Gerda Odendaal, ’n navorsingsgenoot van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch, het op Donderdag 2 Maart die 22ste Jaarlikse Nasionale Kongres van die Professionele Vereniging vir Afrikaans-taalonderrig in Namibië (PVATN) geopen met ’n lesing getitel "Die herstandaardisering van Afrikaans".
Hier is ’n opname van die lesing, geplaas met die vriendelike vergunning van Radio Hartklop.
Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om die podsending te stop en weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: Laai die Audiomack app af en luister daar na die podsending. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hier bo om dit af te laai.
Lees ook
Van daar na waar? ’n Oorsigtelike blik op die herstandaardiseringsdebat van Afrikaans
ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans
Wij spreken zo niet onder ons - taalstandaardisasie en die konstruksie van identiteit
Herstandaardisering van Afrikaans: die tameletjie en uitdaging van opsies en besluite
Kommentaar
Wat die degenerering van Afrikaans gaan aanhelp, is RSG se omroepers wat aksent verskuiwing: my man is in die ONDERwys, wys hy bo ook?; jy maak 'n opLOSsing van sout en water, is daar so iets soos 'n opVAS sing?; jaLOESie is gevaarlik... voorbeelde is legio.