Albert Maritz

Albert Maritz is akteur, regisseur, deeltydse joernalis, radio-omroeper, oud-onderwyser en kampvegter (as jy wil) vir die kunste. Hy was die afgelope twee jaar vervaardiger en regisseur van die bekroonde produksie, Faan se TREIN, asook Faan se STASIE. Hy behartig tans die regie van die produksies NP van Wyk Louw en die Meisies en Pottie Potgieter met Frank Opperman. Maritz is te sien as dominee Bloemfontein in die heruitsending van Arende (kykNET); hy is in Homeland se heruitsending, en was onlangs in Orion as Kaptein Nagel. Hy het pas saam met die legendes, Katinka Heyns en Koos Roets, gewerk aan FEAST of the UNINVITED vir M-Net. Hy was laas self op die verhoog in die eenmanstuk oor André Stander.


Opgedateer/Updated: 2007-1o-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Verruklike teater tans te sien

Albert Maritz 2010-12-01 Van my beste oomblikke van vermaak het ek al op die planke van die Kleinteater by die Universiteit van Kaapstad teëgekom. It’s a Boy van Robert Kirby was so ’n besonderse ervaring. Ek onthou nou nog Maureen England se ou ...

Paul C Venter ’n meester van karakters

Albert Maritz 2009-12-08 “Die goewerneur-generaal in Windhoek het beveel, vertel Kreisler en tolk Katrina, dat Britse en Suid-Afrikaanse burgers in Duitswes aan onmiddellike uitsetting onderwerp moet word.”

LitNet-spens: Van Wyk Louw en die meisies

Albert Maritz Drama 2009-02-27

Dokumentêre drama oor die lewe van NP van Wyk Louw, gebaseer op ’n boek van JC Steyn.

LitNet-spens: Die elmboog lig ... die hand

Albert Maritz Drama 2009-01-30

’n Produksie gemik as teenvoeter vir geweld teen vroue.

LitNet-spens: Skerp kloue van bloed

Albert Maritz Drama 2009-01-16

’n Stuk vir die tyd waarin ons leef –
of is dit alle tye

NP van Wyk Louw en die Meisies: Haydee Morgan-Hollander het gesels met die produksiespan

Haydee Morgan-Hollander, Albert Maritz 2007-01-22 NP van Wyk Louw en die Meisies … Met Erica Wessels en Tinarie van Wyk Loots as die meisies, en die musiek van Frieda van den HeeverRegie: Albert Maritz10 Maart 2007 Woordfees, Stellenbosch 2006 was NP van Wyk Louw se ...
Top