Boer in Beton

Geen inligting beskikbaar.
Verwys hierdie profiel na jou? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za om toegang tot jou profiel te verkry.

No information available.
Is this your profile? Send an e-mail to bio@litnet.co.za to gain access to your profile.

Dankie Jan

Boer in Beton 2012-09-27 "Dit is net altyd nie so maklik nie, maar ek probeer."

Bagani

Boer in Beton 2012-09-25 "Daar is tente waarin die vlugtelinge woon en tente waain blikkieskos is."

Wie moet registreer, Varkspek

Boer in Beton 2012-07-09 Wie moet registreer, Varkspek

Veterane

Boer in Beton 2012-07-03 Volgens die koerante kan ons, almal wat in die SAW gedien het, as "veterane" registreer.

Hy is dood

Boer in Beton 2012-06-25 Ek lees die VB-advertensies toe my oog op die foto val, links bo, onder die opskrif "sterfgevalle" - die gesig, voller hare, minder 'n bril, maar dit was vir seker hy.

Sal ek hierdie stories versin, Boer innie Bos?

Boer in Beton 2012-05-28 Jy skryf ek moet met ouens praat wat grensdiens verrig het ...

Die soeke na terrorisspore, Raed-na-Gael

Boer in Beton 2012-05-28 "Dit was tóé dat Petros vir my die bottel water gegee het."

Dood, waar is jou angel?

Boer in Beton 2012-05-24 Die manne is moeg uitgemergel van dag tot dag se stryd om oorlewing, van wonder wanneer is die volgende kontak, gaan ons dit maak, sal ons ooit weer kan huis toe gaan?

Briewe van die huis

Boer in Beton 2012-05-10 Ons is terug in die basis. Die eerste ding wat ek doen is om onder die stort te staan en net die vuil en stank en ja, ook die vrees, van my af te was. Ek kry my pos: lekker baie briewe en pakkies ...

Opvolg

Boer in Beton 2012-05-04 Die eerste wat jy hoor, is die "whoe, whoe, whoe" van die chopper se lemme van die rotor wat net bokant die boomtoppe vlieg om die moontlikheid van ’n RPG-missiel te neutraliseer.

Politici teken hulle tjeks met ons bloed

Boer in Beton 2012-05-02 Die gatkruipers wat ons land weggegooi het ...

Kontak! Kontak! Kontak!

Boer in Beton 2012-04-30 Ons word uitgestuur op patrollie wat tien dae of langer duur. Nadat die Buffels - mynbestande voertuie - ons honderd km vanaf die basis afgelaai het loop ons eers ’n ent weg vanaf die aflaaipunt en stig ’n TB (tydelike basis) vanwaar ons dan patrolleer in ’n radius van die TB totdat ons weer verskuif en die proses herhaal.

Die dag toe ek grens toe vertrek

Boer in Beton 2012-04-26 Dit reën. Die hemel is 'n grys kombers; my boerehart juig, want die lande is reg vir koring planttyd en die reën trek diep in die aarde, maar my gemoed is grys soos die soos die lug daarbo want teen planttyd sal ek nie hier wees nie, maar duisende kilometer weg.

Briewe van die grens 1976-1978: oproepinstruksies

Boer in Beton 2012-04-23 Hoe goed onthou ek dit nie. Pa en Ma het van die stad gekom soos elke Vrydag nadat hulle "dorp toe" gegaan het en pos uitgehaal het. Pa het die groot koevert met my nommer, rang en naam na my toe uitgehou – woordeloos ...

Geseënde Kersfees

Boer in Beton 2011-12-23
Top