Carina van der Walt

Carina van der Walt is in Welkom gebore. In Nederland word sy reëlmatig daaraan herinner hoe spesiaal dit is om op só ’n plek ’n mens se lewe te kon begin. Haar kinderjare het sy redelik sorgvry deurgebring.

Daarna volg wydverspreid oor baie jare ’n akademiese opleiding aan die PUK, later die NWU en ook die Katolieke Universiteit van Brabant in Tilburg. Sy cum in 2004 haar M in ’n vergelykende studie tussen Afrikaanse en Nederlandse poësie. Tussendeur trou sy, word ma, hou skool, gee klas aan die NWU, word weduwee met twee klein kindertjies, en reël wyd en syd vier jaar lank ’n skrywerskompetisie vir die ATKV. SAVN-kongresreëlings in Potchefstroom (2004) en simposium-organiseerder in Tilburg (2009) pas binne haar portefeulje. Sy ontmoet Geno Spoormans tydens navorsingstyd in Nederland. Drie jaar later trou hulle. Carina verplaas begin 2007 haar lewe na Nederland. Hier skryf sy voltyds.

Die appel van haar oog is 25 en woon in Durban. Sy het hom so lief soos die sand en die branders van die see … met die intensiteit van elke volmaakte sewende golf.

Haar hart se punt is ’n 21-jarige student in Stellenbosch. Sy het haar so lief soos die sterre in die Melkweg … en die Suiderkruis wat rigting gee.

Daarom bly haar bande met Suid-Afrika sterk. Die invloed en blootstelling van verskillende Europese lande, kulture, tale en denkwyses is ’n boks Quality Street. Sy deel dit graag. Dit maak haar ’n beter Suid-Afrikaner en wêreldburger.




Opgedateer/Updated: 2010-01-26
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Tien vrae: Carina van der Walt oor Amalgaam

Carina van der Walt, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-06-07

"Letterlik is amalgaam ’n woord wat tandartse ken, want hulle het in die verlede metaal en kwik vir stopsels gemeng. Amalgameer beteken '(ver-)meng'."

Die nuwe Zuid-Afrikahuis - en met Esopus argief toe

Carina van der Walt NeerlandiNet 2016-05-05

"Intussen is Zuid-Afrikahuis ná die restourasie heropen en kon ek ’n bietjie gaan kuier met Die fabels van Esopus onder die arm."

"Die taal se stiltes": kollokwium oor Afrikaans

Carina van der Walt 2014-12-10 "Aaneensluitend by die uitreiking van ’n eredoktorsgraad aan Breyten Breytenbach deur die Universiteit van Gent op 3 Desember, het ’n tweedaagse kollokwium oor Afrikaans in Suid-Afrika plaasgevind."

In gesprek met ... Cyrille Fijnaut

Cyrille Fijnaut, Carina van der Walt Akademies en skole 2014-12-01

"Van Zyl-Smit het my gewaarsku dat so ’n besoek [aan Suid-Afrika] ’n onherroeplike skok sal wees, want dit is ’n derde wêreld binne-in ’n eerste wêreld. Of soos Shearing dit opgesom het: Suid-Afrika is die wêreld in die kleine …"

In gesprek met ... Guido van den Berg

Carina van der Walt 2014-07-22 Zuid-Afrikahuis: Die "gemeenskaplike erfgoed van twee lande wat behoue moet bly".

Wat 2014 vir Nederland en Europa beteken (Deel II)

Carina van der Walt 2014-07-10 "Vandag groei en bloei die klaprose wild langs die Europese hoofpaaie. Die brose blomblaartjies maak mens hartseer."

Wat 2014 vir Nederland en Europa beteken (Deel 1)

Carina van der Walt 2014-06-11 Carina van der Walt skryf watter twee belangrike gebeure uit die geskiedenis die Nederlanders hierdie jaar besig hou.

In gesprek met ... Rob Balthussen

Carina van der Walt 2014-03-13 "“Daar is ’n enorme sprong vooruit in die behandeling van Vigs. Anders as in ander Afrikalande is Suid-Afrika finansieel selfvoorsienend vir hulle Vigsprogram."

In gesprek met ... Hans Ester

Carina van der Walt 2014-01-06 Hans Ester is ’n ou bekende onder die Afrikaanse letterkundiges van Suid-Afrika. Sy wetenskaplike loopbaan vertak in drie belangrike dele: Afrikaanse letterkunde, Duitse letterkunde en teologie. In Amsterdam vertel Ester van sy besoek aan Die Hel (Gamkaskloof) tydens sy tyd as gasdosent aan Rhodes Universiteit in Grahamstad.

Nelson Mandela (1918–2013)

Carina van der Walt 2013-12-06 Muhammad Ali staan kopskud-kopskud
geboë oor die bed van sy ou skermmaat

Adel in Gent

Carina van der Walt 2013-11-06 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) en die Koninklike Akademie vir Nederlandse Taal- en Letterkunde (KANTL) het pas in Gent ’n samewerkingsooreenkoms onderteken.

Van Aardklop tot Amsterdam

Carina van der Walt 2013-10-24 "Op 12 Oktober is Paaie vir die deurtog (Litera, 2013) feestelik in Amsterdam ontvang. Dit is ’n Afrikaanse bundel van die gedigte van die Nederlandse digter Willem van Toorn, vertaal deur Heilna de Plooy."

Kinderboekenweek 2013 bestry socialbesitas

Carina van der Walt 2013-10-09 "Vanaf 2 tot 13 Oktober is dit weer die gebruiklike Kinderboekenweek in Nederland. Dit is ’n spesiale leesweek vir kinders tot twaalf jaar."

Afrikaans rock in Amsterdam én in Den Haag

Carina van der Walt 2013-06-19 Dit was 13 tot 16 Junie weer tyd vir die Festival voor het Afrikaans in Nederland. Na die reuse-sukses daarvan in 2011 moes die wenresep herhaal word.

In gesprek met ... Sjef van Erp

Carina van der Walt 2013-06-19 “Suid-Afrika is vir my teoreties interessant, omdat Suid-Afrika wêreldwyd ’n voorbeeld is van wat ’n mens ’n gemengde regstelsel noem. Die Romeins-Hollandse reg en die Engelse reg funksioneer saam."
Top