PEN Afrikaans
PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband. Kontakadres: penafrikaans@gmail.com
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Reglement
Rules and regulations for the PEN Afrikaans Translation Fund
Uitnodiging na en agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 2 Oktober 2018
2018-09-20Uitnodiging na en agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 2 Oktober 2018
PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2018
2018-09-12Oor: vryheid van uitdrukking; die ATKV-Woordveertjies; Tuin van Digters 2018; oop uitnodiging na PEN Afrikaans se AJV by Aardklop; ledegeld; Wat elke skrywer moet weet oor eienaarskap van outeursreg in opdragwerke; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Augustus; nuwe Afrikaanse boeke in September.
Wat elke skrywer moet weet: Eienaarskap van outeursreg in opdragwerke, met spesifieke verwysing na letterkundige werke
2018-09-11"Dit is belangrik om daarop te let dat outeurskap (naamlik wie die outeur van ’n outeursregwerk is) en eienaarskap (naamlik wie die outeursreg besit) afsonderlike konsepte in die outeursreg is. Hoewel dit moontlik is vir die outeur van ’n outeursregwerk om ook die outeursregeienaar te wees, is dit nie noodwendig die geval nie."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2018
2018-09-11Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans veroordeel dreigemente teen skrywers
2018-08-28"Onder geen omstandighede behoort skrywers vergelding in die vorm van fisieke geweld te vrees nie. Sulke verwerpbare dreigemente het geen plek in ’n samelewing wat vryheid van uitdrukking as ’n grondwetlike reg verskans nie."
PEN Afrikaans condemns threats to authors
2018-08-28"Under no circumstances should writers have to fear retribution in the form of physical violence in any manner or form. Such reprehensible threats have no place in a society that values freedom of expression as a constitutional right."
PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2018
2018-08-13Oor: ter nagedagtenis van Tom Gouws (1961–2018) en Koos Human (1931–2018); inskrywings vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel word ingewag; verslag oor 'n byeenkoms van PEN International se Komitee vir Vertaling en Taalregte; PEN Afrikaans hou AJV by Aardklop; Gelyke Kanse na Konstitusionele Hof; ledegeld; kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Wat elke skrywer moet weet oor verhoogverwerkings; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Julie; nuwe Afrikaanse boeke in Augustus
Wat elke skrywer moet weet: Verhoogverwerkings
2018-08-13"Hoe gaan ’n mens te werk om die regte te verkry om iets vir die verhoog te verwerk? Hoe word ’n teks regmatig vertaal en opgevoer? Wie besit die intellektuele eiendom in die aangepaste werk?"
Die stand van meertaligheid van Kaapstad tot in Tibet: Konferensie van PEN International se Komitee vir Vertaling en Taalregte – TLRC (Translation and Linguistic Rights Committee)
2018-08-13"Ek het by die Biel-konferensie in ’n referaat verduidelik watter diskrepansie daar in Suid-Afrika bestaan tussen grondwetlik verskanste taalregte en beleidsdokumente, aan die een kant, en institusionele taalpraktyke, aan die anker kant."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2018
2018-08-07Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is.
’n Pleidooi vir die veiligheid van skrywers en liefhebbers van die geskrewe woord: Ter nagedagtenis van Tom Gouws (1961–2018)
2018-07-31"Geweld en doodslag, om watter redes ook al, kom neer op die ernstigste denkbare aantasting van vryheid en respek vir medemense wat ’n reg moet hê om hulleself sonder beletsels uit te leef in hul werksaamhede, ook as woordmense wat die woord gebruik om die volle omvang van menslike ervaring te peil."
A plea for the safety of writers and all who care for the written word: In memory of Tom Gouws (1961–2018)
2018-07-31"Violence and senseless killing amounts to the most serious attack on the freedom and respect owed to all human beings who should be allowed to express themselves freely in their daily lives, not least of all writers and all who cherish the value of the written word in expressing the full scope of human experience."
PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2018
2018-07-09Oor: gratis toegang tot Tuin van Digters 2018; ledegeld; beskikbaarheid van Afrikaanse boeke in Nederland; Fiona van Kerwel sluit by PEN Afrikaans se bestuur aan; Voorleggings ingewag: Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Taalgenoot-leesstof: Herfs 2018; Wat elke skrywer moet weet: plagiaat; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Junie; nuwe Afrikaanse boeke in Julie.
Afrikaanse boeke in Nederland
2018-07-09PEN Afrikaans bied hiermee ’n uiteensetting van die wyses waarop Afrikaanse boeke tans in Nederland aangeskaf kan word en vra dat organisasies wat ’n belang by Afrikaans in Nederland het die woord sal versprei.
Wat elke skrywer moet weet: ’n Regsperspektief op plagiaat
2018-07-06"Plagiaat is in die eerste plek ’n vorm van wanvoorstelling en dit is onmoontlik om toestemming te verkry om ’n ander te mislei. Dit is die aard van wanvoorstelling, naamlik die verduistering van die werklikheid, wat dit by uitstek geskik maak om plagiaat in te sluit."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2018
2018-07-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Leesstof vir boekliefhebbers uit Taalgenoot se Herfs 2018-uitgawe
2018-07-05Met die Taalgenoot-redaksie se vriendelike vergunning deel PEN Afrikaans artikels en resensies uit dié kwartaallikse tydskrif se Herfs 2018-uitgawe. Wat ’n plesier! Hierdie inhoud is nie elders digitaal beskikbaar nie.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2018
2018-06-12Oor: suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds; kykNET loods GRAPKAS; nuwe sluitingsdatum vir internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: die reg op privaatheid; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Mei; nuwe Afrikaanse boeke in Junie.
PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van Rudie van Rensburg, Lien Botha en Karel Schoeman
2018-06-11Na afloop van die Mei 2018-sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds sal die volgende drie vertalings na Nederlands befonds word: Slagyster deur Rudie van Rensburg, Wonderboom deur Lien Botha en Die hemeltuin deur Karel Schoeman.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2018
2018-06-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
