Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Boekresensie: Recce - Kleinspan-operasies agter vyandelike linies deur Koos Stadler
2016-02-03"Recce word sterk aanbeveel – selfs vir lesers wat nog nie boeke oor die bosoorlog verken het nie – oor dit ‘n eerlike perspektief bied op ‘n era wat so baie Suid-Afrikaners se menswees help vorm het."
Boekresensie: Ver in die wêreld, sushi deur Koos Kombuis
2016-02-01"Ek lees Koos Kombuis, want dit laat my dink."
Book review: The seed thief by Jacqui L'Ange
2016-01-27"The Seed Thief is one of those rare books which deliver on all fronts and leave you completely satisfied."
Boekresensie: Offerlam deur Chanette Paul
2016-01-25"Offerlam word geslaagd uit vier perspektiewe vertel. Paul se taalgebruik skitter en sy geur die teks gepas met Nederlandse en Vlaamse woorde. Die roman bied ’n verfrissende blik op die Belgiese kultuur. Die skrywer lewer gebalanseerd kommentaar op die misdaadsituasie in Suid-Afrika."
Boekresensie: Struisvoël deur Johan Fourie
2016-01-25"Deur hierdie situering van die gebeure van tradisionele en postmoderne plaasromans in ’n breër Suid-Afrikaanse konteks bied Struisvoël ’n vars perspektief op Suid-Afrika se verlede en die invloed daarvan op die hede."
Boekresensie: Jou Krugerwildtuin-gids met stories: verkyker, grondpad en kaart deur Frans Rautenbach
2016-01-19"Frans Rautenbach het hier, ná sy vyftigtal in besoekjare aan die wildtuin, ’n baie volledige gids vir die groentjiebesoeker saamgestel. Soseer dat jy sommer onmiddellik in jou kar wil spring en een van sy aanbevole roetes na die wildtuin toe wil vat."
Book review: In Our Own Skins: A Political History of the Coloured People
2016-01-19"In our own skins: Comfortable or itchy, but stuck with it."
"Your library is your soul": Reflecting on Kate Atkinson’s A God in Ruins
2016-01-19"A God in Ruins is many things. It is the story of a British family set against the historical background of the past century. It is a novel about war and its aftershocks. It is a fine inquiry into human nature. But above all, it is a declaration of love for literature, its power and its manifold mysteries."
Resensie van Land van skedels deur Nicola Hanekom
2016-01-18"Land van skedels is uiteindelik ʼn ritueel oor die gruwelikheid en verskrikking wat oorlog aan die mens, wat nie meer mens geag word nie, doen. Hierdie drama behoort deur alle nasies in hierdie land gelees te word – hierin kry almal stem."
Boekresensie: In sneeu geskryf deur Francois Loots
2016-01-12Gayseks en 'n moord. 'n Boek gebaseer op die werklikheid.
Boekresensie: Kamee deur Roela Hattingh
2015-12-21"Kamee is inderdaad ’n kortverhaaldebuut om oor opgewonde te raak."
Boekresensie: Die Verdwyning van Billy Katz deur Chris Karsten
2015-12-14"'Karakters dryf my stories, nie gebeure nie. Ek hou veral van karakters wat bietjie afwyk van die geykte vorm en wat gedryf en gemotiveer word deur ou spoke wat soms vir hulle bekend lyk, soms onbekend.' En dit werk!"
Boekresensie: Icons - Imaging the Unseen deur Daniël Louw
2015-12-14Waarom 'n boek oor ikone in ‘n tyd dat groot maatskaplike en sosiale tema’s eerder bespreek behoort te word? "Die hemel weet, tydiger kon hierdie werk nie op die toneel verskyn het nie."
Boekresensie: Immer wes deur Irma Joubert
2015-12-14"Immer wes verwoord nie net die verhaal van ’n vrou in oorloggeteisterde omstandighede nie, maar verwoord veral die verhaal van hoop en ’n toekoms uit oorlog uit."
Boekresensie: Die dag na die rowers opgedaag het deur Johan Pienaar
2015-12-09"Vir alledaagse geluk sal dit bydra as jy leer om nie uit te stel nie, laf kan wees en weet hoe belangrik dit is om mense behoorlik te groet met die aankoms- en die vertrekslag. Sy wye verwysingsveld oor populêre sielkunde, Afrikaanse digkuns sowel as erkende, geliefde skrywers van geestelike boeke, maak hierdie boek ‘n klein biblioteek van alledaagse en antieke wysheid."
Nie-akademiese notas by die lees van Vry- deur Gilbert Gibson
2015-12-07"Ek het gestem, ek het ‘n stem. Ek is dus vry.
Of is ek net kwansuis
vry-?"
En so is Vry-.
Donker stroom: Eugène Marais veelsydig, dubbelsinnig
2015-12-03"Wat is dit aan Eugène Marais wat so enigmaties is?" – 'n LitNet Akademies-resensie-essay oor Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog deur Carel van der Merwe
Jeugresensie: Jasper op hoërskool deur CF Beyers-Boshoff
2015-12-02"Jasper-hulle vang baie kattekwaad aan, maar hulle is eintlik ouens met goeie harte."
Lesersindruk: Recce deur Koos Stadler
2015-12-02Wie en wat was die recce? Willem Krog skryf: "Koos Stadler maak op vele vlakke korte mette met die mites."
Boekresensie: The Good Story deur JM Coetzee en Arabella Kurtz
2015-12-02"Die boek is nie bloot gemik op literêre belangstellendes en Coetzee-aanhangers nie. Lesers wat self al terapie, veral psigoanalitiese terapie, beleef het, sal identifiseer met die pasiënt se frustrasie as ‘n terapeut nie ‘n 'waarheid' oor homself, sy familie of sy baas wil onthul nie. Hulle sal waarskynlik saamstem met Coetzee se verbygaande opmerking dat psigoanalitiese terapie lank en duur is."
