François Verster2014-09-09"Op die keper beskou: Breytenbach se grootse poging is aanprysenswaardig. En dit is vir my beide ‘n verligting en ‘n plesier om dit te noem, al weet ek ek is bevooroordeeld omdat Opperman en Breytenbach al lankal my bewondering verdien het."
Alettie van den Heever2014-09-09"Kamphoer is ’n debuutroman wat min lesers onaangeraak sal laat. Die feit dat die roman op ware gebeure gebaseer is, dra by tot die wyse waarop dit ’n mens teen die bors tref. Die leser kom ook onder die indruk van ’n uiters vaardige prosaïs wat woorde en beelde opweeg en sorgvuldig kies."
Gustaf Pienaar2014-09-09"Toe hulle laat in September daardie jaar sak en pak in die Kaap aanland, moes hulle tot hulle ontsteltenis ontdek dat die pragtige eiendom wat hulle gekoop het en wat juis vir hulle só aantreklik was omdat dit so onbeboud en ongerep was, nou omring was van plakkershutte."
Henry Cloete2014-09-09"Nou ja. Jy sê die bedryf-deel van musiek 'verander'. ’n Karkas wat in die son lê en vrot en deur die maaiers gevreet word, verander seker ook maar."
Henry Cloete2014-09-09"Lewe was nie noodwendig te vriendelik met ons gewees die afgelope drie jaar nie, en mens reflekteer mos maar jou omstandighede."
2014-09-08DJ Opperman vier vanjaar op 29 September sy 100ste "verjaardag". Kom luister na staaltjies en 'n voorlesing uit sy werk. Sluit op Maandag, 22 September om 19:00 aan by die geselskap van Departement Afrikaans en Nederlands in die Wilcocks-gebou.
2014-09-08Nooi jou vriende en kom geniet onthoukos, goeie wyn en kosstories saam met Wilna Adriaanse, Nanette van Rooyen en koskokkedoor Marius Uys. Merk jou dagboek vir 28 Oktober en sluit aan by gasvrou Madri Victor op D'Aria.
2014-09-08The soprano Zanne Stapelberg, accompanied by pianist Kathleen Tagg, will be performing in a lunch hour concert on Friday 19 September at 13:00 in the Miriam Makeba Concert Hall on the Unisa Muckleneuk Campus. The programme, compiled by Stapelberg and Tagg themselves, is titled Wordsong.