Marietjie Lambrechts2013-04-10"Intertekstuele bronne is in hierdie bundel van groot waarde; trouens, sonder deeglike ontginning daarvan sal die uiteindelike gevolgtrekking waartoe Van Niekerk kom, nie behoorlik gesnap word nie."
Marius Crous2013-04-09Die Eugène Marais-prys vir 2013 is onlangs aan Hennie Nortjé vir sy bundel In die skadu van soveel bome toegeken. Marius Crous resenseer dié bundel.
Kayang Gagiano2013-04-09The novel is an enticing synthesis of mystery, eulogy, playful feminist tract and romance - and it is the central love story and sense of promise and liberation it offers which provide succour from grief for both protagonist and reader.
Joan Hambidge2013-04-03"Die verse is grinterig en rou. Dikwels handel die gedigte oor ’n persoon wat terugkyk na die onregte van apartheid en die daarmee gepaardgaande ellendes."
Johan Anker2013-04-03 Die verskyning van 'n klassieke roman soos Die pes in Afrikaans moet altyd met opwinding begroet word. Dié roman deur Albert Camus, wat in 1947 gepubliseer is, is uit die aard van die saak alreeds vir meer as 60 jaar wyd bespreek en ontleed.
François Verster2013-01-23"Ek kan dus nie saamstem met die uitgewer dat dit ’n 'opwindende' verhaal is nie, hoewel ek sal toegee dat dit heel waarskynlik wel 'goed nagevors' is. Maar dis nie ’n geskiedenishandboek nie. Dis ’n roman."
Susina Jooste2013-01-18This is not your typical recipe book, but a valuable contribution to emphasise the importance of flavour development, basic preparation techniques and basic recipes.
JB Roux, Johan Vlok Louw2013-01-16"All in all, it took him twenty years to finish what would become his debut novel. Precious little of the first draft made it into the final manuscript."
Elbie Adendorff2013-01-15"Vir die leser wat vertroud is met die radiodrama (die oue en die nuwe een), die TV-reeks en die film bied die roman nuwe insigte tot die storie."
Carinus Lemmer2013-01-15"Die twee (Daniel Coyle, Tyler Hamilton) bou vir seker ’n malle storie, een wat die meeste mense nie sal, of wil, glo enigsins moontlik is nie."
Corlietha Swart2013-01-09"Die komplekse psige van (veral) die vrou, in die wydste sin van die woord, word aan die vuurproef onderwerp in hierdie bundel."
Dineke Volschenk2013-01-08Dis ’n dapper skrywer wat enige vorm van godsdiens in ’n roman aandurf. Mense het sulke vooropgestelde en onbuigsame idees daaroor, en kyk wat het met Salman Rushdie gebeur. Maar Christine Barkhuizen le Roux is ’n vreeslose en goeie skrywer.
Madri Victor2013-01-08Ná ander titels, soos Lemoenseisoen en Eendagmooi, het Tafelberg weer ’n chick-lit-boek van Kristel Loots op die rak. Met ’n Hap van die appel kan ’n mens die groei sien: die fokus is minder op die liefdesverhaal, meer op familiedinamiek, identiteit en selfontdekking. En die humor is skerper, en lekkerder, maar steeds kenmerkend van Kristel.
Dewald Koen2013-01-08Met die eerste oogopslag tref Marius Crous se derde bundel, Vol draadwerk, die leser vol in die gesig: dié interessante voorblad van ’n manlike torso gewikkel in doringdraad prikkel dadelik die leser se nuuskierigheid.
Zandra Bezuidenhout2013-01-08Hierdie debuut vorm in verskeie opsigte ’n uitsonderlike toevoeging tot die religieuse poësie in Afrikaans. Waar Sheila Cussons se gedigte vir lesers uit die Gereformeerde kerktradisie ’n venster op die Katolieke geloofsbelewenis oopgemaak het, bring Jacobus van der Riet ’n blik uit die Grieks-Ortodokse hoek.