Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Die Noord-Kaap se spookdorpe

Jan JP van der Merwe Menings 2017-05-17

"Die Noord-Kaap beskik vandag oor nagenoeg 10 spookdorpe. ’n Spookdorp is ‘n dorp wat vroeër ‘n lewendige gemeenskap gehuisves het, maar wat sedertdien ‘n stildood gesterf het, en al wat oorgebly het van hierdie eens pragtige dorpie is ‘n paar ou murasies en ‘n begraafplaas."

Godsdiens binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse wetgewing

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-05-15

"Die feit dat daar, sover my kennis strek, geen klagtes gebring is ná die Wilde Als-byeenkoms nie, is dalk die duidelikste aanduider dat selfs die kritici weet hulle kritiek sal nie objektief staande bly nie. Daar is immers ’n reuseverskil tussen dogma waarmee jy nie saamstem nie, en haatspraak."

Goede Hoop, Rijksmuseum en Vrije Universiteit Amsterdam inspireren tot het opruimen van de brokstukken van het kolonialisme

Herman Meulemans NeerlandiNet 2017-05-12

"Het is ontzaglijk verrijkend om te horen hoe stemmen uit andere universums tot ons doordringen en de deur wagenwijd openzetten om vrij, di zonder koloniale smet te denken."

Gebed, opgedra aan Karel Schoeman

Dirk Hattingh Poësie 2017-05-12

"vou my dan toe met U lappieskombers
die groot een met die baie blokkies"

Die stand van Afrikaans aan universiteite

Mercy Kannemeyer Universiteitseminaar | University Seminar 2017-05-12

"Dit sal futiel wees as die gesprek slegs tussen politici en bestuurspanne plaasvind en nie ook met en deur die studente, dosente en ander personeel, wat die ergste daardeur geraak word nie."

Do the coloured people have a culture?

Simon Bruinders Opinion 2017-05-12

"And we must give guidance to our young people, who have many questions and feel that our culture – and, indeed, our people – are marginalised and maybe even oppressed by the majorities."

Groter sensitiwiteit oor selfdood benodig

Jean Oosthuizen Menings 2017-05-11

"Karel Schoeman se dood het opnuut die aandag gevestig op die bestaande stigmas rondom selfdood en die publiek se onkunde oor verwante sake soos psigiese siektes."

Karel Schoeman: ’n huldeblyk deur Hennie van Coller

Hennie van Coller In memoriam 2017-05-11

"Schoeman was nog altyd ’n skrywer wie se werk aansluit by die Afrikaanse prosatradisie, maar wat dan bakens versit deur sy radikale uitholling van die tradisie."

Die ingewikkelde Karel Schoeman

Edward de Búrca In memoriam 2017-05-11

"Want hy was self ’n ingewikkelde persoon, iemand met ’n buitengewone geesdrif vir die kleinighede van die lewe, die ingewikkelde reëls van verouderde sosiale plegtighede."

“Jol”, “antie”, “pelle”: omgangstaal in poniekoerante

Menán van Heerden, Elvis Saal Onderhoude 2017-05-10

"Kodevermenging in poniekoerante dien nie net as ’n aanduider van die veranderinge in die sosiopolitieke dinamika van die Afrikaanse spraakgemeenskap nie, maar het ook die potensiaal om onder lede van die spraakgemeenskap ’n bewustheid van hierdie veranderinge te skep."

’n Wens vir winter

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-05-10

"En dis wee daai tyd, tyd virrie Kaap se koue om ’n draai te kom maak. Die gawement speculate oorie water wattie winterseisoen gaan bring en baie van ôs is gewarried oorie water wat ôs wee moet in slaap."

Die eksklusiwiteit van kontemporêre evangelikaalse spiritualiteit in Suid-Afrika

Ronell Bezuidenhout Seminare en essays 2017-05-10

"Jy is óf 'vir oom Angus' óf jy is 'teen oom Angus'. (En bewaar jou as jy teen oom Angus is, want oom Angus is uitgesproke daaroor dat God aan sy kant is.)"

Uiteindelijk gaat alles voorbij

Ludo Teeuwen In memoriam 2017-05-09

"In Dit leven sterft een oude vrouw in de kamer van de boerderij waar ze als kind is opgegroeid. Op het einde van de roman is alles gezegd. De vrouw berust. De schaduw verdwijnt, lost op in de andere schaduwen. Een donkere sluier dekt alles toe. Vaarwel Karel."

Zuid-Afrikahuis: Programma, Juni 2017

LitNet NeerlandiNet 2017-05-09

Die Zuid-Afrikahuis bied in Junie ’n opwindende program aan, met onder andere ’n lesing deur Dan Sleigh oor 1795, ’n lesing oor kunstenaar Thérèse Schwartze en die Spannende Boeken Weken, waartydens die werk van Deon Meyer gevier sal word. Hier is die volledige program.

Yesterday's dream: an interview with Mxolisi James Majola

Mxolisi James Majola, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-05-09

"I was inspired by reading a book written by Ernest Hemingway, titled The old man and the sea. My mother was given a copy of this book by her employer when I was 10 years old. I started to read that book, and from there my love for reading books has never stopped."

Verkiesing 2019: ver van ’n uitgemaakte saak

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-05-08

"So onlangs as drie jaar gelede sou dit byna heiligskennis gewees het om te wonder of die ANC nog na 2019 sal regeer. Nou is die vraag nie meer of die ANC sal regeer nie, maar wie gaan oorneem."

Bibi Slippers in gesprek met Andries Visagie: verslag en klankopname

J.V. Blignaut, SZ Minnaar Skrywersonderhoude 2017-05-08

"Deur nie Facebook te hê nie, kan jy nie meer uitstal wat jy besig is om te doen nie, maar eerder die tyd gebruik om meer van iets anders te doen, soos om meer boeke te lees."

Karel Schoeman (1939–2017)

Joan Hambidge Poësie 2017-05-06

"Oor afskeid en vertrek,
stilte en eensaamheid,
die dood, ’n onbestemde land,
het jy in vele romans verken."

Sophia Andrews-Van Rooyen: Manjifieke klein mezzo se groot stem word stil

Lisba Vosloo Musiek 2017-05-05

"Sophia Andrews was die hoofmezzosopraan van die Eoan Opera-groep van 1956 tot die vroeë 1970’s. Sy was een van die topsangers wat Eoan opgelewer het en was veral bekend vir haar rol as Azucena in Il Trovatore."

Karel Schoeman: Meester-klipkapper van die Afrikaanse woord

Helize van Vuuren In memoriam 2017-05-05

"Ons gedenk jou, meester-klipkapper van die Afrikaanse woord, wat ons met nuwe oë na die land en sy mense laat kyk."

Top