Verras-vers: jy met jou verkleurmannetjiebroek

  • 0

jy met jou verkleurmannetjiebroek
vir Ivon

jy met jou verkleurmannetjiebroek
skeurtjie op die knie
skeurtjie op die kuit

jy met jou ou trapsuutjieshande
saggies vat oor vreemde voete
doekvoetdrome in jou oë

jy tref-en-trap my gewete van glas
soos ’n witgeskrikte ghekko skarrel
ek vinnig weg oor die skerwe

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top