Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

’n Ope blaf aan president Jacob Zuma

Henry Cloete 2013-01-03 "Ek probeer nie aandui dat lojaliteit in sigself ’n slegte ding is nie. Ek meen bloot daar moet versigtig daarmee omgegaan word."

Wanneer is jy 'n passasier van 'n Cadillac?

Gustaf Pienaar 2012-12-14 "Damane en sy span was nou in die moeilikheid. Die bestuurder van die Chev-lykswa was nie bewus van die drama met die Cadillac agter hom nie en het vooruit gery. Daar was nou ’n wesenlike moontlikheid dat die lykswa by die begraafplaas sou aankom minus die begrafnisondernemer."

Fracking

Jason Lloyd 2012-12-11 "Vir duisende arm en werklose swartes en bruines bied fracking miskien die kans om uit hul haglike Karoo-omstandighede uit te styg. Reeds daarom pleit hulle dat fracking ten minste ’n kans gegee moet word."

'n Dronk stoot is stout

Gustaf Pienaar 2012-12-10 Die Kersgety is met ons en hierdie week skryf Gustaf Pienaar oor iemand wat onder die invloed gestoot het. En, soos wat dit met 'n gestoot gaan, het dit hierdie man in die moeilikheid laat beland.

In Memoriam: Jakes Gerwel

Jason Lloyd 2012-12-07 "Die ontydige dood van Jakes Gerwel is ’n geweldige slag vir die hele land, maar veral vir sy gemeenskap – die bruin mense."

Oor motors in Suid-Afrikaanse hofverslae

Gustaf Pienaar 2012-12-04 "Suid-Afrikaanse hofverslae wemel van hofstories waarin verskillende motorfabrikate een of ander rol speel."

Die plaaswerkers is ware landbouers

Jason Lloyd 2012-11-30 "Dit is hoog tyd dat Suid-Afrika ’n loflied vir alle plaaswerkers moet sing: vir hul onbaatsugtige diens aan die land. Omdat hulle selde kla en nooit maklik tou opgooi nie, slegte werksomstandighede ten spyt. Ware landbouers is hulle beslis."

Boeing, boeing, gone (to jail)

Gustaf Pienaar 2012-11-28 "Toe was hy so dapper soos 'n leeu. Hy het die oulike waardinnetjie nadergeroep, en - soos in die rolprente – gefluister: "Miss, this is a hijack." Sy het kalmpies geantwoord "Rêrig?" waarop hy gevra het of sy weet wat 'n skaking is. Toe sy bevestigend antwoord, het hy haar opdrag gegee om die kaptein te loop sê dat hy na Lourenço Marques (deesdae Maputo) moes vlieg, anders sou hy - dis nou Jeffers - nie vir die gevolge verantwoordelik wees nie."

Die olifant en die by

Henry Cloete 2012-11-21 "Die bladsye beef tussen Thomas se vingers. Bye. Byekorwe. Heuning, die teengif. Swerms. Iets steek in die by wat die aanduiding is."

November - Week 3

Gustaf Pienaar 2012-11-21 In hierdie rubriek skryf advokaat Gustaf Pienaar oor hofsake wat hierdie betrokke week in die nuus was. Die jaartal maak nie saak nie. Hierdie almanak is ’n tydmasjien wat heen en weer deur die regsgeskiedenis wip.

Die DA se demografie binne sy leierskapstrukture

Jason Lloyd 2012-11-19 "Is dit veilig en regverdig om te vra hoekom invloedryke posisies in die DA vir wittes en die seremoniële posisies sonder invloed vir gekleurdes gereserveer word?"

’n Kennismaking met Johannes Kerkorrel ná die maal

Henry Cloete 2012-11-12 "Hoeveel woorde in 'Sit dit af' sou verander moes word om dit relevant vir vandag te maak? Baie min, sou ek dink; basies net die name van PW en Pik na Zuma en ... Kgalema?"

'n Rowwe diamant

Gustaf Pienaar 2012-11-12 "Broodryk is in hegtenis geneem en aangekla van besit van ongeslypte diamante. Hy het onskuldig gepleit en aan die einde van die staatsaak het sy advokaat aansoek gedoen om sy ontslag – glo omdat daar nooit bewys is dat hy in besit van die diamante gevind is nie."

Wat is 'n man sonder 'n das?

Jason Lloyd 2012-11-05 "Wat is ’n man sonder ’n das? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek die boek Eindstryd deur die filosoof Willie Esterhuyse gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare tagtig."

As jy stilbly, kan iemand jou dalk melk (wat is estoppel?)

Gustaf Pienaar 2012-11-05 "Op ’n dag in 1959 het ’n Thames-vragmotor wat aan Resisto Dairy, ’n melkery in die Kaap, behoort het, êrens op ’n openbare pad gery toe die dieselbrandstoftenk losbreek."

Skepskop, skepskryf – 'n argument vir sport en digkuns

Henry Cloete 2012-11-02 "Maar wat van iemand soos Breyten, as hy ’n soortgelyke gelyktydige inspirasie beleef het?"

Hierdie brandewyn het die man nie dronk laat word nie, maar wel kranksinnig

Gustaf Pienaar 2012-10-31 "Regter Mouton van die hooggeregshof in Windhoek moes beslis of Stellmacher aan ’n geestesgebrek of ’n geestesongesteldheid gely het, wat sou beteken dat hy ontoerekeningsvatbaar was en ... waarskynlik vir die res van sy lewe ’n staatspresidentspasiënt in ’n inrigting vir sielsiekes sou wees."

Die Antwoord versus Gaga – verby (ge)sigwaarde

Henry Cloete 2012-10-25 "Daar's ’n paar opvattings daaroor wat my irriteer. Eerstens dat die "Fatty Boom Boom"-lied na Gaga se onlangse gewigtoename verwys."

Oktober 1996 se emosionele skok en psigiatriese skade: verkeerde baba, verkeerde ma!

Gustaf Pienaar 2012-10-23 "Verdere bloedtoetse wat ook op húlle uitgevoer is, het getoon dat die twee seuntjies kort na geboorte in die hospitaal omgeruil is. Gavin was nie mej Clinton-Parker se natuurlike kind nie; haar kind was Robyn. En omgekeerd: Robyn se natuurlike ma was nie mej Dawkins nie, maar mej Clinton-Parker."

Lente 1926: Daardie dag het Aliwal-Noord nie na 'n vakansiedorp gevoel nie

Gustaf Pienaar 2012-10-17 "Die een groep het stelling op ’n strategiese koppie ingeneem en die ander groep moes probeer om hulle daar uit te kry en die koppie oor te neem. Albei groepe was met Martini-Henry-gewere gewapen, maar natuurlik, omdat dit ’n skyngeveg was, het hulle nie met skerppunt-ammunisie geveg nie, maar met loskruitpatrone."
Top