Nelson Mandela (1918–2013)

  • 0

Nelson Mandela (1918–2013)

Muhammad Ali staan kopskud-kopskud
geboë oor die bed van sy ou skermmaat
saam het hulle die fyn voetwerk van die kryt
geleer en die lees van presies die regte tyd 
as swaargewigte kon hulle goed mik raak slaan
maar veral wys en strategies ontwyk
dans-dans koes vir die uitklophou van die tyd

 

 

 

Terug na die Nelson Mandela Gedenkmuur

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top