Annemarié van Niekerk2014-11-07"Brieven van overzee is eintlik méér as net ’n briefwisseling tussen Ida Gerhardt en Pieta van Beek, méér as net ’n ode aan een van Nederland se groot digteresse. Dit is ook ’n outobiografiese collage wat Van Beek saamgestel het uit haar dagboeke ..."
Henning Snyman2014-11-07"Die trek is die reis van die wilde gees wat nie gevange kan voel nie en steeds die vryheid soek buite bindende grense. Die trek van plek tot plek is deels ontvlugting, soms van die wet en die gereg; deels is dit die konstante gang van verloor en weer opbou, deels van vernietig en weer begin."
Bernard Lategan2014-11-06"Dit is nie bloot in die verstaan van wyer identiteitsmoontlikhede, of selfs in die empatie met die ander, dat verruiming ’n werklikheid word nie – dit gebeur slegs as ek in terme van hierdie nuwe identiteit optree."
Riette Rust2014-11-05"Nou, as jy ’n langhaarpoedel vat en jy trek hom agteruit deur ’n posbus dat al sy kroese vorentoe staan en jy maak hom regop sit in die middel van ’n bakkie en jy kyk hom van agter af, dan weet jy hoe lyk ’n Pretoria-meisie op ’n date."
Naomi Bruwer, Thys Human2014-11-05Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Thys Human was een van die beoordelaars van die Fiksie-kategorie.
Naomi Bruwer, Herman Wasserman2014-11-05Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Herman Wasserman was een van die beoordelaars van die Niefiksie-kategorie.
Alfred Henrico2014-11-05Hierdie navorsingsartikel ondersoek die wese van hoërorde kognitiewe vaardighede en die onderrigstrategieë wat dosente kan kombineer om onderwysstudente se hoërorde kognitiewe vaardighede te ontwikkel sodat hulle weer hierdie vaardighede by leerders kan ontwikkel.
Naomi Meyer2014-11-05"Inspirasie is nie vir my dit wat die verhaal aan die gang sit nie. Inspirasie kom al skrywende, maar daar was wel prikkels. Mens hoef net die koerant oop te maak of te luister na gesprekke om jou om te verstaan waar sulke prikkels vir spanningsromans vandaan kom."
2014-11-05 Ter viering van kykNET se 15de verjaarsdag op 15 November het die kanaal besluit om dankie te sê aan sy lojale kykers deur vir hulle ’n fliekkanaal as vakansiegeskenk te gee.