Pasgelaai

Frederik van Zyl Slabbert (1940–2010) en die kwessie van Afrikaneridentiteit

Albert Grundlingh LitNet25-skrywersberaad 2025-11-20

"Hy het besef dat Afrikaans, as gevolg van apartheid, aansienlike politieke bagasie dra, maar dit was nie voldoende rede om die taal oorboord te gooi nie. Dit was volgens hom eerder ’n uitdaging om ’n taal met soveel bekoring en uitdrukkingsvermoë te herbedink en op tersiêre vlak te laat herleef in ’n tyd van onvastheid en oorgang."

Die donker kant van die taal: Afrikaanse doods- en swartmetaal

Burgert A Senekal LitNet25-skrywersberaad 2025-11-20

Hierdie lesing is op Vrydag 25 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Burgert Senekal twee veel langer akademiese artikels op wat in LitNet Akademies gepubliseer is. Wees gewaarsku dat die video kru woorde bevat.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ek is ook nie Danie

Dianne Du Toit Albertze Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-20

"Dan is daar ook die alleenheid wat volg – van skrywer-wees, hopeless romantic of net lone wolf – daardie isolasie en verlatenheid wat hier doeltreffend en roerend tot lewe kom." Dianne du Toit Albertze bied ’n retrospektiewe blik op Ek is nie Danie, wat vanjaar vier Woordtrofees ingepalm het.

Die lysie-man deur Salma Swanepoel: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-11-20

"Die milieu word baie goed beskryf – van die bibbernagte, die helder sterreprag en kampe waarin skaap aangehou word. Dit het vir my gevoel ek was daar op die plaas en het saam weggelê aan skaaptjoppies en Jan Ellis-poeding."

Waterfront

Jeanne Henning Els Poësie 2025-11-20

"Tafelberg kyk
grys uit oor die
Moederstad"

My dood

Jannes Erasmus Poësie 2025-11-20

"Tyd stap aan
Gee my nog tyd 
Tyd saam met jou"

Simbaal van die suburbs

Thérèse Fensham Poësie 2025-11-20

"en Ma se voetspore steeds verweef
tussen die ou vaders wat buk en knik,
haar spore wat in die aandstonde rinkink"

Baai van gebroke harte

Tania Colyn Poësie 2025-11-20

"Ek tel die stukke van ons storie soos skulpe al langs die waterlyn op
hier het ek vir jou lief geword, voor al die smart"

Op dees aarde: Die land is hul woning nie

Elsabé Brits Rubrieke 2025-11-20

"In Suid-Afrika het 35,5% van alle vroue van 18 jaar of ouer al fisieke en/of seksuele geweld in hulle lewe ervaar. 42% van kinders het een of ander vorm van mishandeling – seksuele, fisieke, emosionele mishandeling of verwaarlosing – ervaar deur ’n volwassene wat veronderstel was om vir hulle te sorg. Dalk weet jy dit en gee ’n diep sug. Dis net syfers. Maar kom ons kyk ’n bietjie dieper na dit waaraan ons al 'gewoond geraak het'. Daardie 35,5% vroue is soveel: 7 847 438."

Deep fakes deur Nina Schick: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-11-19

"Die boek verduidelik wat 'deep fakes' kon doen in die hande van ’n klein groepie spioene wat geweldig baie geld van hul base gekry het. Vandag is daardie tegnologie op jou buurman, en elke tweede kroek, se selfoon."

Graad 9: Wiskundevraestel en memorandum, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-19

Is jy in graad 9 en skryf jy nog eksamen? Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann West waarmee jy kan voorberei en sommer briljante punte sal kan behaal!

Die Lasarus-effek: Topsy Smith (1914–1985)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-19

"Hoe aangenaam om Topsy Smith, wat ongeveer 200 boeke die lig laat sien het, uiteindelik in die oë te kan kyk en sy vriendelike glimlag te kan ervaar. Hy is natuurlik veral bekend vir sy jeugboeke, in die besonder die Trompie- en Saartjie-reekse, laasgenoemde onder die skuilnaam Bettie Naudé."

New from Jacana Media: Bosadi by Kopano Matlwa

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-11-19

Naledi is a woman unravelling slowly, painfully, purposefully. Once full of promise, her life has shrunk into the claustrophobic walls of a home that no longer feels safe, with a husband whose love has curdled into something dark and dangerous. Between Instagrammable scones, lockdown picnics and a nursery that remains heartbreakingly empty, Naledi wages a quiet war against erasure of her name, her dreams, her body and her sanity.

Nuut by Turksvy Publikasies: Poëme deur Wium van Zyl

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-11-19

Wium van Zyl is ’n boorling van Doornkraal in die Duiwenhoksvallei. Sy jeugkontrei lê teen die Langeberge met Grootvadersbos en Boosmansbos aan die bo-lope van die rivier wat deur alles vloei. Hiervandaan brei hy sy wêreld langsaam uit na Heidelberg, Witsand, die Strandveld en tot van die mees afgeleë dele van Suid-Afrika en Namibië, die Lae Lande, die res van Wes- en Oos-Europa, verskillende streke in Afrika, Indonesië. Sy eerste bundel, Oggendvuur, verskyn in 1991. Van sy poësie is opgeneem in Groot Verseboek en verskeie ander bloemlesings, ook in die Nederlande.

Twee broers, twee susters, een onvergeetlike dag

Rhoshé Petersen Leefstyl 2025-11-19

"Hulle dubbeltroue was nie net ’n viering van liefde nie, maar ’n bewys dat wanneer harte reg ontmoet, selfs die buitengewone heeltemal natuurlik voel."

Cliff-hanger: Knal deur Bettina Wyngaard

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-11-19

"Bettina Wyngaard herinner my met hierdie boek dat misdaadfiksie nie net oor bloed en spanning gaan nie – dit gaan oor mense. Oor die lyding wat soms in stilte gebeur. En dat hoop nie altyd lyk soos goud nie, maar eerder soos mense wat bereid is om alledaagse mense teen die ergste van ons samelewing te beskerm."

Elders gesien: Kunsmatige boekvoorblaaie se baadjies getakseer

Sidney Gilroy Boeke en skrywers 2025-11-19

"Vandag is dit die omslag. Volgende week dalk die inhoud. En dan? Dan staan die Afrikaanse skrywer en die grafiese kunstenaar al twee in dieselfde UIF-ry."

Wat sê Bettina? Die stand van sake in Wes-Kaapse staatshospitale

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-11-19

"Die oorweldigende indruk waarmee ek wegstap van die hospitale? As die Nasionale Gesondheidsorg-wetgewing nie werk nie, kan die skuld nie aan die deur van personeel op voetsoolvlak gelê word nie. Hulle werk hard."

Stryd van die reuse en Pale toe deur Michael Green: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-11-19

"Michael Green se stories is feitelik korrek. Elkeen is uitstekend nagevors en die lang bronnelyste agterin beide boeke wys hoeveel leeswerk ingegaan het in hierdie pittige vertellinge. Green was self ’n kranige rugbyspeler en sy liefde vir die sport het nooit opgehou nie."

Gewildste plasings op LitNet: 12 tot 18 November 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-11-19

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 12 tot 18 November 2025.

Top