Die Van Loon-familiewapen
|
Een van die twee klein Moortjies, geskilder deur Isaac Lodewijk la Fargue van Nieuwland in 1770 (uit die versameling van die Koninklike Argief in Amsterdam)
|
Twee belangrike gebeure uit die geskiedenis hou die Nederlanders hierdie jaar besig. Dit is eerstens die vierings rondom die afskaffing van slawehandel in 1814 – nou 200 jaar gelede – en tweedens die herdenkings van almal wat hulle lewens in die Eerste Wêreldoorlog verloor het. Hierdie twee momente raak nie net Nederland nie, maar ook die breër Europa. Saam teken dit nogal ’n donker prentjie. Deel 1 fokus op die slawehandel en wat Nederland se rol daarin was. Tot redelik onlangs is dit ’n stukkie geskiedenis wat die meeste Nederlanders liewers ontken het.
’n Paar jaar gelede het ek die Museum Van Loon in Amsterdam besoek. Ek het my vasgeloop teen ’n vreemde logo op die borde en opskepskottels in hierdie huismuseum. By nadere ondersoek blyk dit toe deel van die Van Loon-familiewapen te wees, waarop koppe van “Moren” afgebeeld was. Vir my was dit nogal ’n raaiselagtige woord. Dit is ’n versamelwoord vir donkerkleurige persone uit Spanje, Noord-Afrika of die Arabiese wêreld. In die konteks van die Nederlandse Van Loon-familie verwys die koppe na slawehandel. Of dit nou handel mét die More was of handel ín More, is selfs vandag nog nie heeltemal duidelik nie.
Aan die einde van 2013 het Philippa van Loon Suspended History (’n simposium en kunsuitstalling) georganiseer om haar familiegeskiedenis te probeer herdefinieer. Talle vrae van die publiek oor die familie se presiese verhouding met slawehandel en die naderende vierings in 2014 het dit genoodsaak. Hierdie vrae is in die verlede altyd beantwoord met die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se handel in speserye met die Ooste. Willem van Loon was een van die stigters van die VOC in 1602. Kolonialisme en slawerny is onlosmaaklik verbonde met die VOC en dus ook die Van Loon-familie. Edy Seriese, direkteur van die Indisch Wetenschappelijk Instituut, het tydens die simposium die Indiese term “grootfamilie” en hoe dit met die Van Loon-familie verband hou, probeer verduidelik. Speserye. Indië. Koppe van More. Ek kon die kloutjie nie by die oor bring nie.
Die tentoonstelling Black is Beautiful het my eerder al indirek te staan gebring voor die verskynsel slawehandel. Waterverfskilderytjies uit 1770 van Isaac Lodewijk la Fargue van Nieuwland (1726–1805) het twee klein Moortjies uitgebeeld. Cupido en Cedron moes leer hoe om eendag die prins te dien. Hulle was die eiendom van die stadshouer, Willem V, wat hulle present gekry by die West-Indische Compagnie (WIC). Maar dit was nie gebruiklik om slawe na Nederland toe te bring nie. Enige vorm van slawerny is streng afgekeur vanuit die Protestantse kringe. Dit was net by huishoudings uit die allerhoogste klasse waarin soms “lijfeigenen” geduld is.
Die oorspronklike omslag van die boek Twelve years a slave (1953, Solomon Northup)
|
Sestig jaar later in die geskiedenis was daar weer sprake van twee tienjariges in Amsterdam. Hierdie keer was hulle boeties uit Ghana met die name Kwame Poku en Kwasi Boachi. Eintlik was hulle Asjanti-prinsies. Vanaf 1837 was hulle in diens van koning Willem II. Volgens die koning van die invloedryke en skatryk Asjanti-stam in Ghana het hy sy twee seuns Amsterdam toe gestuur vir opleiding. Die Asjanti was egter berugte slawehandelaars van mense uit die binneland van Wes-Afrika. Daarom word bespiegel dat Kwame Poku en Kwasi Boachi eintlik as onderpand gedien het vir onwettige slawehandel met Nederland. Uiteindelik is Kwame Poku terug Ghana toe, maar Kwasi Boachi het sy opleiding aan die Universiteit van Delft voltooi as mynbou-ingenieur. Dit is sý lewensverhaal wat die Nederlandse skrywer Arthur Japin opgeteken het in die roman De zwarte met het witte hart (1997).
Dit was eers met die geskiedskrywing in Het Kasteel van Elmina (2013, Marcel van Engelen) dat die hele omvang en tragiek van slawehandel my soos ’n koeël tussen die oë getref het. Die goue handelsdriehoek was die vaargebied van die WIC tussen Nederland, die Weskus van Afrika (met as spesifieke aanmeerpunt die kasteel van Elmina in Ghana) en die Karibiese Eilande langs die Amerikaanse Ooskus, wat kolonies van Nederland was.
Almal wat deur die Asjanti na Kasteel Elminatoe gebring is om as slawe aan hulle bondgenoot Nederland verkoop te word, is vir weke in donker, vogtige selle daar aangehou. Hulle moes vir die volgende skip wag. Sommiges het siek geword. Ander het probeer selfmoord pleeg. Van die slawe was oorlogsbuit van die Asjanti. Maar as daar nie oorlog was nie, het die Asjanti gewoonweg mense gevang met die oog op die komende transaksie. Vir die Asjanti was dit nie erg nie. Hulle het ook die gebruik van mense-offers gehad in veraf binnelandse stadjies soos Kumasi. In die wagtyd was die gevangenes se omstandighede in die selle van Kasteel Elminaerbarmlik. Baie vroue is verkrag, mans gemartel. Die smal deurgang in die kasteelmuur is die “door of no return” genoem. Op die lang vaart oor die Atlantiese Oseaan het baie slawe gesterf.
Op die gekolonialiseerde ABC-eilande (Aruba, Bonaire en Curaçao) in die Karibiese see, het die Nederlanders die slawe wat die vaart oorleef het, verkoop. Van daar af moes die slawe deurverkoop word aan die Amerikaanse vasteland. Die Nederlandse skepe het hulle terugreis aangepak. Die hele slawehandeltransaksie het ver buite die sig van die vaderland plaasgevind. Lewende goud het meer geld in die sak gebring as goud, ondanks die kerk se veroordeling.
Die WIC het met 383 skepe ’n monopolie op die Transatlantiese slawehandel gehad. 550 000 Afrikaanse slawe is tussen 1621 en 1803 aan Amerika verkoop. Die Portugese en Spanjaarde het egter die grootste aantal slawe na Suid-Amerika uitgevoer nog voordat die WIC in 1621 die Transatlantiese slawehandel oorgeneem het. Uiteindelik het Nederland en die Asjanti’s skoorvoetend hulle handelsverband in 1814 verbreek onder druk van Engeland, wat in 1807 ’n algehele verbond op slawehandel geplaas het.
Onlangs is die ware lewensverhaal van Solomon Northup (1808), ’n vrygebore Afrikaniese Amerikaan van New York, verfilm. 12 Years a Slave (2013) is ’n film van die swart regisseur Steve McQueen. McQueen wou graag ’n film maak oor die slawetydperk in Amerika. Hy het die Amerikaanse Nederlander John Ridley as scenarioskrywer, daarmee genader. Hulle het gesukkel om ’n goeie verhaallyn vir die film te kry. Dit was Ridley se Nederlandse vriendin Bianca Stigter, wat die boek Twelve Years a Slave (1953) onder sy neus gedruk het om te lees. Sonder dié boek sou hierdie film heeltemal anders gelyk het. Opvallend is dat Northup se lewensverhaal, waarin hy in 1841 ontvoer is om as slaaf op plantasies te gaan werk, afspeel nadat slawehandel in Europa amptelik afgeskaf is. McQueen en Ridley se probleem was opgelos en die res is filmgeskiedenis. 12 Years a Slave het tot dusver vanjaar die volgende Amerikaanse toekennings vir die beste film gekry: Oscar, Golden Globe, BAFTA Film Award en AFI. Ook in Australië het die film met die louere weggestap by die AATCTA International Awards. Dis die eerste keer dat ’n swart filmregisseur so grootskaals erkenning kry. McQueen proe in 2014 die 200-jaar-afskaffing van slawehandel in sy sukses. Vir Nederlanders is dit tussen die talle tentoonstellings en konserte wat die afskaffing van slawerny herdenk, een van die “moet doen”-dinge vir 2014.
Lees ook "Wat 2014 vir Nederland en Europa beteken (Deel II)
Kommentaar
Heel nuttig! Nederland heeft minder met de eerste Wereldoorlog te maken gehad dan Zuid-Afrika en Vlaanderen, maar omgekeerd was Nederland zeer zeker erg betrokken bij de slavenhandel. De mensen van nu zijn natuurlijk niet aansprakelijk voor wat in 14-18 of ten tijde van de slavenhandel gebeurd is, maar het is goed die dingen niet te vergeten. En de waarheid heeft haar rechten.
Aanvullende nota uit die Wetenskap-bylae van die NRC-Handelsblad (12-06) deur Dirk Vlasblom
Op Saterdag, 14 Junie, is die “Nationale Herdenking Afschaffing van Slavenhandel 1814 – 2014” in Middelburg, Zeeland gevier. Die Amsterdamse historikus, Pepijn Brandon, het daarop gereageer:
Op 15 Junie 1814 het Koning Willem I ’n dekreet uitgevaardig waarin staan dat daar binne die Nederlandse vaargebied geen skepe “uit geene haven of van geene reede (skeepsredery) welke bestemming is om negers van de Kust van Afrika (…) af te halen en naar het vasteland of de Eilanden van Amerika over te brengen” mag vaar.
Die aanleiding vir hierdie dekreet was ’n Britse nota wat ’n week eerder aan die Nederlandse ambassadeur in London oorhandig is. “De Britten dwongen Willem hiertoe. Er bestond heel weinig enthousiasme in Nederland en in die Nederlandse koloniën voor afschaffing van de slavenhandel” aldus Brandon. Hy is verbonde aan Internationale Instituut voor Sociale Geschiedenis (IISG). Brandon: “Dat was een belangrijke poot van de slavenhandel, maar niet de enige. De handel in slaven tussen de Caraïbische koloniën, en binnen de koloniën zelf, ging niet alleen door, nee, het was die expliciete bedoeling van het besluit van 1814 dat die doorging. In de hierop gebaseerde wet van november 1818 staat dat de erin vastgelegde strafmaatregelen niet gelden voor de handel in slaven en slavenkinderen in het Caraïbische gebied. … je kunt veel beter zeggen dat de slavenhandel toen werd gereorganiseerd.”
In 1814 het eerder iets begin wat die Amerikaanse historikus Seymour Drescher The Long Goodbye genoem het. Hierdie lang afskeid sou nog vyftig jaar duur, waartydens nog duisende Afrikane onwettig verhandel is.
Interessant artikel. Wat veel Nederlanders en Ghanezen niet weten, is dat de Nederlanders in de 19e eeuw Elmina gebruikten als werfpost voor zwarte soldaten voor het leger in Indië. Dat is overigens de enige grove fout in het boek van Marcel van Engelen. Hij doet het voorkomen alsof dit een voortzetting was van de slavenhandel. Dat is pertinent niet zo. De Nederlanders hadden dit namelijk afgekeken van de Engelsen. De enige voorwaarde die steeds gesteld werd door de Britten was, dat het om vrije zwarten moest gaan. Dat maakte het dus ook moeilijk, want vrije zwarten hadden niet zoveel zin om in Indië te gaan vechten. Niettemin gingen er in totaal ongeveer 3000 zwarten via Elmina naar Indië, waarvan er sommigen terugkeerden om van hun KNIL-pensioentje verder te leven. Er zijn ook pogingen geweest om in Liberia soldaten werven. Die gingen ook, maar pas in Indië kwamen ze achter de werkelijke reden van hun reis en keerden meteen weer terug naar Liberia. Pogingen om op Zanzibar soldaten te werven liepen op niets uit.