is wat die vermoë het om te groei en te verras."

Cliff-hanger: Die 13de dag in Chengdu deur De Wet Hugo

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-09-16

"Vir my as iemand wat ’n bietjie – oukei, baie – bygelowig is oor Vrydag die 13de, was hierdie boek heerlik om te lees."

Web van leuens deur Marion Erskine: ’n resensie

Cliffordene Norton Resensies 2025-08-13

"258 bladsye van toeganklike, lekker lees. Die einde was ’n 'chef’s kiss' – daardie tikkie ironie wat wys dat, selfs al het die karakters baie geleer, selfs al groei hulle, bly die nuuskierigheid oor ander mense se geheime hardnekkig aan die lewe."

Cliff-hanger: Jy hóéf nie nou te lees wat almal lees nie

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-08-13

"Maar hier is die waarheid: Lees is nie ’n wedloop nie. En boeke leef baie langer as wat dit in die hande van jou gunsteling-influencer oor jou skerm dans."

Cliff-hanger: The comrade’s wife by Barbara Boswell – a book review

Cliffordene Norton Books and writers 2025-07-17

"The comrade’s wife isn’t just a powerful novel, but a necessary one. It interrogates power, silence, gender, race and survival with the tenderness of a friend and the clarity of a scholar. No notes. Just awe."

Hoe haal ek nou asem?: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2025-07-04

"Ons was een oggend besig om ’n kamer uit te pak. Ek het boeke van een plek na ’n ander gedra, toe ’n seun op ’n huis se dak in my gedagtes verskyn."

Cliff-hanger: Ek skryf nie om bruin te wees nie – ek skryf vir my karakters

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-06-03

"Ek is lief vir elkeen van my boeke. Hulle het my as skrywer gevorm. En tog, elke keer wanneer iemand iets sê soos: 'Jy skryf vir kallits', of 'Dis nice dat jou karakters so bruin is', dan voel ek daardie bekende verdedigende trek in my maag."

Cliff-hanger: Geheim in die riete deur Constant van Graan: ’n resensie

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-05-14

"Die karakters van die boek is goed gekies. Almal word só vinnig en doeltreffend geskets dat jy omgee. Jy wil weet wat van hulle word. Dis ’n rare talent: om met min woorde karakters te skep wat jy nie sommer vergeet nie."

Cliff-hanger: Die ware avonture van Adelie en Riley deur Felicia Snyman-Du Toit – ’n kinderboekresensie

Cliffordene Norton Kinderboeke 2025-04-10

"Hierdie is lekkerleesboeke vir die jong ouderdomsgroep: propvol avontuur en verbeelding. Ek kan die stemme hoor soos wat ek dit lees."

Cliff-hanger: A thousand eyes on you by Mia Arderne – a book review

Cliffordene Norton Books and writers 2025-03-11

"I wanted to love A thousand eyes on you, but it tries to be too many things at once, and in doing so becomes a kaleidoscope of almosts."

Cliff-hanger: Joha van Dyk het haar siel in haar woorde vasgeskryf

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-02-11

"Sy is so jonk, wat kon sy nie bereik het nie. Ek het my kop geskud. Sy het reeds baie bereik. Sy was iemand wie se potensiaal reeds gestalte gevind het."

Cliff-hanger: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-01-13

"Dit is nie die eerste keer dat ek ’n boek lees oor die morele en fisieke gevolge van dwelmmisbruik nie, maar Gif stel opnuut belangrike vrae. Het ons as samelewing steroïdegebruik so genormaliseer? Dit is vir my sinvol hoe die boek hierdie etiese grense ondersoek, veral as dit op jonger lesers gemik is."

Cliff-hanger: Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout – ’n resensie

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2024-12-10

"Zelda Bezuidenhout se Quinn se jaar van kwik – een van die naaswenners van LAPA se 2023-Jeugromankompetisie – beleef ’n oomblik en dis elke oomblik van daardie aandag waardig."

Top