Sukkel gereeld met kettingsae en masjiene en soortgelyke goed wat anders asemhaal as mense. Hier by ons werk masjiene harder as die gewone. Ek het een van my sae 'n ruk terug by 'n sg Afrikaanse dude gehad vir gewone dienste, niks ongewoon nie. Die dude ruk my sak met amper R2000 vir 'n nuwe plug en skoonmaak van die carb wat ek noodwendig nie tyd voor het om self te doen nie.
Ek neem een van die masjiene verlede week na hom toe en hy kwoteer my net vir sy arbeid R2500, parte (R3000+) uitgesluit.
Net vanmiddag gee nog 'n masjien die gees. Alles moer toe en niemand hou van kak op kak nie... strip die motor en bekyk die binnegoed... HKGK... begin somme maak want as hierdie masjien staan gaan dit groot verliese beteken. Reeds ringe bestel (Dis wat jy doen as 'n enjin begin olie gebruik): R600. Valves: selle bedrag, gasket set: amper 'n duisend, ens.
En soos die bestiering dit wil hê stap die Indiër hier in. Ons groet mekaar behoorlik want hy is 'n cool dude en ons praat nie oor geloof nie want hy is en ek is nie. Ek vra hom oor die Eid en hy is bly dat ek vra. Ek vra hom om te kyk na my flenter Honda en hy sê dis cool hy wil net sy Stuyvesant klaar rook. Ek beduie hom dat die regime se rookwette nie op my van toepassing is nie en hy beduie my dat hy verkies om die regte ding te doen.
Hy gee my Honda een kyk en beduie met sy swaar Indiese aksent dat ek die ding op sy bakkie moet laai, hy sal dit uitsort. Ek beduie hom dat dit Saterdagnamiddag is en dat ek die ding Maandag sal besorg. Hy roep vir Jannie en beduie vir Jannie om die ding te laai en nie moet stry nie.
Hy beduie dat hy sal aanmekaarsit en vervang en ses maande waarborg gee op sy werk en ek glo hom en ek wonder waarom ek ooit die moeite doen om sg eie besighede te ondersteun nie. Want ek ken hierdie man se werk en ek ken sy manier van dinge doen. Hy beduie dat die rekening op die minste R500 sal wees en dan wag mens mos. Want mens kommer mos nie oor die minimum nie. Maksimum beduie hy sal so R600 wees. Met waarborg.
Ek gooi vir hom 'n glasie Fanta Grape en ons klink en mense kyk my skeef aan want hierdie man is 'n Moslem en hoe meer die mense kyk hoe meer geniet ek sy geselskap. Want sy issues is sy issues en myne is myne.
Snaaks genoeg, bel die man my nounet (amper 21:00) op die heilige Saterdag en beduie vir my dat hy amper klaar is met my masjien...
Aan wie sal jy jou besigheid gee? Die man wat jou taal praat en kamstig jou eie is of die man wat jou in die oë kan kyk en op die oog af volksvreemd, geloofsvreemd is?
Die antwoord is sekerlik voor die hand.
oester


Kommentaar
Die antwoord is eerstens: altyd oë wyd oop! Oester hoop jy hou aan om geld te maak, want jy is ook bereid om 'n paar korsies van die tafel te laat afval. Beste wense.
Dis reg Oester,
Wederhelf en ek besluit toe vroeër vanjaar om 'n slag plaaslik rond te kuier. Vat die kar en ry tot waar die son begin sak en soek slaapplek. Geen vooruitbesprekings nie.
Sowat van indoen en verneuk by die eerste twee slaapplekke deur die Afrikaanse gastehuis se gasheer/vroue het ons nie verwag nie. Ons maak toe 'n punt daarvan om by volgende nege oorslape by Engelse gasheer/vroue te oornag. Baie, baie billik, uitmuntende diens orals en die gasvryheid! Hulle het dit nie beskou as dat hulle ons 'n moerse guns bewys nie.
Ons betaal op hul aandrang met vertrek en nie soos die eerste twee dit vereis, tydens die "inboek" nie.
Raed-na-Gael.