Carina van der Walt

Carina van der Walt is in Welkom gebore. In Nederland word sy reëlmatig daaraan herinner hoe spesiaal dit is om op só ’n plek ’n mens se lewe te kon begin. Haar kinderjare het sy redelik sorgvry deurgebring.

Daarna volg wydverspreid oor baie jare ’n akademiese opleiding aan die PUK, later die NWU en ook die Katolieke Universiteit van Brabant in Tilburg. Sy cum in 2004 haar M in ’n vergelykende studie tussen Afrikaanse en Nederlandse poësie. Tussendeur trou sy, word ma, hou skool, gee klas aan die NWU, word weduwee met twee klein kindertjies, en reël wyd en syd vier jaar lank ’n skrywerskompetisie vir die ATKV. SAVN-kongresreëlings in Potchefstroom (2004) en simposium-organiseerder in Tilburg (2009) pas binne haar portefeulje. Sy ontmoet Geno Spoormans tydens navorsingstyd in Nederland. Drie jaar later trou hulle. Carina verplaas begin 2007 haar lewe na Nederland. Hier skryf sy voltyds.

Die appel van haar oog is 25 en woon in Durban. Sy het hom so lief soos die sand en die branders van die see … met die intensiteit van elke volmaakte sewende golf.

Haar hart se punt is ’n 21-jarige student in Stellenbosch. Sy het haar so lief soos die sterre in die Melkweg … en die Suiderkruis wat rigting gee.

Daarom bly haar bande met Suid-Afrika sterk. Die invloed en blootstelling van verskillende Europese lande, kulture, tale en denkwyses is ’n boks Quality Street. Sy deel dit graag. Dit maak haar ’n beter Suid-Afrikaner en wêreldburger.




Opgedateer/Updated: 2010-01-26
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Gerrit Komrij oorlede: gemaskerde verkleurmannetjie, nee duisendpoot

Carina van der Walt 2012-07-10 "Gerrit Komrij (68 jaar) is volkome onverwags op 5 Julie oorlede. Sy biograaf, Onno Blom, was een van die min mense wat bewus was van ’n siek Komrij. In Afrikaans het Komrij vir kontroversie gesorg as samesteller van die bloemlesing De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten (1999). In die Nederlandse literêre wêreld was Komrij ’n duisendpoot, want hy was ook roman-, toneel- en rubriekskywer, verteller, vertaler en gevreesde kritikus."

Dumas wen Vermeer-prys met huiweringwekkende emoties

Carina van der Walt 2012-06-20 "Op Vrydag, 15 Junie, het beide die Trouw en die NRC-Handelsblad aangekondig dat die Suid-Afrikaans gebore Marlene Dumas die Johannes Vermeer-prys 2012 gewen het. Dit is die Nederlandse staatsprys vir kuns."

Nobelprys vir jeugliteratuur aan ’n Nederlander

Carina van der Walt NeerlandiNet 2012-05-31

"Op Maandagaand 28 Mei is die Astrid Lindgren Memorial Award (ALMA) in Stockholm uitgereik aan Guus Kuijer (69). Lingren was die skrywer van Pippie Langkous. Die ALMA staan bekend as die Nobelprys vir jeugliteratuur. Kuijer is die twaalfde wenner en een van 184 genomineerde skrywers, illustreerders en instellings."

Van Riebeeck-penning uitgereik vir vertaalwerk

Carina van der Walt 2012-05-01 Op Saterdag 21 Maart, is die Van Riebeeck-penning in Amsterdam aan Riet de Jong-Goossens toegeken. Goossens het al meer as vyftig Afrikaanse romans in Nederlands vertaal.

Vriendskap en ander klein jakkalsies

Carina van der Walt 2012-03-22 Wat is anders aan die Nederlandse Boekenweek 2012 (14 tot 24 Maart) in vergelyking met ander jare? Die tema vanjaar is "Vriendschap en andere ongemakke". Dit geld vir vriendskappe in die literêre wêreld, maar ook vir vriendskappe daarbuite. Verder word die Boekenweekgeskenk deur ’n Vlaamse skrywer geskryf.

Woordfees-gas – Wie is Kees ’t Hart?

Carina van der Walt 2012-02-28 Kees ’t Hart (1944) is in Den Haag, Nederland gebore. Hy is ’n literêre “alleskunner”. Dit kan mens aflei uit sy uiteenlopende oeuvre.

Kragtige vertoning van In Ongenade

Carina van der Walt 2012-02-08 Die Nederlandse verhoogproduksie van JM Coetzee se roman Disgrace het op 4 Desember 2011 in première gegaan. Toneelgroep Amsterdam trek tot 24 Maart 2012 daarmee deur Nederland en omringende lande

Mooi letters vir ’n nuwe begin

Carina van der Walt 2012-01-25 Bo in die Van Abbe-Museum in Eindhoven hang seker die bekendste onderdeel van die HiHa-versameling.

Mutilasie as verskrikking in 30 Nachten in Amsterdam en andere

Carina van der Walt 2012-01-03 Die Nederlandse <i>30 Nachten in Amsterdam</i> het middel November 2011 by Uitgewery Podium verskyn. Die vertalers was Karina van Santen en Martine Vosmaer. In 2010 het dit Etienne van Heerden se tweede Hertzog-pryswenner geword.

Blou Lyn-projek dupe in Durban

Carina van der Walt 2011-12-02 Met die bekendstelling van Sculpting the Earth ontmoet ek weer Strijdom van der Merwe die afgelope September in Stellenbosch. Vandat hy tydens die kunstefees Oerel 2009 op die Nederlandse eiland Terschelling sy landskapskuns vertoon het, ...

Tropenmuseum word bedreig (Aflewering 2)

Carina van der Walt 2011-11-09 Die afgelope tyd het dit behoorlik gegons op Nederlandse kultuurgebied. Staatsekretaris Ben Knapen het op 12 Oktober die Koninklijk Instituut voor de Tropen (KIT) in kennis gestel dat hulle jaarlikse subsidie van 20 miljoen euro vanaf Januarie 2013 gestop sal word.

Tropenmuseum, Afrikaans en môre (Aflewering 1)

Carina van der Walt 2011-11-01 Die afgelope twee weke het dit behoorlik gegons op Nederlandse kultuurgebied. Opnuut het die publiek geskok gereageer op besparingsmaatreëls van die huidige kabinet. Hierdie keer het dit die Tropenmuseum geraak. Die Tropenmuseum het ...

Nuwe voorsitter van die ATR praat, óók uit Amsterdam

Carina van der Walt 2011-10-25 Op 18 November is Michael le Cordeur verkies tot die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR). Le Cordeur is ’n onderwysman van formaat. Tans is hy as dosent verbonde aan die Fakulteit ...

Verras-vers: jy met jou verkleurmannetjiebroek

Carina van der Walt 2011-10-14

Leeskring van Zuid-Afrikahuis: dupe van ZASM-besluit

Carina van der Walt 2011-09-02 Die Leeskring van Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bestaan al byna tien jaar onder leiding van Corine de Maijer. Die ongeveer vyf-en-twintig klublede kom die laaste Dinsdag van elke maand van regoor die land na Keizersgracht 141 om ’n boek te ...
Top