Gerrit Komrij oorlede: gemaskerde verkleurmannetjie, nee duisendpoot
2012-07-10 "Gerrit Komrij (68 jaar) is volkome onverwags op 5 Julie oorlede. Sy biograaf, Onno Blom, was een van die min mense wat bewus was van ’n siek Komrij. In Afrikaans het Komrij vir kontroversie gesorg as samesteller van die bloemlesing De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten (1999). In die Nederlandse literêre wêreld was Komrij ’n duisendpoot, want hy was ook roman-, toneel- en rubriekskywer, verteller, vertaler en gevreesde kritikus."Dumas wen Vermeer-prys met huiweringwekkende emoties
2012-06-20 "Op Vrydag, 15 Junie, het beide die Trouw en die NRC-Handelsblad aangekondig dat die Suid-Afrikaans gebore Marlene Dumas die Johannes Vermeer-prys 2012 gewen het. Dit is die Nederlandse staatsprys vir kuns."Nobelprys vir jeugliteratuur aan ’n Nederlander
2012-05-31"Op Maandagaand 28 Mei is die Astrid Lindgren Memorial Award (ALMA) in Stockholm uitgereik aan Guus Kuijer (69). Lingren was die skrywer van Pippie Langkous. Die ALMA staan bekend as die Nobelprys vir jeugliteratuur. Kuijer is die twaalfde wenner en een van 184 genomineerde skrywers, illustreerders en instellings."
Van Riebeeck-penning uitgereik vir vertaalwerk
2012-05-01 Op Saterdag 21 Maart, is die Van Riebeeck-penning in Amsterdam aan Riet de Jong-Goossens toegeken. Goossens het al meer as vyftig Afrikaanse romans in Nederlands vertaal.
Vriendskap en ander klein jakkalsies
2012-03-22 Wat is anders aan die Nederlandse Boekenweek 2012 (14 tot 24 Maart) in vergelyking met ander jare? Die tema vanjaar is "Vriendschap en andere ongemakke". Dit geld vir vriendskappe in die literêre wêreld, maar ook vir vriendskappe daarbuite. Verder word die Boekenweekgeskenk deur ’n Vlaamse skrywer geskryf.Woordfees-gas – Wie is Kees ’t Hart?
2012-02-28 Kees ’t Hart (1944) is in Den Haag, Nederland gebore. Hy is ’n literêre “alleskunner”. Dit kan mens aflei uit sy uiteenlopende oeuvre.
Kragtige vertoning van In Ongenade
2012-02-08 Die Nederlandse verhoogproduksie van JM Coetzee se roman Disgrace het op 4 Desember 2011 in première gegaan. Toneelgroep Amsterdam trek tot 24 Maart 2012 daarmee deur Nederland en omringende landeMooi letters vir ’n nuwe begin
2012-01-25 Bo in die Van Abbe-Museum in Eindhoven hang seker die bekendste onderdeel van die HiHa-versameling.
Mutilasie as verskrikking in 30 Nachten in Amsterdam en andere
2012-01-03 Die Nederlandse <i>30 Nachten in Amsterdam</i> het middel November 2011 by Uitgewery Podium verskyn. Die vertalers was Karina van Santen en Martine Vosmaer. In 2010 het dit Etienne van Heerden se tweede Hertzog-pryswenner geword.Blou Lyn-projek dupe in Durban
2011-12-02 Met die bekendstelling van Sculpting the Earth ontmoet ek weer Strijdom van der Merwe die afgelope September in Stellenbosch. Vandat hy tydens die kunstefees Oerel 2009 op die Nederlandse eiland Terschelling sy landskapskuns vertoon het, ...Tropenmuseum word bedreig (Aflewering 2)
2011-11-09 Die afgelope tyd het dit behoorlik gegons op Nederlandse kultuurgebied. Staatsekretaris Ben Knapen het op 12 Oktober die Koninklijk Instituut voor de Tropen (KIT) in kennis gestel dat hulle jaarlikse subsidie van 20 miljoen euro vanaf Januarie 2013 gestop sal word.Tropenmuseum, Afrikaans en môre (Aflewering 1)
2011-11-01 Die afgelope twee weke het dit behoorlik gegons op Nederlandse kultuurgebied. Opnuut het die publiek geskok gereageer op besparingsmaatreëls van die huidige kabinet. Hierdie keer het dit die Tropenmuseum geraak. Die Tropenmuseum het ...Nuwe voorsitter van die ATR praat, óók uit Amsterdam
2011-10-25 Op 18 November is Michael le Cordeur verkies tot die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR). Le Cordeur is ’n onderwysman van formaat. Tans is hy as dosent verbonde aan die Fakulteit ...

