Keith Paulse (ou kollega van HB)2015-12-22Boeta Brown - soos baie van ons jou ken - baie mense besef nie watter goeie karakter jou gedigte uitbeeld nie. Voorwaar uitstekend, Gaan voort ou maat.
Gogo de Bruin2015-12-22Ek vertrou dat LitNet in middel Januarie weer prominensie aan hierdie puik artikel sal gee want dit behoort wyd gelees en bespreek te word en moenie in Kersfees en somerstrand te versand nie.
Jan Nel2015-12-22Absoluut fantasties. Werklike praktiese en wetenskaplike aanbieding.
Dit het my dadelik laat dink aan 'n parralellestudie oor boelies by skole. Die benadering is nie die straf nie, maar die verandering van die denkpatroon.
Reusedwewrg2015-12-22Baie dankie vir jou en jou familie en geliefdes ook. Dit is vir my die mooiste Kerslied en is trots om dit uit volle bors te sing.
Gino2015-12-22Goeie dag.
Ek is 'n graad 5 Opvoeder, ek is opsoek na makliker manier om Wiskunde te onderrig, veral die onderrig van Maal, Deel en Kolom metode minus, Asseblief.
Dan is ek ook opsoek na Vraestelle vir:
Graad 5
Wiskunde
Afrikaans
Engels
Natuurw
Louisa Filander2015-12-21Wat 'n pragtige gedig. Skoon weemoedig nadat ek dit gelees het. Baie dankie Floris, u is voorwaar 'n uitstekende digter. Hou aan ...
Mary Sadler2015-12-21Ek lei dus af dat die Jasper-boeke is nie ge'moderniseer' nie (ek neem aan die empiriese geldstelsel is reeds destyds in die herdrukke na desimaal oorgeskakel).
Welgedaan, Protea!
Thea Schoema2015-12-21WAAR kan ek die Woordfees 2016 se Program-boekie in die hande kry.
Laasjaar was dit by Computiket ASOOK ons dorps biblioteek beskikbaar (Somerset Wes) - hierdie jaar is dit nie by een van die 2 plekke nie. 21 Desember 2015
Dawie2015-12-21Daan, ek stem saam. Ek skaam my dood vir sulke mense. Net 'n enkele wysiging aan jou laaste sin: sulke mense is niks van my of jou volk nie.
Hannes Deetlefs2015-12-21O, ek het nog vergeet om iets by te voeg: In die Duitse kultuur is dit altyd die ouer persoon wat aan die jonger persoon die "jy", die "Du" kan aanbied, en dit word altyd met 'n glasie wyn beklink. En vir die jongere persoon is dit 'n geweldige eer as hy/
Helize van Vuuren2015-12-19as die hutsteken 'n woord is,
is ek nou behoorlik onthuts
want 'n taal aanmekaar geklits van tekens
is klaar in die kis
Mene, mene, tekel, upharsin
aan die muur staan die skrif ...
Cilliers van Niekerk2015-12-18Wat my meer interesseer is die herkoms van die kernwoordjie "huts".
Kom dit van die Nederlandse "hutselen" wat deurmekaargooi of skud beteken, en met die bekende "onthuts" en "hutspot" verband hou (en wat dan lieflike woordspeling en so reg in die ty
Engela Geyer2015-12-18Hier in Duitsland is die jeugwoord 2015 'smombie' (smartphone + zombie) vir iemand wat sy/haar slimfoon onophoudelik aanstaar en en gevolglik soos 'n zombie
rondloop.
Gert Burger2015-12-17Ek hoor mense kla # issie he woortie. Ek sê dit is he woort, ja. Die woort is hêsj. Dis amper he woort sôs eisj, maar dissie heelenmaal eisj nie. Mar dit lat baie mense net so koud. Ek sê maar net ...
Hannes Deetlefs2015-12-17Die oorsprong van die probleem is die feit dat Engels, en veral die Amerikaanse Engels, geen enkelvoudige "jy" of "u" ken nie. Die tweede persoon enkelvoud en meervoud is "you". Streng genome is daar geen enkelvoudige "jy" of "u" in Engels nie, net 'n "ju
Cilliers van Niekerk2015-12-17Later hopelik meer, maar ek moet nóú sê dat ek met die lees net wou hê dat dit nooit ophou nie!
Die helderheid van sig en argument, die klinkende (geheel-en-al na Engels onvertaalbare, soos dit hoort) ekonomie van uitdrukking, en juwele soos "Joe
Johannes Comestor2015-12-17Jaco Alant, ek voel ook gefrustreerd oor die Afrikaanssituasie in die nuwe Suid-Afrika. Ek stem egter nie saam met "eintlik het ons natuurlik 'n baie goeie Grondwet" nie. Afgesien van die sotlike opset van elf amptelike tale is daar geen groep- en minderh
Daan Delport2015-12-17Hierdie is 'n baanbrekerstandpunt wat deur die twee ondersoekers gestel word. Die apatiese oordra van koue feite en inligting maak plek vir oorsteek en belewing van geleefde wêrelde, sodat begrip en verstaan van belewenisse lei tot toegepasde inligting e
Deon Erasmus2015-12-17Die Van Breda-moorde was en is steeds opspraakwekkend. Indien die staat nie gaan vervolg nie, behoort hulle redes daarvoor te verskaf, soos bv 'n tekort aan getuienis. Aangesien ons nie 'n stelsel van verpligte vervolging het nie, bestaan daar 'n instelli
F C Boot2015-12-17Beste Jaco
Geniet jou vakansie. As jy 'n ledige uurtjie het, Google http://ancienthistory.about.com/od/religionmythology/fl/Gods-and-Goddesses-of-World-Mythology-An-Index.htm.
Miskien kry jy daar 'n god wat meer in jou smaak is en by jou sienswyse inpas