Albert Maritz

Albert Maritz is akteur, regisseur, deeltydse joernalis, radio-omroeper, oud-onderwyser en kampvegter (as jy wil) vir die kunste. Hy was die afgelope twee jaar vervaardiger en regisseur van die bekroonde produksie, Faan se TREIN, asook Faan se STASIE. Hy behartig tans die regie van die produksies NP van Wyk Louw en die Meisies en Pottie Potgieter met Frank Opperman. Maritz is te sien as dominee Bloemfontein in die heruitsending van Arende (kykNET); hy is in Homeland se heruitsending, en was onlangs in Orion as Kaptein Nagel. Hy het pas saam met die legendes, Katinka Heyns en Koos Roets, gewerk aan FEAST of the UNINVITED vir M-Net. Hy was laas self op die verhoog in die eenmanstuk oor André Stander.


Opgedateer/Updated: 2007-1o-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Vigil definitief ‘n aandjie uit werd

Albert Maritz 2013-07-30 “ ...‘n juweel, met die room van die land se akteurs en teatermakers, in ‘n Kanadese pryswennerstuk.”

Fokofpolisiekar is cool

Albert Maritz 2013-07-24 "Die polisievrou hier noem hulle Fokof, soos ek die geslepe klein pa-se-failure wat ek ken, op sy van noem. Jy sê sy van, maar spoeg dit uit."

Grensoorlogstorie: Na - en van ...

Albert Maritz 2013-05-22 Toe het hy besef: “Mens kan nie al die kraletjies ooit bymekaarhou nie. ’n Paar sal altyd wegval.”

Soveel meer in Elle Amor

Albert Maritz 2013-03-28 Hulle noem hulself ’n “theatrical cross-over”-sanggroep. Miskien dieselfde fout wat Roesemoes gemaak het. Daar steek soveel meer in ’n naam; daar was soveel meer aan Roesemoes as dit. Daar steek soveel meer in Elle Amor as ’n “sanggroep”. Elle Amor is Elle Amor.

Woordfees 2013: Albert Maritz gesels oor vanjaar se fees en al die jare in die bedryf

Albert Maritz 2013-02-08 Die bekroonde Albert Maritz, in 2012 Fleur de Cap se wenner vir beste regie, bring vanjaar drie kraakvars produksies na die Stellenbosch Woordfees. Emma Kotze voer met hom ’n gesprek oor die opwinding en uitdagings van die kunste.  

Top 12 2012: Teater

Albert Maritz 2012-12-20  Albert Maritz kies sy Top 12-teaterstukke van 2012.

Waar Ralph die Kaapse platteland leer ken het ...

Albert Maritz 2012-11-14 "Ek begin lees toe in die koerante van die twee ouens - Kerkorrel en Kombuis – wat so verban word met hul opspraakwekkende musiek."

Fokusberoep: Akteur en regisseur

Albert Maritz, Naomi Meyer 2012-11-13 Wil jy toneel speel? Albert Maritz gesels oor wat dit beteken om ’n akteur of regisseur te wees.

Gemeenskapsentrum norSA in Wellington: Waar jy jouself leer ken

Albert Maritz 2012-10-23 "Op die dag toe die sentrum geopen is, toe die eerste Mej norSA speech en die koor daarna hul lied sing, is daar nie ’n droë oog nie." Albert Maritz vertel van die gemeenskapsentrum norSA in Wellington.

Daar is hoop in herwinning

Albert Maritz 2012-06-20 “Die indrukwekkendste is dat dit ‘n selfgeskepte produk is, uit plaaslike bodem, met die groepseenheid die prioriteit.”

Innibos-onderhoud: Albert Maritz gesels oor Die Van Aardes van Grootoor

Albert Maritz, Naomi Meyer 2012-06-15 "Die skrywer weet seker nie hoe slim hy is nie. En hy is soos ’n tightrope walker wat die hoogte bo die grond geniet. Die produk is hierdie omvangryke werk. Die skrywer het ook nóg ’n mikpunt gehad – om die 'mirror of nature' voor die gemeenskap van die tyd te hou sodat hulle hulself kan sien." – Albert Maritz praat oor Die Van Aardes van Grootoor.

Hoogvat, wurggreep en kopklem – rugby en teater se ooreenkomste

Albert Maritz 2012-06-08 "Dink elke ou wat rugby kyk, die wurggreep waarin spelers mekaar soms plattrek – met die arm om die ou se nek geknyptang – is gevaarlik, onsportief, en behoort verban te word?"

Gevaar vir die teatergemeenskap in Suid-Afrika

Albert Maritz 2012-05-30 <em>Let your language and your culture go</em>? Albert Maritz lug sy mening oor Mike van Graan se opmerkings oor die onlangse Fleur du Cap-toekennings.

As iemand in die donker skree, hoop hy altyd iemand anders skree terug

Albert Maritz 2012-05-23 Albert Maritz skryf oor The Verbalists, Kat and the Kings ... en rugby.

Boekedag 2012: Albert Maritz kies 'n karakter

Albert Maritz 2012-04-19 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?
Top