Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Kuberklas Kreatief: 'n Ander wêreld

Simoné du Plessis Kuberklas Kreatief 2015-08-25

"Sy draai vir ‘n laaste keer om na haar vriende en waai."

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 5 | Diary of a teacher

Ms January Skole 2015-08-21

"Die skoolhoof het onlangs besluit dit is tyd dat elke klaskamer ʼn veiligheidshek moet kry."

Syferkunde is wiskunde se moses

Jean Oosthuizen Skole 2015-08-19

Kan wiskunde lekker gemaak word vir leerders? Jean Oosthuizen gesels met Wilhelm du Toit wat 'n unieke program ontwikkel het om leerders se syfervaardigheid radikaal verbeter.

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 4 | Diary of a teacher

Ms January Skole 2015-08-07

"Ek kyk rond in die skoolsaal na al die ouers, leerlinge en onderwysers en ek weet die spanning is hoog."

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 3 | Diary of a teacher 3

Ms January Skole 2015-07-22

"Hy is een van daardie leerlinge wat elke onderwyser se taak net ʼn klein bietjie moeiliker maak. Die 'nagmerriekind'. Die soort leerling wat altyd in die kantoor beland; wat nooit sy huiswerk doen nie (niemand weet of hy ʼn skryfboek besit nie); wie se broek altyd te laag om sy onderlyf hang."

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 2 | Diary of a teacher 2

Ms January Skole 2015-07-07

"Dit is die tweede week van die tweede skoolkwartaal. Ek besef dat een van die leerlinge in my klas afwesig bly vandat die skool begin het. Ek word later ingelig dat sy gedurende die vakansie vermis geraak het."

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte I | Diary of a teacher I

Ms January Skole 2015-06-26

"Ek kan nie nou op  'homonieme' en 'akronieme' fokus nie. Hierdie kinders sit met groter probleme  as Afrikaanse huiswerk ..."

WF 2015: Hier is ons wenners!

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-06-26

Die beoordelaars het gewik, gekik en geweeg en op die wenners vir LitNet Akademies se tweede wetenskapfiksie-kortverhaalkompetisie besluit.

“Wat kan ek doen om my kind lief te maak vir lees?”

Marita van der Vyver Boeke en skrywers 2015-06-18

"Dink aan jou kind se boeke soos aan jou kind se kos. Laat haar toe om  soms haar eie kos te kies, al laat dit jou gril of al dink jy dis erg ongesond.  Maar leer haar deur jou eie voorbeeld om beter te eet."

WF 2015: Hier is die finaliste!

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-06-18

Elzette Steenkamp, 'n kenner op die gebied van wetenskapfiksie, het LitNet Akademies gehelp om deur die meer as 70 inskrywings te sif vir die tien beste kortverhale. 

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 12, Vraestel 1 en 2, September 2014

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2015-06-10

Dewald Koen, Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel nog twee van sy 2014-vraestelle.

Red ons taal

Jean Oosthuizen Skole 2015-06-03

"Afrikaans beskik oor norme en standaarde wat deur die jare geskep is, asook ’n goedontwikkelde wetenskapstaal en akademiese taal – ons hoef dus nie woorde of terme te gaan soek nie, dit bestaan reeds en ons kan dit gebruik. Die manier waarop ons dit gebruik, hang van sprekers se houding teenoor taalgebruik af."

Sit die skrikbewind van boelies stop

Jean Oosthuizen Skole 2015-06-03

"Die skade aan mense wat op skool geboelie word, is onberekenbaar, veral as hulle dit in stilte en in die geheim dra. Die rede vir stilswye is dikwels die skaamte en vernedering wat hulle ervaar en minderwaardig laat voel."

WF 2015: Van woede in die hart kom oorlog in smart

Lehanie Scheepers Kuberklas Kreatief 2015-05-25

Van woede in die hart kom oorlog in smart. Dit is ’n les wat ek swaar moes leer, van ’n jong ouderdom af. As jou ouers jou op ’n vreemde plek verlaat, wat doen jy anders as om teleurstelling en haat in jou hart te ontwikkel?

WF 2015: Wetenskapfiksie laat die wêreld gons!

Jessica van Jaarsveld Kuberklas Kreatief 2015-05-23

Die rolprente oor wetenskapfiksie waarin akteurs hulle rol vertolk, is indrukwekkend. ’n Positiewe rol word aan die bevordering van mensdom toegeken wat die voorspelling van die toekoms se wetenskaplike ontwikkeling bevorder en meer interessant maak vir algehele kykers.

WF 2015: Verlange

Bea van Schoor Kuberklas Kreatief 2015-05-23

Dit is veeleisend om te erken dat my spieël die afgelope jaar my enigste en geliefkoosde metgesel geword het. Alhoewel hy my ontleed op grond van wat hy sien, is hy nie wreed nie, net eerlik. 

WF 2015: Die drie langste sekondes van my lewe

Wilhelm Schlunz Kuberklas Kreatief 2015-05-23 Niemand kan jou hoor skree in die ruimte nie. Die gedagte aan hierdie paar woorde maak my so effens onseker waar ek op my sitplek sit. Ek is vasgemaak en dit voel asof die gordel my nek wil wurg. Sweet loop by my rug en onder my arms af. Die luidsprekers se klanke is hard […]

WF 2015: Neongroen nanogoggas

Philip van Schalkwyk Kuberklas Kreatief 2015-05-23

Pasiënt Omar McKnight is om 07:03 ingebring na die militêre hospitaal in Bagdad ná ’n terreuraanval in suidoos-Bagdad. Die pasiënt is in ’n kritieke toestand. 

WF 2015: ’n Skroef los

Lukah Joubert Kuberklas Kreatief 2015-05-23

Die gezoem van karre wat in die kunsmatige atmosfeer vlieg, die moderne voëls verskeur my ore. Ek kyk by die venster uit na die grys lug. ’n Sonagtige, ronde voorwerp skitter soos ’n neongeel lig, maar dit is nie die son nie. Dit laat jou nie ’n warm, rustige luiheid voel nie, dit is ’n bal van masjinerie. 

WF 2015: Dit is ek

Emma Rossouw Kuberklas Kreatief 2015-05-23

Wat dans in die hoek van jou oog? Wat lê swaar op jou tong? Wat is drome? Wat is vrees en desperaatheid? Wat is gesondheid? Wat is hoop? Wie is ek?

Top