Sal ek hierdie stories versin, Boer innie Bos?

  • 3

Jy skryf ek moet met ouens praat wat grensdiens verrig het. Sal ek ervarings op die forum plaas wat verbeeldingsvlugte is?

Duidelik ken jy my nie; meer as dertig jaar na my laaste grensdiens het ek PTSS en glo dit of nie, die skryf van my ervarings help my.

Maar terwyl ons op die onderwerp is deel tog aan my mee van hoe dit op die grens was asseblief? Of was jy een van daardie lafaards wat te bang was om patrollie te loop en kakhuise moes skoonmaak terwyl ons ander geveg het?

Gee ook sommer riglyne vir ’n beter skryfstyl.

Boer in Beton

  • 3

Kommentaar

  • Beste Boer in Beton

    Moenie ophou oor die grensoorlog skryf nie.  Ek geniet dit terdee.  As bedekte seen, het ek dit misgeloop. Van my beste vriende gedurende daardie tyd het gesneuwel, een wat vanaf graad 1 tot matriek saam vriende was.  Jy bring my soete herinneringe aan hulle terug, ouens wat ek oor die jare heen amper van vergeet het.

    Jaco Fourie

  • Stem saam met Boerinnibos.....hou op om die groot GV te wees...jy beindruk net die wat nie van beter weet nie'

     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top