Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Januarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Januarie
Skryfnuus: PEN Afrikaans gee ‘toegang’ na prysgeld in kortverhaalkompetisie
3 Januarie
Boekevat: King se ‘Billy Summers’ is een vir die boeke
’n Rubriek deur Jo Prins
Resensie: Karel Schoeman se ‘Rekonstruksie’: Reuse-oeuvre verryk
’n Resensie deur Jean Meiring
4 Januarie
Boekenuus: PEN Afrikaans kies 2 boeke vir vertaling na Frans, Albanees
Nuusberig oor die jongste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds
10 Januarie
Resensie: Groot Arabiese digter praat hier Afrikaans
Louise Viljoen resenseer Die vlug van ’n vreemdeling deur Magmoed Darwiesj (vertaal deur Bester Meyer)
Resensie: Rites, rituele en sakramente
Joan Hambidge resenseer Ritmes en rites deur Cas Wepener
Boekevat: ‘Kosie’ se stories diep anderkant Drie Susters
’n Rubriek deur Elmari Rautenbach
Resensie: Heerlike ‘sci-fi’ vir die jonges
Louise van der Merwe resenseer Spel deur Annerle Barnard
10 Januarie
Boekenuus: Hilda Smits se 2de bundel ‘ná slapelose nagte’ nou beskikbaar
Die digter vertel oor haar nuwe bundel
12 Januarie
Onderhoud: Digter-teoloog vertaal Dante se ‘Inferno’ in Afrikaans
AJ Opperman in gesprek met Cas Vos
15 Januarie
Prysnuus: Benoemings ingewag vir Akademiepryse
16 Januarie
Boekenuus: Hier is beoordelaars vir Booker-prys
17 Januarie
Resensie: Verhaal hou leser enduit vasgenael
Jonathan Amid resenseer Luntu Masiza Tells the Truth deur Penny Lorimer
Resensie: Clarkson boer met heerlike rubrieke
Ilza Roggeband resenseer Diddly Squat deur Jeremy Clarkson
Resensie: Bosoorlog en die bloedspoor van ivoor
Stefaans Coetzee resenseer Ivoor deur Jaco Wolmarans
Resensie: Deurleefde ervaring met ’n fyn aanvoeling verwoord
Johan Myburg resenseer Meer as woorde deur Rina Cascione
18 Januarie
Boekenuus: Skrywer van ‘Ramaja’, ‘Haai Casanova’ se 2de digbundel uitgereik
Boekenuus: TV-program inspireer 8-jarige om eie storieboek te skryf
Boekenuus: Geheime taal van nommerbendes in tronke vir tesis opgeteken
Profiel: Begeesterde bibliotekaresse geëer vir magiese wêreld wat sy nalaat
AJ Opperman se profielonderhoud met Erika Lourens
19 Januarie
Prysnuus: Organiseerder van Week van de Afrikaanse roman verwerf glorie
AJ Opperman in gesprek met Ingrid Glorie
Sterfteberig: Eertydse ‘Sarie’-verhaleredakteur Esme Mittner (93) sterf
22 Januarie
Boekenuus: ‘Vlam’ laat die kunstige onverskrokke femme fatale weerloos
AJ Opperman in gesprek met Sidney Gilroy oor sy nuwe roman
23 Januarie
Boekenuus: Aanlyn gesprek met Winterbach oor die Nederlandse vertaling van ‘Die troebel tyd’
24 Januarie
Resensie: Rare vreemdeling in ’n boot
Jonathan Amid resenseer The Stranger in the Lifeboat deur Mitch Albom
Resensie: Swanesang, monument vir briljante ‘stand-up’
Deon Meyer resenseer Winterswept & Interesting deur Billy Connolly
Resensie: Bloemhof toor met woorde
Stella Heyns resenseer Die duisend en eerste nag deur Francois Bloemhof
Boekevat: Pienaar het mes ingehad vir dié ‘gepingpong’
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Sterfteberig: Thomas Deacon dood enkele weke ná laaste digbundel verskyn
29 Januarie
Boekenuus: Kinderboek gee deernisvolle kykie na aanneming
Christiaan Boonzaier berig oor ’n nuwe kinderboek deur Jaco Jacobs
Boekenuus: Rubriek oor soeke na liefde afgestof en as e-boek uitgegee
AJ Opperman berig oor Susan Coetzer se nuwe e-publikasie, Lisa se dagboek
31 Januarie
Resensie: Skoonheid, plesier en geweld in wisselwerking
Jonathan Amid resenseer Vlam deur Sidney Gilroy
Boekevat: Is dit nie juis wat ’n boek moet doen nie?
’n Rubriek deur Jo Prins
Resensie: Op reis met ’n storiesmous
Stefaans Coetzee resenseer In die tyd van die gif deur Dana Snyman
Resensie: ‘Vraatkyk’ en lees is al opsie
Sonja van der Westhuizen resenseer The Dark Hours deur Michael Connelly
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Januarie op LitNet verskyn:
Uiters aansteeklik: In die tyd van die gif deur Dana Snyman
Spoke die perfekte allegorie vir Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl
Nie alle brûe kan ewe veel gewig hanteer nie: ’n resensie van Roads and bridges deur Glynnis Hayward
Huiskos deur Herman Lensing hoort in elke kombuis
Slim kommentaar: The artist vanishes deur Terry Westby-Nunn
Ina Bonnette, hoop en geloof in ’n beter môre
Buigbreek deur Margaret Cordier: ’n lesersindruk
Wat ek van klippe weet. Gedigte deur Jan Wagner (uit Duits vertaal deur Robert Schall): ’n resensie
Die troebadoer, ’n vertelling: ’n onderhoud met Marié Heese
Cliffordene Norton se nuwe skryfwerk: ’n onderhoud
Die volgende resensies het gedurende Januarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
2 Januarie
Resensie: Fanie Olivier resenseer Die troebadoer: ’n vertelling deur Marié Heese
Oorsigresensie: Magdel Vorster resenseer die jaar se beste prenteboeke
- Boitumelo Mothupi se Die meisie met 21 vrae;
- Bianca Flanders se Pampoenpit se groen gevoel;
- Theresa van Baalen se “Op die plaas”-emosiereeks – Karamel se bene bewe; Tjoppie se hart is seer; Smiley verloor sy glimlag; en Flori tel tot tien;
- Jeremia en die amandelboom deur Wendy Maartens;
- Dianne Hofmeyr se Suidoosterdraak; en
- Niki Daly se Op Pappa se skouers
Nuut op die rak: “Feite van toeka tot nou”
- Deel 2 en 3 van Karel Schoeman se Imperiale somer-reeks – Rekonstruksie: Die naoorlogsjare in Suid-Afrika, 1902-1905 en Babilon: Johannesburg in die koloniale tydperk, 1902–1910;
- Greg Mills se Expensive Poverty: Why Aid Fails and How It Can Work; Felix Marquardt se The New Nomads: How the migration revolution is making the world a better place
9 Januarie
Resensie: Willem van der Berg resenseer Grootgeluk deur Jan van Tonder
Uittreksel: Grootgeluk deur Jan van Tonder
Nuut op die rak: “’n Vars besending verse vir nuwe jaar”
- Smee deur Gerhard Barkhuizen;
- Daniel Hugo se vertaling van Nachoem Wijnberg se Liedjies Liedjes; en
- Dolf van Niekerk se agtste digbundel, Splintertyd
Binnekort op die rak: “Krimi-kanniedoods”
- Sidney Gilroy se Vlam;
- Kry vir jou deur François Bloemhof;
- Constant van der Merwe se Die geheim van Mussolini se kaart;
- The Milk Tart Murders deur Sally Andrews; en
- Mike Nicol se Hammerman: A Walking Shadow
16 Januarie
Resensie: Ysterklou Beperk deur Johannes Hamman, geresenseer deur Fanie Olivier
Voorskou: “’n Fees van romans op pad”
- Februarie: Wit leuen deur Ruan Kemp, Kaap deur Hans Pienaar, en As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies;
- Maart: Moer deur Michèle Meyer, Die tienduisend dinge deur Maria Dermoût en vertaal deur Ena Jansen, Kirby van der Merwe se Eugene, Hannes Barnard se Die wet van Gauteng, en Ben Viljoen se Die vloek van Levitikus;
- April: Tenk deur Pieter Stoffberg; Johan Kruger se Die wonderwêreld van Willem Landman, en Die verleiding van Eva de Winter deur Louis Krüger
Oorsigresensie deur Magdel Vorster: “Nét die regte doepa”
Oor die prenteboeke Krok en Dil deur Jaco Jacobs; Melanie Tait se Magriet en Billie en Magriet se eierbesigheid; en Jaco Jacobs se Al staan jy op jou kop en ander lawwe rympies
23 Januarie
Resensie: Trisa Hugo resenseer Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl
Voorskou – Nuwe geskiedenisboeke: “Tonele uit geskiedenis kry weer nuwe lewe”
- Nicol Stassen se Van Humpata tot Upingtonia;
- Die NG Kerk – ons erfenis deur Philippe Menache en Helmut Wolff;
- Dan Sleigh se Retoervloot: Kaapstad en die VOC in 1713;
- Andrew Smith se First People: The Lost History of the Khoisan;
- Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die kommunisme en geweld (1961-1990) deur Leopold Scholtz;
- Tinus le Roux se Die Anglo-Boereoorlog in Kleur: Konvensionele Oorlog, 1899-1901 (Vol. 1); en
- Milner: Last of the Empire Builders deur Richard Steyn
Resensie: Jonathan Amid resenseer Billy Summers deur Stephen King
30 Januarie
Onderhoud: Sidney Gilroy gesels oor sy derde misdaadroman, Vlam
Resensie: Stefaans Coetzer resenseer Vlam deur Sidney Gilroy
Die volgende resensies het gedurende Januarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
4 Januarie
Van ongenooi tot ingenooi
Ek het met die lees van hierdie boek opnuut besef hoe dankbaar ons moet wees vir goeie gesondheid. Ek het ook nuwe respek gekry vir die mediese personeel wat pasiënte bystaan in hulle strewe om weer gesond en so heel as moontlik te word.
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
11 Januarie
Voetspore in Suid-Afrika 2 – ’n reisgids
Ek is van vooraf oortuig dat ons in die mooiste land ter wêreld woon, en dat ons eers ons eie land moet verken voordat ons oorsee wil gaan rondrits. Hierdie reisgids gaan my nog lank laat droom en in my gedagtes laat saamreis.
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
14 Januarie
Boek van die maand: Geen engel nie deur André Krüger
Dit lees soos ʼn droom, laat jou met heelwat binnepret én gryp jou meteen aan die hart en boonop hou dit jou op die punt van jou stoel.
Lees die resensie deur Johan Myburg.
18 Januarie
Meer as net ʼn ma: Stories en raad uit die hart van die Naguilklub
Die perfekte boek om aan ma’s of voornemende ma’s geskenk te gee. Ek het kop geskud en geknik en ook gehuil en gelag toe ek hierdie boek oor die vreugde en uitdagings van ma-wees lees, skryf Louise Viljoen.
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
25 Januarie
My ‘hacks’ vir die lewe
Ek wens ek kon Leandie se boek jare gelede lees toe ek die grootmenswêreld vir die eerste keer aangedurf het.
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
15 Januarie
Kompoun deur Ronelda S Kamfer is ’n instant classic – en hier’s hoekom
Deur Ryan Pedro
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793
Woensdag 5 Januarie
Ilse Salzwedel en Suzette Kotze-Myburgh gesels oor ’n paar van hulle 2021-leeshoogtepunte. Johan Myburg bring hulde aan Joan Didion en Anne Rice, wat albei onlangs oorlede is. Hy gee ook meer inligting oor Arnon Grunberg, die wenner van die Nederlandse P.C. Hooft-prys, en gesels oor ’n paar nuwe boeke deur bekroonde internasionale skrywers.
Woensdag 12 Januarie
Ilse Salzwedel gesels met Jaco Wolmarans oor sy drie aksieromans Bos, Skag en Ivoor, wat almal afspeel teen die agtergrond van die Angolese bosoorlog en ander geheime militêre operasies. Irna van Zyl antwoord vyf vrae oor haar roman Op ’n mooi dag. Johan Myburg het nuus oor die vyf kategoriewenners van die Costa-pryse.
Woensdag 19 Januarie
Die Afrikaanse digter en skrywer, Eugène Marais, die Franse dramaturg Moliere en die fantasieskrywer JRR Tolkien kom aan die beurt. Jy kan o.a. luister na ’n heruitsending van Ina Strydom se dokumentêr Eugène Marais: Ewige enigma. Johan Myburg vertel van die jongste roman van die Franse skrywer Michel Houellebecq, en stel jou bekend aan Joelle Taylor, die Britse slam-digter wat pas aangewys is as die wenner van vanjaar se TS Eliot-poësieprys.
Woensdag 26 Januarie
Malvory Adams vertel vir Ilse Salzwedel van sy biografiese boek Als is nie net swart en wit nie. Johan Myburg het nuus oor nuwe romans deur Christos Tsiolkas en Ian McEwan, asook ’n eerbewys aan Ingrid Glorie, onder andere organiseerder van die Week van die Afrikaanse roman in Nederland. Jy kan ook luister na ’n kort argiefonderhoud met wyle Esme Mittner, skrywer en vir baie jare SARIE se verhaleredakteur, wat verlede week oorlede is.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896
Dinsdag 4 Januarie
Skrywer en digter De Waal Venter gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel Vrugbeginsel. De Waal het in verskeie genres gepubliseer: poësie, kinderboeke, jeugromans, TV- en radiovervolgverhale, film, literêre kortverhale en verhoogdrama. In 1984 het hy ’n erepennning ontvang vir sy radiodrama, Die werklike Buys Buys. Sy ander radiodramas het ook Idem-pryse verower. Sy jongste digbundel, Oop sirkel, het in 2017 verskyn en ’n bundel verse van Pablo Neruda wat hy uit Spaans vertaal het, Vandag is boordensvol, het in 2019 verskyn, albei by Naledi. In 2020 word die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Prys vir Vertaalwerk aan Vandag is boordensvol toegeken. In 2020 gee die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns sy bundel vertaalde gedigte van Tomas Tranströmer, Alles keer om, uit.
Dinsdag 11 Januarie
Johann Nel lees verse voor uit ‘n digbundel met die titel, Liedjes Liedjies, uit die pen van Nachoem Wijnberg en vertaal uit die Nederlands deur Daniel Hugo. Wijnberg het sedert sy debuut in 1989 reeds 18 digbundels en vyf romans gepubliseer. Hy word as een van die belangrikste eietydse digters in Nederlands beskou en is al dikwels bekroon vir sy werk, o.a. in 2018 met die P.C. Hooft-toekenning vir sy oeuvre as geheel. Wijnberg se poësie word gekenmerk deur helder, byna deursigtige taal. In Liedjies is daar ’n durende soeke na die woorde waarmee ragfyne verhoudings, vervlietende oomblikke en eenvoudige dinge bestendig kan word: die geur van appels, ’n tuin, ’n voël in die lug, ’n sonsondergang, die nabyheid van mense. Liedjies moet soms herstel wat gebreek het, soms die vergeet besweer, soms naboots wat net half onthou word.
Dinsdag 18 Januarie
Die aktrise en stemkunstenaar Roeline Daneel lees van haar gunsteling verse voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Zandra Bezuidenhout, Ronnie Belcher, Gert Vlok Nel, Antjie Krog, Hilda Smits, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach en Lina Spies. Waarskuwing: Daar is een gedig is waarin kru taal gebruik word. Dit word tydens die program ook aangekondig.
Dinsdag 25 Januarie
Die sielkundige en visuele kunstenaar Gerhard Barkhuizen lees gedigte voor uit sy debuutbundel, Smee, uitgegee deur Turksvy Publikasies. Daniel Hugo skryf: “In sy debuut as digter ontgin Barkhuizen onder meer die wisselwerking tussen woord en beeld. Net soos metaal kan woorde gesmelt, gegiet, gesmee en gesweis word om nuwe en verrassende vorms te skep. Die afgebeelde kunswerke in die bundel is almal van sy hand. Benewens die beeldende kuns handel sy gedigte ook oor ervarings uit sy nomadiese jeug, sy buitelandse reise en praktyk as sielkundige. In Smee is ’n ambagtelike en woordvaardige kunstenaar aan die werk. Dit is verse dié waaruit die vonke spat.”
Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: Boeken uit het Huis. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.
Hierdie aflewering fokus op Roerige tijden, die Nederlandse vertaling van Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach, waarvan die PEN Afrikaans Vertaalfonds met trots die vertaalkoste gedra het. Die vertaler Robert Dorsman neem ook aan die bekendstellingsgesprek deel.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ’n tikkie nostalgie wat ver terugreis na die verlede. Hierdie program is ’n moet vir elke boekwurm of liefhebber van Afrikaans. Maak ’n merkie op jou kalender en moet dit nie misloop nie.
Hierdie keer is Nicole Jaekel Strauss met Amanda in gesprek oor haar debuutroman, Om alleen te reis. Joan Hambidge bespreek dié roman asook Vlug deur Wilna Adriaanse. Riette Rust deel haar indrukke oor André le Roux se onrusbarende boek, Kinders wat moor. Daar is ook ’n bespreking van romans wat in 2021 verskyn het, niefiksie deur Daniël Lotter en die gereelde kinderboekinsetsel waarvoor kinderboekliefhebbers kan inskakel.
’n Potgooi van hierdie program, wat op 19 Januarie op Fine Music Radio uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
23 Januarie
31 Januarie
Resensie: Alwyn Roux resenseer Liedjes / Liedjies deur Nachoem M Wijnberg (Vertaal deur Daniel Hugo)