"Bekoring" deur Albert Maritz

  • 0

Geskryf vir: The Soil

Hoe pragtig jou oop borste vel
Van die vriendelikheid wat jy uitstraal

Hoe verleidelik jy met alles wat jy is
Jou voete foute jou begrip jou lis

Bene hare neus
Jou dinge wat uniek jy is

Hoe gevoelens emosies vrees
Ons altwee se swakhede kan wees

Refrein:
Dat daar een bar waarheid is
Ons liefdeskrag tot vergiffenis

Tyd ons bravade
Wys deur die genade
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top