Carina van der Walt

Carina van der Walt is in Welkom gebore. In Nederland word sy reëlmatig daaraan herinner hoe spesiaal dit is om op só ’n plek ’n mens se lewe te kon begin. Haar kinderjare het sy redelik sorgvry deurgebring.

Daarna volg wydverspreid oor baie jare ’n akademiese opleiding aan die PUK, later die NWU en ook die Katolieke Universiteit van Brabant in Tilburg. Sy cum in 2004 haar M in ’n vergelykende studie tussen Afrikaanse en Nederlandse poësie. Tussendeur trou sy, word ma, hou skool, gee klas aan die NWU, word weduwee met twee klein kindertjies, en reël wyd en syd vier jaar lank ’n skrywerskompetisie vir die ATKV. SAVN-kongresreëlings in Potchefstroom (2004) en simposium-organiseerder in Tilburg (2009) pas binne haar portefeulje. Sy ontmoet Geno Spoormans tydens navorsingstyd in Nederland. Drie jaar later trou hulle. Carina verplaas begin 2007 haar lewe na Nederland. Hier skryf sy voltyds.

Die appel van haar oog is 25 en woon in Durban. Sy het hom so lief soos die sand en die branders van die see … met die intensiteit van elke volmaakte sewende golf.

Haar hart se punt is ’n 21-jarige student in Stellenbosch. Sy het haar so lief soos die sterre in die Melkweg … en die Suiderkruis wat rigting gee.

Daarom bly haar bande met Suid-Afrika sterk. Die invloed en blootstelling van verskillende Europese lande, kulture, tale en denkwyses is ’n boks Quality Street. Sy deel dit graag. Dit maak haar ’n beter Suid-Afrikaner en wêreldburger.




Opgedateer/Updated: 2010-01-26
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Belangrike samewerkingsooreenkoms tussen Akademies onderteken

Carina van der Walt 2013-06-04 Beide die Koninklike Vlaamse Akademie van België vir Wetenskap en Kuns (KVAB) en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) het deur stormagtige tye van ontwikkeling gegaan. Hulle grootste ooreenkoms lê miskien opgesluit in ’n taalstryd.

Libris Literatuurprys 2013 laat wenner in grag spring

Carina van der Walt 2013-05-22 "Die formele toekenning van die 20ste Libris het op 7 Mei in die Amstel Hotel in Amsterdam plaasgevind. Dit was egter nie die prysgeld van 50 000 euro wat Wieringa in die grag laat spring het nie."

Koning verander draaiboek by musiekkonsert

Carina van der Walt 2013-05-02 "Die lentesonnetjie het gesukkel om deur te breek. Op drie groot skerms kon almal sien hoe die akte onderteken word."

Boekenweek 2013

Carina van der Walt 2013-04-03 "Dis goedkoper om te herdruk. Dit lyk asof die oes van nuwe werk vanjaar dus skraal gaan wees."

In gesprek met ... Ena Jansen

Ena Jansen, Carina van der Walt 2013-03-14 Carina van der Walt gesels met akademici uit verskillende dissiplines uit die Lae Lande, wat hulle onvermoeibaar besig hou met Afrikaans of met Suid-Afrika. Wie is die man of die vrou agter die boek, die projek, die navorsing of op die leerstoel? Waaroor gaan die boek, die projek, die navorsing? Hoe geïnspireerd sit ’n wetenskaplike op ’n leerstoel vir bande met Suid-Afrika?  

Vrouestemme oorheers digterswêreld

Carina van der Walt 2013-02-05 Nasionale Gedigtedag 2013 het vir ’n dubbele verrassing gesorg. Op Donderdagaand 31 Januarie is Anne Vegter (54) aangekondig as die opvolger van Ramsey Nasr. Sy is die eerste vroulike Dichter des Vaderlands.

In gesprek met ... Eddy Van Der Borght

Carina van der Walt 2013-01-16 Carina van der Walt gesels met akademici uit verskillende dissiplines uit die Lae Lande, wat hulle onvermoeibaar besig hou met Afrikaans of met Suid-Afrika. Wie is die man of die vrou agter die boek, die projek, die navorsing of op die leerstoel? Waaroor gaan die boek, die projek, die navorsing? Hoe geïnspireerd sit ’n wetenskaplike op ’n leerstoel vir bande met Suid-Afrika?

In gesprek met ... Willy Martin

Carina van der Walt 2012-11-26 Carina van der Walt gesels met akademici uit verskillende dissiplines uit die Lae Lande, wat hulle onvermoeibaar besig hou met Afrikaans of met Suid-Afrika. Wie is die man of die vrou agter die boek, die projek, die navorsing of op die leerstoel? Waaroor gaan die boek, die projek, die navorsing? Hoe geïnspireerd sit ’n wetenskaplike op ’n leerstoel vir bande met Suid-Afrika?

Charl-Pierre Naudé soos koffie en croissants in Maastricht

Carina van der Walt 2012-11-05 "Op Vrydagaand 26 Oktober het die Afrikaanse digter Charl-Pierre Naudé by die negende Maastricht International Poetry Night (MIPN) opgetree. Hy was vanjaar se eregas."

Op die lang pad na vryheid

Carina van der Walt 2012-10-03 Wat is die rol en belang van ’n kunstenaar se vryheid wanneer dit by kreatiewe uitbeelding kom?

Manuscripta 2012 – nuwe publikasies in Nederland

Carina van der Walt 2012-09-07 "Die afgelope Saterdag en Sondag, op 1 en 2 September, was dit die sesde aflewering van Manuscripta op die Westergasfabriek se terrein in Amsterdam."

Lekker verjaar, Haile Selassie!

Carina van der Walt 2012-07-26 "Hierdie hele week vier die Rasta-beweging in Amsterdam-Wes die 120ste geboortedag van Haile Selassie, gebore op 23 Julie 1892 in Jamaika."

Hoe lyk jou stad-kompetisie: Voorbereidings vir ’n reis – ek gaan

Carina van der Walt 2012-07-17 Carina van der Walt skryf oor Tilburg.

Hoe lyk jou stad-kompetisie: Welkom

Carina van der Walt 2012-07-17 Carina van der Walt voel steeds oral Welkom

Hoe lyk jou stad-kompetisie: “Kanti amanzi mtoti”

Carina van der Walt 2012-07-17 Carina van der Walt skryf oor Amanzimtoti.
Top