Op die heilige Sondag daag die Moslem op en met sy swaar aksent beduie hy my dat my masjien reg is. Hy het deur die nag gewerk. Ek vra hom hoeveel en hy beduie my R600.
“Just for you because you are a special customer.”
Hy het nie net nuwe ringe opgesit nie, maar sommer ook al die pype, al die vere, al die binnegoed vervang. Die motor se tenk gedrain en sommer volgemaak met nuwe brandstof. En hy gee ses maande waarborg.
Nou (en skielik maak my wiskunde lankal nie meer sin nie): Die baie goeie, leliewit, getroue Afrikaanse besigheid in George se kwotasie:
Ringe: R380
Gaskets: R400
Valves: R400
Valve seats: R300
Die parte sal oor ses weke (JIP!!!) eers hier wees. En dit is pirate-parte, nie regte Honda-parte nie ...
Ek bel vandag die wit vrou en beduie vir haar dat haar parte nie meer nodig is nie. Sy beduie in 'n plat Afrikaanse aksent vir my dat dit nie die manier is hoe dinge gedoen word nie. En toe verloor ek weereens (sug) beheer want ek is baie lankal lus vir 'n behoorlike fight. Ek vra haar hoe de moer dit moontlik is dat 'n man alles kan vervang en met sy arbeid nie eens 'n fraksie kos wat hierdie spul kos nie. Sy beduie my sy het nie my besigheid nodig nie en toe stem ons vir die eerste keer in 'n week saam. Ek sê vir haar dat sy skelm is en dat hulle hele besigheid skelm is, want hulle verneuk, bedrieg en besteel die verbruikers.
As jy jouself uitgee dat jy sg volkseie is en dat jy wil oorleef in 'n stelsel wat aktief teen jou diskrimineer oor jou velkleur moet jy beter wees as die res. Moet jy nie net beter wees nie, jy moet die beste wees. Of ondergaan. Met my komplimente. As jy mense bedrieg moet jy nie die Moslem of nieblanke blameer dat dit met jou swaar gaan nie. Moet jy nie kla dat jou dorp se hoofstraat in Chinatown verander word nie.
My take op die situasie waarin die sg Afrikaner homself tans bevind: Dis jou eie skuld my ou groot mater. Hierdie Moslemman van Punjab werk letterlik sy gat af en daarom gun ek hom sy Amarok. Hy is bereid om meer te doen as wat nodig is of wat die Afriforums of Solidariteite of Samwus of Numsas voorskryf.
Ons sit gister en gesels, ek met my brannewyn en hy met sy botteltjie Fanta grape. Ons praat geloof en volke en familie en hy sê hy het familie oor die waters maar hulle is net so kaksleg om te werk soos meeste Suid-Afrikaners.
oester


Kommentaar
Oester as daar nou al waar woorde op die Net gespreek is, het jy dit sopas gedoen. Ek is persoonlik deur "Afrikaners/volkseies" so hard deur die ore gewerk dat ek nou nog aan sooibrand lei. As jy my die moer in wil maak moet jy die terminologie soos hierbo genoem gebruik. Ek gee nie om van watter oorsprong jy is nie, as ek die R10 in my hand het en ek wil 'n diens of produk van jou koop, verwag ek waarde vir geld. Ek soek nie afgesaagde verskonings en beloftes nie.
Beste Oester,
Hi Angus
Ek kan net met groot lof praat van die man wat aan my masjiene werk. Hy werk reeds geruime tyd aan my kettingsae en ek ervaar geen probleme nie. Wat my Honda betref: Hy werk soos 'n horlosie en ek het 'n skriftelike waarborg van ses maande gekry. Dit self is reeds iets wat geen ander besigheid gee as 'n masjien 10 ure per dag werk nie. Ek vra steeds die baie basiese vraag: Hoe is dit moontlik dat 'n (pirate) stel ringe en gaskets ses weke neem om tot by die agent te kom? Dan moet ek my koerier stuur om die goed te haal anders neem dit nog vier dae voor ek dit kry en dan moet ek die parte vooruit betaal?
Net om te kwalifiseer: ek praat nie van 'n Honda Motorkar nie maar wel van 'n Honda 5.5 HP petrolmotor (wat gebruik word om hidroliese pompe aan te dryf).
groete uit Oesterland