ATKV-Portaal

atkv

Lien Botha (1961–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-06-17

"Ek pendel nog heelhuids tussen die visuele en geskrewe wêreld, en ek hoop en vertrou dat hierdie metodiek verwering sal verlangsaam." Lees meer oor die lewe en werk van Lien Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Kompetisie bied platform vir musikale 50-plussers – ATKV

ATKV ATKV-Portaal 2025-06-10

Die musikant Cor Uys, ’n jare lange vennoot van die ATKV, bied in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS 50-tydskrif die Andante Plus50-musiekkompetisie aan. Alle senior burgers 50 jaar en ouer, behalwe professionele en voltydse kunstenaars wat steeds as musikante bedrywig is, mag deelneem.

Persverklaring: ATKV-DigiToneel – Top-8 gereed

ATKV ATKV-Portaal 2025-06-09

Die ATKV se gewilde TV-realiteitsreeks Gekies vir die kollig keer in 2025 vir die vyfde keer terug na jou skerm – en vanjaar is die tema eenvoudig onweerstaanbaar: magneties. Soos hemelliggame wat mekaar aantrek in ’n perfekte wentelbaan, is agt uitsonderlike jong akteurs vanjaar gekies om na die stel van dié realiteitsreeks genooi te word, waar hulle hul finale treë gaan gee voordat die kameras vir hierdie seisoen begin rol.

Toast Coetzer (1977–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-06-04

"In die voortslepende proses tot die verbetering van waarmee jy ook al besig is, is niks wat enigiemand anders te sê het belangrik nie. Wees besluiteloos op die regte tyd ... Bier en vryheid. Niks meer nie. Beer and freedomLittle more." Lees meer oor die lewe en werk van Toast Coetzer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Witwarm gesprekke, heerlike Karoo-kos en knetterende vure vir die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2025

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-05-30

"Om van 25 tot 27 Julie 2025, in die middel van die winter, ’n klomp mense oor boeke te laat gesels in die Karoo, kan net lekker wees. Darryl David, die baasbrein van boekefeeste in Suid-Afrika, vra mooi dat almal hulle serpe en musse en jasse sal inpak teen die koue, maar die program sal mense se harte warm maak."

Tom Dreyer (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-30

"Met ’n goeie gedig, of ten minste die wete dat ’n reël of twee wat jy geskryf het die suiwerste essensie van iets vasvang, kom daar ’n gevoel oor jou, ’n soort rush, ’n euforie, ’n onvoorspelbare vryheid, ’n vreemde alchemie, iets misterieus soos ’n UFO wat pas op die grasperk geland het. Daarom sê ek reguit ek verstaan nie die skryf van poësie nie; ek het steeds nie ’n clue waar gedigte vandaan kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van Tom Dreyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) (1938–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-22

"Skryf is nie ’n stokperdjie nie, veral oor onderwerpe soos vervreemding, verlies, godsdiens en seks. Dis bitter harde werk. Maar die skryfproses was vir my opwindend. Ek is lief vir woorde." Lees meer oor die lewe en werk van Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad na die Karoo

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

LitNet en sy vennote kondig graag aan dat daar ’n suksesvolle aansoeker was vir die 2025-inwoonskrywerskap in Cradock/Nxuba, en dat ’n lang lys skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad is na die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 25 tot 27 Julie 2025 in Cradock/Nxuba plaasvind.

Persverklaring: Die ATKV Digskool 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

Die 2025 ATKV Digskool in die Louwhuis en Museum Sutherland is verby. Vir drie dae het 24 digters meegedoen aan besprekings en ontledings, onder leiding van Bernard Odendaal en Heilna du Plooy.

Hendrik Januarie (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-15

"Skryf neer, want mens gaan vergeet. Papier bring als terug. Jy sien dit." Lees meer oor Hendrik Januarie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Geleentheid om in te skryf vir die ATKV-Woordveertjies 2025

ATKV ATKV-Portaal 2025-05-13

Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2025-ATKV-Woordveertjies is Maandag 2 Junie 2025. Hier is nog inligting.

Elza Rademeyer (1944–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-09

"Skryf is pure plesier. Om baie vriende en vriendinne te hê ook. My ander stokperdjie is tuinmaak. Terwyl ek spit en plant, dink en memoriseer ek dit wat ek op papier wil sit." Lees meer oor Elza Rademeyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Wenke vir die ATKV-redenaars 2025 se semifinale rondte: 'n onderhoud met Elbie Adendorff

Naomi Meyer, Elbie Adendorff ATKV-Portaal 2025-05-08

Elbie Adendorff gee in hierdie onderhoud wenke vir deelnemers van die ATKV se redenaarskompetisie wat deurgedring het na die volgende rondte - en ook vir deelnemers wat nie deurgedring het nie.

Persverklaring: Inligting rakende die 2025 ATKV-Woordveertjies

LitNet ATKV-Portaal 2025-05-05

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 2 Junie 2025.

Nicole Jaekel Strauss (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-30

"Telkens wanneer ek ’n sin voltooi, is ek ’n ander skrywer, ’n ander mens. Dis die voetspore van die vos in die sneeu, soos die digter geskryf het. Ek kyk terug en sien my merke, maar ek laat daardie teks, daardie woorde agter – die landskap is nie meer dieselfde nie." Lees meer oor die lewe en werk van Nicole Jaekel Strauss in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Trienke Laurie (1946–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-23

"’n Digter moet al die warm emosies deurgaan, maar om daaroor te skryf verg koele besinning en meestal afstand en tyd." Lees meer oor Trienke Laurie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Johann de Lange (1959–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-07

"Die skrywerswêreld is eintlik ’n onnatuurlike een, waar niks taboe is nie. En dan vergeet jy die buitewêreld werk anders." Lees meer oor Johann de Lange se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Erika Murray-Theron (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-03

"Boeke kan vir ons op verskillende maniere vensters op ’n skrefie ewige lig oopmaak." Lees meer oor die lewe en werk van Erika Murray-Theron in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Evelyn Marais (1902–1995)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-03-28

"As ’n mens nie droom nie, hoe gaan jy dit verwesenlik?" Lees meer oor Evelyn Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Johann Lodewyk Marais (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-03-20

"Niemand kan sommer net gaan sit en skryf nie. Jy moet mos weet hoe ’n gedig aanmekaar steek en hoe die verskeie soorte gedigte lyk. Daarom ag ek myself en my tydgenote anders as die Sestigers. Hedendaagse digters het tegniek weer ontdek." Lees meer oor Johann Lodewyk Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Top