
Goeiedag
My naam is Christal Eldredene Hermans.
Ek is ’n skrywer en digter van Port Elizabeth.
Ek wil hiermee graag iemand besonders bedank: Peter Snyders.
Op skool het ons u gedig “ek is oek important” gedoen. Daar was iets omtrent daardie gedig wat iets in my wakkergemaak het.
Ek glo dit was die begin van my liefde vir die digkuns. Ek het in 2024 my eerste digbundel, Gedagtes, neergepen en gepubliseer. Dit is later in Engels vertaal. In 2025 het ek my lewensverhaal geskryf; dit is my storie oor ’n longsiekte, sarkoïdose, waarteen ek veg.
Ten spyte daarvan hou my skryfwerk my aan die gang. Ek is tans besig met my tweede kinderboek.
Met my skryfwerk wil ek graag by die kinders ’n liefde vir lees kweek. Lees is die bousteen tot ’n suksesvolle toekoms. Ek lees in ’n artikel dat 60% van die kinders in ons land nie kan lees nie. Dit is baie hartverskeurend.
Een boek, een kind op ’n slag.
Mooi dag.
Groete
Christal

