Pasgelaai
Uitnodiging | Skrywersaand by Oude Leeskamer met Michiel Heyns, SJ Naudé en Jonathan Amid, 29 Februarie 2024
2024-01-31Eerder as die benouende formaat van ’n tradisionele kort gesprek met een skrywer oor ’n jongste titel, plaas hierdie reeks twee skrywers en die gespreksleier in dialoog: oor die skryfkuns en hul skryfproses, hul wêreldbeskouing, die rol van die skrywer plaaslik en wyer, die betowering en uitdagings van die woord en die unieke karakter van die onderskeie skrywere se skryfkuns en stem.
Muse deur Jacques le Roux: ’n lesersindruk deur Louise Viljoen van Jeffreysbaai
2024-01-31"Emille vra vir Heidi om te poseer vir ’n figuurstudie en sy stem in. Daar ontstaan ’n sekere geneentheid tussen hulle. Maar kan dit tot iets diepers lei wanneer daar so ’n groot ouderdomsverskil tussen hulle is en hulle boonop elkeen voor baie moeilike uitdagings en keuses in hulle lewens te staan kom?"
Uitnodiging | Tom Dreyer en Toast Coetzer: In my droom ry jy oor ’n rooi robot – Valentynsdag by die NALN
2024-01-31Gedigte, reis en liefde is al drie ’n ekspedisie na die onbekende. Kom reis saam met Toast Coetzer en Tom Dreyer | Valentynsdag by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum in Bloemfontein.
Kriminele residivisme
2024-01-31"Residivisme word gesien as ’n kernkonsep in kriminaliteit omdat dit die mate weerspieël waartoe oortreders voortgaan of ophou met kriminele gedrag nadat hulle gestraf of gerehabiliteer is."
Persverklaring: ’n Uitnodiging na die studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2024-01-31Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing oor enige onderwerp in Afrikaans aanbied in die vorm van ’n referaat of plakkaat. Die simposium sal ’n hibriede formaat aanneem om soveel moontlik aanbieders en bywoners te akkommodeer.
Eensaamheid
2024-01-31"Die eensaamheid hang soos ’n kleed oor haar skouers …
Sy trek die kleed oor haar kop en verdwyn … laer as die grond, onder die vloerplanke in."
Moed steeds nodig vir denke
2024-01-31"My eie verstandigheid alleen is altyd onvoldoende en daarom is dialoog noodsaaklik vir die uitbreiding van verstand. Die teregkom van dialoog vereis gepaste ingerigte ruimtes en ingeligte menings."
Elders gesien: "This is serious. Things change rapidly."
2024-01-30"Net voor 14:00 kom die burgemeester se wit Fortuner met blou ligte en CEM 1-registrasieplaat verby my gejaag toe ek Kleinmond toe ry. Dan jaag ’n Hilux verby met ’n brandtol agterop. En nog een. 'Woei! Woei! Woei!' jaag die Hiluxe."
Persverklaring: Nuwe buitelugkonsertreeks by Century City
2024-01-30Kaapse musiekliefhebbers, bring julle familie en vriende en pak julle piekniekmandjies om saam met Die Heuwels Fantasties en Jitsvinger, die heel eerste ervaring van die Ratanga Park Sunset Concerts wat op Sondag 25 Februarie aangebied word, te vier.
Persverklaring: Storielied-reünie met Luna Paige en ’n 13-stuk-orkes
2024-01-30In aanloop tot die bekendstelling van Luna Paige se nuwe Afrikaanse album, wat in April vanjaar uitgereik word, bring Luna en medemusikante die gewilde produksie van haar Afrikaanse debuutalbum, Storielied (2012), weer na die verhoog.
’n Geogebaseerde blik op aardgesentreerde Karootekste | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2024-01-30Wat het ’n hamerkopnes en breking gemeen? Linda Roothman is ’n boorling van die Karoo en ’n onderwyser wat onlangs gepromoveer het oor die werk van Etienne van Heerden. In hierdie gesprek kyk sy na die invloed van die mens op die natuur, en gebruik Van Heerden se werk as ’n lens.
Geweld teen vroue: Dit is tyd dat mans begin praat: ’n resensie
2024-01-30"Opvallend en raar is die wyse waarop geestelike leiers in beide die Christelike en Moslem-tradisie worstel met die gebrek aan ondersteuning in die kerk en moskee wanneer vroulike lidmate geweld ervaar, veral wanneer die geweldenaar in ’n leiersposisie in die geestelike instelling is."
Die gelykenis "Drie ringe" nog steeds ter sake in die eeue oue Midde-Oosterse konflik
2024-01-30"Want is alles nie op verhale gebaseer nie? Geskrewe of oorgelewer? En verhale moet tog slegs te goeder trou aangeneem word? Dan nie?"
SteedsDink met LitNet Akademies: Ruhan Fourie
2024-01-30In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Ruhan Fourie oor Beyers Naudé.
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Anke van der Merwe
2024-01-30"Die ikoniese Breyten Breytenbach se Afrikaanse poësie en laatwerk, en korpuslinguistiek is die fokuspunte van my navorsing."
Uitnodiging: Taalmonument se volmaanpiekniek beloof ’n belewenis
2024-01-30Bewonder die Dassiemaan op Paarlberg, 23 Februarie 2024 | Admire the Dassie Moon on Paarl Mountain, 23 February 2024
Persverklaring: Twee nuwe Afrikaanse vertalings van dramas uit Sesotho
2024-01-30Chris Swanepoel het Senkatana deur S Machabe Mofokeng en Moshoeshoe en die sendelinge deur B Maralo Khaketla uit Sesotho in Afrikaans vertaal.
