Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die oorlog teen vroue
2017-05-31"Vir te lank is mans die boodskap gegee dat vroueliggame maar die setel en uitlaatklep vir hul woede kan wees, dat daar geen gevolge vir hulle sal wees nie."
Dis jou koesister en my koeksister
2017-05-31Internasionale Museumdag: "Die doel daarvan is om mense bewus te maak van die belangrike rol wat museums in die samelewing speel. Vanjaar se tema is ‘Museums en omstrede geskiedenisse: sê die onsêbare in museums.’"
Offerlam word Sacrificed: ’n onderhoud oor die vertaling
2017-05-30"Ek het skoon in tale begin droom. Dit was egter vir my ’n geweldig verrykende ervaring. Dit het my opnuut laat besef hoe soepel Afrikaans is en hoe uniek ’n mens jou daarin kan uitdruk."
Bart Luirink: ’n onderhoud oor ZAM
2017-05-30"Op die journalistieke en creatieve vriendschap bouwt ZAM voort. We beperken ons daarbij niet langer tot Zuid-Afrika. We maken een online magazine dat het werk van Afrikaanse onderzoeksjournalisten, fotografen en andere creatieven onder de aandacht van een internationaal publiek wil brengen."
VraNet: Nuttige wenke vir kosmaak
2017-05-24"Onthou net, mens vat nooit ’n mes sonder om ’n ruildingetjie daarvoor te gee nie. Dis ’n ouvroustorie, maar ek het dit nog nie gebreek om uit te vind wat gebeur nie. Ek wil ook nie die kans waag nie."
’n Kyk na Tom Lanoye se Hugo Claus-lesing – deur die bril van Herman Meulemans
2017-05-24"Ek het Herman Meulemans se resensie van Tom Lanoye se Hugo Claus-lesing ... met groot belangstelling gelees. Ek is veral deur twee sake getref: enersyds, die inhoud van Lanoye se 'diep doorleefde, passionele' Hugo Claus-lesing ... soos deur Meulemans opgesom; andersyds, Meulemans se resensie van die betrokke lesing."
’n Visie vir Afrikaans
2017-05-23"As prestasie en uitnemendheid die kenmerk van Afrikaans bly, sal dit nie misgekyk word nie. Belangrik is egter dat hierdie uitnemendheid met groter oorgawe as ooit vantevore gedeel moet word met landgenote vir wie Afrikaans dikwels ’n geslote boek bly."
Zuptastan: hof of stembus?
2017-05-23"Ons kan nie op die howe steun om oplossings te vind vir politieke probleme nie. Ons politici en ons kiesers moet dit doen – met elke tussenverkiesing, met elke protesoptog en uiteindelik met die nasionale verkiesing in 2019."
Die verantwoordelikheid van uitgewers – die Wiid-geval
2017-05-23"Die afgelope week of wat woed daar ’n fel debat oor die aanvegbare stellings wat Gretha Wiid maak oor homoseksualiteit in twee boeke, Lyfslim vir seuns en Lyfslim vir meisies. Hierdie stellings het groot ontsteltenis veroorsaak, veral in die sosiale media ..."
Wat moet ons met ons kerk doen?: ’n onderhoud
2017-05-23"Dit voel vir my egter asof die vraag nie soseer by die godsdiens lê nie, maar by die optrede van sommige mense wat hulself Christene noem en dikwels die amptelike gesig van die kerk verteenwoordig."
The working poor, the fractures in the ANC and the South African situation: an interview
2017-05-23"So, there are only really two options … in politics. You somehow make the changes in the interests of most of the big players. So, you would somehow persuade the ANC, the EFF and the DA that these pieces of change are in their interest – which is, at the very least, a complex process. It’s not reachable because, generally speaking, people in politics, and particularly in South Africa, have a conservative bent; they want to keep things as they are."
Depressie, selfdood en Eugène N Marais
2017-05-22"Karel Schoeman se onlangse dood het opnuut die aandag gevestig op ’n ander groot Afrikaanse letterkundige, Eugène Marais, wat besluit het om ’n einde aan sy lewe te maak."
Noord-Kaapse spookdorpe: Foto's
2017-05-18Kyk na foto's van 'n handvol van die Noord-Kaap se spookdorpe.
Kunste Onbeperk: paneelgesprekke oor die stand van Afrikaanse musiek by kunstefeeste
2017-05-18"Die gehalte van musiek by feeste is iets waaroor gehore al vir jare kla. By vanjaar se KKNK het Deon Maas opskudding in musiekkringe en op sosiale media veroorsaak met sy rubriek oor musiek wat in Krit verskyn het."
Kinders se leesprobleme: is daar oplossings?
2017-05-18"Ongeletterde ouers kan stories vertel en hulle kinders aanmoedig om te luister, aandag te gee en die stories te herhaal. Maak die kinders bewus van klanke, vorme en kleure."
"Nazi"-plakkate op Stellenbosch: Benewelde denke en skimsimboliek
2017-05-18"Soos dinge uitgewerk het, het die twee prente wat hulle van Nazi’s aangepas het, net hul eie simpel denke vergestalt. Geen ironie dáár nie – rassisme in Suid-Afrika is ’n snerpende en gevaarlike patologie."
Karel Schoeman (1939–2017) – herinneringe aan die buitestander
2017-05-17"Skielik het ek Karel Schoeman diagonaal oor einste daai 'onbeboude blok plus windpomp' aangestap sien kom. Regop en rustig, met ’n wandelstok in sy hand, geklee in ’n kakiebroek met bruin baadjie, serp om en hoed op."
Eurovision-liedjiekompetisie 2017: meertaligheid, diversiteit en die siel van Europa?
2017-05-17"En hier is die raakpunt tussen Suid-Afrika en die Eurovision-liedjiekompetisie: niemand praat oor dit wat werklik saak maak nie."
Klim op die Bant Wagon deur Nick Charlie Key, ’n mediese beskouing
2017-05-17"Die kernboodskap van hierdie dieetpatroon is dat ons onsself moet losmaak van die gevestigde dieetpatroon soos deur die Amerikaners voorgestel, en moet ag slaan op navorsing wat toon dat gesonde vette ryk aan omega 3-vetsure nie so skadelik is as wat voorheen aan ons voorgehou is nie."
Waarheen met Afrikaans?
2017-05-17"Meertaligheid in ’n meertalige land soos Suid-Afrika is dus geen luukse nie, maar ’n voorvereiste vir ware demokrasie en inklusiewe ontwikkeling. Ons behoort almal minstens drie tale te kan praat."
