TV
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.
Let’s talk about Sex and pleasure
2023-03-02"'Sika Lekhekhe. Knyp die kat in the donker. Wiggling the toothpick. Whatever you call it, whoever you are and whatever you’re into, let’s talk about it.' That’s what the promo pack said. Then I watched the first episode. That is why I invited Kim and Romantha for a chat – about sex, of course!"
Persverklaring: Romantiese fliek spesiaal vir Valentynsdag op kykNET
2023-02-09Nie net ’n liefdesbrief aan Kaapstad nie, maar ook ’n liefdesbrief aan almal – selfs dié wat al deur die meul is – wat nog in liefde glo.
Mooiweer en warm ’n bruisende rivier op pad see toe
2023-02-09"Wanneer dit vloei (in vlooimarktonele en by die dam) is Mooiweer en warm ’n lekkerte; ’n bruisende rivier op pad see toe. Wanneer dit opdam en sloer (in melodramatiese binnetonele), begin die krake wys."
Persverklaring: En die benoemdes vir die 13de kykNET Fiëstas is ...
2023-02-03Die wêreld het stadig maar seker weer in 2022 uit sy dop gekruip en die kunste in Suid-Afrika het weer eens gewys dat niks ons veerkragtige kunstenaars sal keer om werk van wêreldgehalte te vervaardig nie.
Professor T op BritBox: ’n TV-resensie
2023-01-25"Dit is donker, moeilik, verg konsentrasie maar bowenal geduld. Tog, wanneer dié toonlose, stroewe man se brein eers oortyd begin werk om ’n moord op te los, mag jy verslaaf raak aan hom en sy metodes."
VIA-TV-persverklaring: Die groot afskud – ontmoet die deelnemers en die span
2023-01-23"'Die groot afskud gaan oor baie meer as net gewigsverlies,' verduidelik die vervaardiger, Nicole Bailey. 'Dit ontleed menslike stories van dinge wat ons terughou: traumas uit die verlede en negatiewe oorlewingstegnieke, en hoe om ons perspektiewe te herstruktureer om ’n lewe te skep wat ons liefhet.'"
Persverklaring: ’n Bus uit Oekraïne Maandag 9 Januarie uitgesaai
2023-01-05Maandag 9 Januarie 20:30 kan kykers vir die aangrypende dokumentêre program, ’n Bus uit Oekraïne, op kykNET (DStv-kanaal 144) inskakel. Die fokus is die merkwaardige verhaal van die Suid-Afrikaner, Johan Oldenburg, wat 52 Oekraïniese vlugtelinge gered en vervoer het na Nederland.
Persverklaring: Dolf van Niekerk op kykNET gehuldig
2023-01-05Dolf van Niekerk is op Oujaarsdag in die ouderdom van 93 oorlede. As huldeblyk saai kykNET op Sondag 8 Januarie 20:30 ’n Stroom Op-episode uit wat handel oor sy lewe en die bydrae wat hy tot die Suid-Afrikaanse literêre wêreld gelewer het.
Persverklaring | press release: Evita in Excelsior
2022-12-29Suid-Afrika se bekendste wit vrou kry die eer wat haar toekom in Evita in Excelsior, wat Dinsdag 10 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. | South Africa’s best-known white woman receives the honour and tribute she deserves with Evita in Excelsior which starts Tuesday 10 January at 20:00 on kykNET (DStv Channel 144).
Persverklaring: Desember is propvol kykgenot op die kykNET-kanale
2022-12-05Van ’n Afrikaanse Kersblyspel wat spesiaal vir hierdie feesseisoen vervaardig is, tot die première van ’n speelfilm oor ’n groep kinders wat op die Suid-Afrikaanse platteland by die rykes wil steel om vir die armes te gee. Gooi ’n sopie of twee humor, musiek en rugby in, dan het jy die perfekte kykgenot hierdie feesseisoen.
Persverklaring: Kersfeesfliek met warm hart en siel in Desember op kykNET
2022-12-05Hierdie Desember vier kykNET die feestyd met ’n speelfilm wat die feestyd deur die oë van kinders sien. Desemberdiewe is ’n rolprent wat die hele familie saam kan geniet.
Persverklaring: Magda Louw begin 2 Januarie 2023 op kykNET
2022-11-29Desiré Gardner (veral bekend vir sepierol in Suidooster) is skrywer en hoofkarakter. Hannes van Wyk speel teenoor haar. Die reeks is die uitvloeisel van gelyknaminge kykNET-storiefilm.
Persverklaring: 2023 kykNET-Rapport Boekpryse.
2022-10-27Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2023 kykNET-Rapport Boekpryse. Al die nodige inligting, sowel as die inskrywingsvorm, is hier beskikbaar.
Dahmer – monster, the Jeffrey Dahmer story: ’n resensie
2022-10-11"Grusaam en ontstellend, maar dit probeer meer as net die moorde wys. Dit simpatiseer ook met die slagoffers en hul gesinne en gee ’n breër prentjie."
kykNET-Rapport-boekpryse 2022: Afrikaanse skrywers en resensente bekroon met R1 miljoen
2022-09-24Die Covid-pandemie en grendeltyd het skitterende gevolge vir die Afrikaanse boek ingehou, te oordeel aan die kreatiwiteit, diepte en reikwydte van titels wat vanjaar meegeding het om die kykNET-Rapportpryse. Die wenners betrek van ’n herverbeelding van die plaasroman tot die skeibrekers van die Dorslandtrek tot charismatiese lekepredikers tot vroue in opstand teen die patriargie.
kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2022: Die getuienis deur Francois Smith
2022-09-24"Die boek verras die leser van begin tot end; dit voer gelowige én ongelowige mee ..."
kykNET-Rapportprys vir fiksie 2022: Vier susters deur Gerda Taljaard
2022-09-24"Natuurlik gaan dit ook om die oorlog tussen man en vrou, en die letsels wat dit laat. In hierdie opsig blink die roman uit as een wat nie net breed kyk nie, maar ook diep kyk."
Jan Rabie-Rapportprys 2022: Kompoun deur Ronelda Kamfer
2022-09-24"In Ronelda Kamfer se debuutroman Kompoun is ’n taalvirtuoos aan die slag; ’n meester wat die Afrikaanse taal soos ’n outydse viool bespeel."
kykNET-Rapportprys vir niefiksie 2022: Van Humpata tot Upingtonia deur Nicol Stassen
2022-09-24"Net soms verskyn daar ’n boek wat heeltemal ongewoon en uitsonderlik is. Nicol Stassen se Van Humpata tot Upingtonia is só ’n kultuurprestasie."
