Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2022

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

4 Mei

Skrywersnuus: Skrywersgilde se Muse-kunstenaars kry name

5 Mei

Boekenuus: Louis Krüger gesels aanlyn oor jongste roman

Boekenuus: ‘Moord op Pofadder’ vertel van tragedie en impak op dorp

Boekenuus: ‘Animal Farm’ in Afrikaans uitgereik
Diereplaas, Wium van Zyl se vertaling, verskyn by Hemel & See Boeke

6 Mei 

Boekenuus: Versamelbundel met Adam Small se werk verskyn eersdaags
Laetitia Pople berig oor dié versamelbundel met Ronelda Kamfer as samesteller.

Skrywersnuus: SA’ner wen eerste Island-boekprys vir manuskripte uit Afrika

9 Mei

Resensie: ’n Beleë digter se worsteling met die lewe
Marius Crous resenseer Aarde na firmament deur Lina Spies

Boekevat: Afrikaans se nate met die internasionale
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé

11 Mei 

Profielonderhoud: Finuala Dowling se jongste boek soos ’n ‘heropstanding’ vir haar pa
AJ Opperman in gesprek met die skrywer.

13 Mei

Boekenuus: Nog ’n fees van kinderboeke blom in Somerset-Wes

Boekenuus: Wenner van Jonker-prys aangewys
Oor die wenner van die Ingrid Jonker L’Art Poetique-poësiekompetisie

Boekefees: Gesprek met Shriver raak aan talle senupunte

15 Mei 

Boekefees: ‘Donkerdrif’: Deon Meyer skryf vir sy eie en leser se genot

16 Mei

Boekevat: Marx en Langenhoven in dieselfde asem?
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: ’n Vrou wat haar man staan
Ilza Roggeband resenseer Lessons in Chemistry deur Bonnie Garmus

Resensie: Distopiese toekoms wink in sterk debuut
Frederick Botha resenseer Bot deur Carien Smith

Resensie: Groen-aksieroman skop gat
Charles Smith resenseer Zanzibar Zen deur Marnus Hattingh

19 Mei

Boekenuus: 1ste prys in Jonker-kompetisie spoor digter aan om bundel uit te gee

23 Mei

Resensie: ’n Verhaal van verlies en vervreemding
Jonathan Amid resenseer Mara deur Marida Fitzpatrick

Resensie: Strydom gee ’n padkaart vorentoe
Stefaans Coetzee resenseer Alle sondaars welkom deur Jaco Strydom

Resensie: Ideaal om jongste aan die lees te kry
Ilza Roggeband resenseer Blinkertjies in Pa se baard, saamgestel deur Marieta Nel

Resensie: ’n Baie indrukwekkende debuut deur ’n gebore skrywer
Emile Joubert resenseer Across the Border deur Norman McFarlane

24 Mei

Boekenuus: Fees van jeugboeke reg om sy kinderskoene uit te skop
Nadine Petrick berig oor die tweede Suid-Afrikaanse kinderliteratuurfees

26 Mei

Boekenuus: Perdefluisteraar Mianke in wolke oor boek

27 Mei

Profielonderhoud: Lionel Shriver: Dissipels van ‘woke’ is emosionele leuenaars
Murray la Vita in gesprek met Lionel Shriver

Boekenuus: Nuwe stemme in bundels om kinders met Afrikaans te help
Candice Jantjies skryf oor twee nuwe versamelbundels wat deur Marieta Nel saamgestel is

28 Mei 

Boekrubriek: Op die spoor van Hercule Poirot
Joan Hambidge bekyk die beroemde speurder uit die pen van Agatha Christie

30 Mei 

Resensie: Smeewerk nodig, maar moenie ophou skryf nie
Charl-Pierre Naudé resenseer Smee deur Gerhard Barkhuizen

Resensie: Ware drama lees soos krimi
Stefaans Coetzee resenseer Moord op Pofadder deur Charné Kemp

Resensie: Kos-herinneringe oorrompel
Trisa Hugo resenseer Krummels in my koffer deur Emile Joubert

Resensie: Ambisieuse verhaal gelaai met hope aksie
Francois Bekker resenseer Monster deur Rudie van Rensburg

Boekenuus: Masekela en Phillips op FynArts in Hermanus se boekprogram

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

Geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit: ’n resensie van The heist men deur Andrew Brown

’n Steam punk-keilhoed vol pluimpies vir Die 17de veer as hoërskoolroman

Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag deur Julio Agrella: ’n FMR-resensie

As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies: ’n lesersindruk

’n Klassieke verhaal: Labirint deur Chanette Paul

Monster deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Oupa Zombie deur Jaco Jacobs: ’n resensie

"’n Nar aan tafel is ’n aanwins": satire en samehang in Johan Myburg se Narreskip

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk

A century of South African naval history: ’n onderhoud met André Wessels

Moord op Pofadder: Freek Robinson gesels met Charné Kemp

SA Kinderliteratuurfees 2022: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman

Afvlerkmens: ’n onderhoud met Grant Jefthas

Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

1 Mei

Resensie: Jonathan Amid resenseer Die hart het sy redes deur Helena Gunter

Resensie: Alex Mouton bespreek Milner: Last of the Empire Builders deur Richard Steyn

Resensie: Zanzibar Zen deur Marnus Hattingh, geresenseer deur Annelise Erasmus

Resensie: Magdel Vorster resenseer Om jou te ken deur Cliffordene Norton

8 Mei

Resensie: Francois Smith resenseer Die onsigbare pou deur Zirk van den Berg

Resensie: Die Anglo-Boereoorlog in Kleur: Konvensionele Oorlog, 1899–1901 (Vol. 1) deur Tinus le Roux, geresenseer deur Albert Grundlingh

Onderhoud: Johan van Zyl in gesprek met Louis Krüger oor sy roman Die verleiding van Eva de Winter

15 Mei

Resensie: Narreskip deur Johan Myburg, geresenseer deur Louise Viljoen

Resensie: Trisa Hugo resenseer Mara deur Marida Fitzpatrick

Nuut op die rak: “Waagmoed en waarheid”

  • Magda Wierzycka se biografie Magda: My journey;
  • Nuclear: Inside South Africa’s Secret Deal deur Karyn Maughan en Kirsten Pearson; en
  • Norman McFarlane se Across the border: Surviving the Secret War in Angola

22 Mei

Resensie: Op die duiwel se spoor: Hoe ek die Krugersdorp-moordenaars vasgestrek het deur Ben “Bliksem” Booysen, geresenseer deur Annelise Erasmus

Resensie: Fanie Olivier bespreek ʼn Huldiging: Elsa Joubert – Die verste grens verby deur Thys Human (red.)

Nuut op die rak: “Van verse tot versies”

  • Die maan is swart: Gedigte van Adam Small, saamgestel deur Ronelda S. Kamfer;
  • Philip de Vos se Môre en gistraand en die einde van die maand;
  • Verdeelde stand / Divided Stance deur Celesté Fritze; en
  • The Fall deur Hans Pienaar

29 Mei

Resensie: Jonathan Amid bespreek Monster deur Rudie van Rensburg

Resensie: Francois Smith resenseer Hou jou oë oop deur Brian Fredericks

Resensie: Trisa Hugo resenseer Moord op Pofadder deur Charné Kemp

Resensie: Magdel Vorster resenseer Katastrofe deur De Wet Hugo

Die volgende resensies het gedurende Mei op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

4 Mei

Stories vir perdeliefhebbers

Tienermeisies, veral dié wat lief is vir diere (en perde in die besonder), sal sommer hierdie omnibus sommer baie geniet.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

10 Mei

Doen dit al is jy bang

Sy skryf op ’n reguit en maklik verstaanbare trant en moedig lesers aan om oplettend te wees oor hoe vrees in ons lewens kan werk en ons kan terughou.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

18 Mei

Kinderboeke oor katte

Ek het heerlik aan hierdie drie kinderboeke gelees waarin katte die kitaar slaan.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

24 Mei

Die wet van Gauteng

Die gevoel van spanningsvolle afwagting van of na iets wat net-net buite jou beheer bly, vergesel die leser deur grusame moordtonele, hofprosedures en ander opwindende scenario’s.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

25 Mei

Boek van die maand: Beurtelinge

Daar is elemente van reisbeskrywings, kortverhale, dagboekinskrywings, briewe, aanhalings uit gedigte, gesprekke tussen die skrywer en sy vrou en les bes besinnings oor die letterkunde.

Lees die resensie deur Johan Myburg.

31 Mei

Jy handle dit net

Ek beveel die boek met die grootste vrymoedigheid aan. Dit het selfs vir my as volwassene laat nadink oor hoe mens ’n verskil kan maak ongeag of ten spyte van jou omstandighede.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

19 Mei

Profiel: ’n Digter om by stil te staan: Khadija Tracey Heeger

Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

In hierdie aflewering is René Appel in gesprek met Louis Krüger oor sy jongste roman, Die verleiding van Eva de Winter.

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 4 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Charné Kemp oor haar nuwe ware misdaadverhaal Moord op Pofadder. Elsje van Jaarsveld gesels met Lizz Meiring, samesteller van Soete sonde, ’n bundel essays oor sjokolade. Ina Strydom bespreek die skryf van dialoog in haar radiodramaslypklas. Johan Myburg het nuus oor onverwagte groei in ’n Amerikaanse boekwinkelgroep, die kortlys van die Britse Women’s Prize vir fiksie, en die wenner van die Australiese Stella-prys vir letterkunde, die digter Evelyn Araluen. Daar is ook meer inligting oor die ATKV-Skryfskool aan die NWU se Winterskryfskool in Junie.

Woensdag 11 Mei

Ilse Salzwedel gesels met SJ Naudé, wat onlangs vir die tweede keer met die Hertzogprys bekroon is vir sy bundel kortverhale, Dol heuning. Barend Vos, skepper van die humoristiese Grootseunstories en vier romans, gesels oor die uitdagings van skryf in verskillende genres. In die weeklikse radiodramaslypklas gee Ina Strydom raad oor karakters en karakterisering. Johan Myburg gesels oor Elspeth Barker, skrywer van O Caledonia, wat onlangs oorlede is, nog ’n letterkundeprys vir Arundhati Roy, en Sea of Tranquility, ’n nuwe wetenskapsfiksieroman uit die pen van Emily St. John Mandel.

Bonuspotgooi

Uit die argief: Bun Booyens, oudredakteur van Die Burger, gesels oor sy boek oor die legendariese spotprentkunstenaar Fred Mouton, wat verlede week oorlede is.

Woensdag 18 Mei

Die bundel, Vrydagaand, bevat 27 kortverhale deur bekende skrywers soos Elsa Winckler, Dibi Breytenbach, Kristel Loots, Nanette van Rooyen en Jaco Jacobs. Hulle gesels met Ilse Salzwedel oor die gewildheid van hierdie genre. Elsje van Jaarsveld gesels met Tinus van Staden oor Rateltaai, ’n biografie oor die oudrugbyspeler Etienne Reynecke. Dr. Mia Oosthuizen gesels oor die SA Kinderliteratuurfees wat van 20 tot 22 Mei in Somerset-Wes gehou word. Johan Myburg het o.a. nuus oor die wenners van die Pulitzerpryse vir letterkunde, ‘n boek oor die val van die internet, wat oorsee die tonge laat klap, en Christopher Lloyd se kinderboek oor klimaatsverandering, It’s Up To Us.

Woensdag 25 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Rudie van Rensburg oor sy spanningsroman en oor die verfilming van sy boek Hans steek die Rubicon oor. Sy gesels ook met Philip de Vos oor Môre en gistraand en die einde van die maand, sy nuwe bundel verse. In die radiodramaslypklas gesels Ina Strydom oor al die moets en moenies van die storielyn. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor die polemiek oor die Kanadese digter Rupi Kaur se werk, die skrywer Patricia Lockwood, wie se roman pas met die Dylan Thomas-prys bekroon is, die wenner van die Edgar Allan Poe-prys vir misdaadfiksie en die kortlys vir die Booker International, wat op 26 Mei aangekondig word.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 3 Mei

Die tema is die Krag van Verbeelding. Ons maak so dikwels op die digters staat om die realiteite waarmee ons worstel in woorde raak te vat. Om die lewe af te kook tot ’n stropie wat ons makliker kan afsluk. Maar dit is nie ál wat die digter doen nie. Hulle is ook die mense wat ver buite die grense van die realiteit gaan dwaal, in ’n gans ander landskap waar vreemde skepsels hou en alle dinge moontlik is. Dis dáár waarheen hierdie verse jou lei. Daar is gedigte deur onder andere Ingrid Jonker, Antjie Krog, Ernst van Heerden, Elodi Troski en Jeanne Goosen.

Dinsdag 10 Mei

Met dié dat ons binnekort die enigste algehele maansverduistering van die jaar kan waarneem, is Sophia van Taak ’n bietjie met die maan gepla. Jy kan uitsien na gedigte deur I.D. du Plessis, Carina Stander, Andries Bezuidenhout en Elizabeth Eybers. Die voorleser is die aktrise Susanne Beyers.

Dinsdag 17 Mei

Vir ons hier in die Suidelike Halfrond, is dit nou die jaargety wanneer die sikliese verloop van lewe baie opvallend is. Die herfs is nie so baldadig soos die lente nie, maar die verandering in die natuur is ewe radikaal. Ons besing dié seisoen se lof. Jy kan uitsien na gedigte deur Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Barend J. Toerien en Lina Spies. Die voorleser is die akteur en regisseur Albert Maritz.

Dinsdag 24 Mei

Die digter T.T. Cloete is op 31 Mei 1924 gebore. In aanloop tot dié dag, kan jy inskakel vir die eerste van twee programme oor Cloete se lewe en digkuns. Ons luister ook na argiefopnames van onderhoude met die digter waarin hy van sy eie werke voordra. Die voorleser is prof. Bernard Odendaal.

Dinsdag 31 Mei

Die digter T.T. Cloete is op 31 Mei 1924 gebore. Verlede week het ons die eerste aflewering van ’n tweeledige program oor Cloete se lewe en nalatenskap uitgesaai. Nou kan jy vir die tweede hoofstuk inskakel. Ons luister ook na argiefopnames van onderhoude met die digter waarin hy van sy eie werke voordra. Die voorleser is prof. Bernard Odendaal.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.

In hierdie episode is die fokus op die drie skrywers, SJ Naudé, Frederik de Jager en Ashwin Arendse, wat bekroon is deur die Universiteit Johannesburg en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir hul boeke: Dol heuning; Man op ’n fiets êrens heen en Swatland. Joan Hambidge is die resensent.

Ateljeegaste is Ilse Verster wat met Riette Rust praat oor So lyk ’n vrou; Jaco Wolmarans gesels met Erina Botha oor Ivoor en Audrey Jantjies is in gesprek met Amanda Botha oor As die katjiepiering blom. René Bohnen lees haar gedig Walvisnota met musiek deur die Vox Kamerkoor o.l.v. Franco Prinsloo.

’n Potgooi van die program is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

9 Mei

Resensie: Joan Hambidge resenseer Narreskip deur Johan Myburg

15 Mei

Resensie: Mellet Moll resenseer Op die nerf af deur Anita van der Walt

17 Mei

Resensie: Nini Bennett resenseer Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk

20 Mei

Resensie: Joan Hambidge resenseer Skeletaal deur Franco Colin

Tydskrif vir Letterkunde is ’n aanlyn akademiese joernaal wat twee maal per jaar verskyn en naas navorsingsartikels ook resensies insluit. Die resensies is ooptoegang en die PDF’s kan gratis afgelaai word.

Die volgende Afrikaanse resensies verskyn in die eerste uitgawe van 2022,  met Bibi Burger as resensieredakteur:

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Mei verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud deur Phyllis Green met Carien Smith oor Bot

Onderhoud deur Phyllis Green met Zirk van den Berg oor Die onsigbare pou

Resensies oor 3 lewensverhale:

  • My laaste dieet deur Joan Strydom (self uitgegee), resensie deur Marga Ley
  • Lodene deur June Botha (Naledi), resensie deur Nadia de Jongh
  • Ons moet spoeg om te sien hoekom ons nie kan sien nie deur Gerhard Ferreira (Naledi), resensie deur Alida Vos

Resensie deur Nadia de Jongh oor Die goeie suster deur Henda Olivier

Resensie en boekuittreksel: Moord op Pofadder deur Charné Kemp (Resensent: Susan Puren)

Boekuittreksel: Op die duiwel se spoor deur Ben Booysen  

Boekuittreksel: Bot deur Carien Smith

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top