Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
’n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag
2017-04-13"Die vernakulêre style soos uitgebeeld in die twee Afrikaanse poniekoerante is nie – soos daar baie keer aangevoer word – slegs ’n verlengstuk van Engels nie, maar het nog die vermoë om met oorspronklike Afrikaanse skeppings vorendag te kom en Afrikaans op dié wyse te voed en te laat groei."
Is Suid-Afrika faktap?
2017-04-13"Sielkundiges, sosioloë en kriminoloë is dit almal eens: samelewingsdruk maak mense emosioneel afgestomp, egosentries, arrogant en hardvogtig. In dié kultuur van minagting heers ’n gebrek aan dissipline en, veral, wedersydse respek."
Waarom ek nie vandag gaan betoog nie
2017-04-12"Hoe graag ek ook al ’n meer bekwame en minder korrupte president aan die stuur van sake in Suid-Afrika sal wil hê, en veiliger wil voel in my eie land, kan ek nie sien hoe die verwydering en vervanging van huidige politieke leiers ons land ten beste sal verander tensy die harte, gedagtes en ingesteldheid van die meerderheid wit Suid-Afrikaners, wat so gretig is om vandag te gaan betoog, onherroeplik verander word nie."
He “brightened the corner”: decolonial AC Jordan and the quest for an equitable education system in apartheid South Africa
2017-04-12“The value of decolonial thought lies in that it seeks to demolish narrow Eurocentric universalism of epistemologies; it elects to install pluriversality that recognises other knowledges in their loci of enunciation.”
Daai een dag in April
2017-04-12"Dit dreun deur die strate. Zuma must fall, Zuma must fall, Zuma must fall. Later klink die refrein so gemaklik in jou eie ore dat jy amper begin glo dat dit kan gebeur."
Afrikaans in die Laaglande-toerdagboek: inskrywing 9
2017-04-12"In my ganse lewe sal ek nooit Mustafa se gesigsuitdrukkings vergeet terwyl hy na my musiek luister, skemeraand op ’n bus deur die strate van Brussel nie."
Die vreemde China onder die knie van Elkarien Fourie
2017-04-12Etienne Britz bespreek Elkarien Fourie se boek oor China aan die hand van sy eie ervarings van dié oeroue, eksotiese, maar vinnig moderniserende land.
Die rebellie van Lafras Verwey – ’n onderhoud met Simon Barnard
2017-04-12"Daarom wil ek toekomstige kykers van Die rebellie uitdaag om dieper te kyk. Na jouself. ĺn jouself. En na ander. Want die storie van eensaamheid, al is jy tussen mense, is nie net Simon of Lafras se storie nie. Dis ons elkeen se storie."
Die reuk van appels by KKNK 2017: ’n onderhoud
2017-04-12"Dit was van die begin af vir ons belangrik dat dit Die reuk van appels op die verhoog moes wees, en nie bloot ’n toneelstuk wat daarop gegrond is nie."
Poetry slam as therapy sessions
2017-04-10"Poetry slam sessions, says d’Abdon, are places where young people can 'voice their dissatisfaction, channel their anger and heal'."
Robert Greig on the language debate at Stellenbosch University
2017-04-10"Perhaps those who cherish Afrikaans, speak it, write it and exist in it would be better off considering new mechanisms to preserve it through action."
Enkele woorde oor Henning Snyman
2017-04-07"’n Opvallende kenmerk was dat hy sy uitstaande intellek met sy geloof kon integreer, en die insigte van die wetenskap as deel van die goddelike openbaring geïnterpreteer het."
Suid-Afrika sê dankie, Msholozi
2017-04-07"Meer as een kommentator het Zuma se bewind vergelyk met ’n huwelik waar geweld en misbruik aan die orde van die dag is. Op 7 April het gewone Suid-Afrikaners hul voorneme om ’n egskeidingsbevel te verkry, aangekondig."
Hugo Claus, Tom Lanoye, Protea, Vlaandere en Suid-Afrika
2017-04-06"Na aanleiding van die onlangse Hugo Claus-lesing deur Tom Lanoye in Antwerpen, hiermee my persoonlike ervaring van verhoudinge tussen Suid-Afrika en Vlaandere."
Koeëlreën deur Wollie Wolmarans en Japie Bogaards, ’n onderhoud
2017-04-05"Die misdadiger laat nooit (amper nooit) sy wapen op ’n misdaadtoneel nie, maar uit die doppies kan ek as deskundige baie inligting verkry en selfs uit die koeëlgate kan daar baie geleer word."
Katinka Heyns: ’n onderhoud
2017-04-05"Ek is dankbaar vir die beroepsgeleenthede wat ek gehad het en die fantastiese ondersteuning van soveel mense daar buite. Ek is ook dankbaar dat die branders wat my en my familie soms onverhoeds betrap het, ons sterker leer swem het."
Rommelstatus en die politieke wildernis vorentoe
2017-04-04"Hou voorts in gedagte dat selfs al is Zuma dan nie meer president van die land nie, hy nog steeds president van die ANC is ..." Bettina Wyngaard oor rommelstatus en die moontlike mosie van wantroue in die president.
Oor Afrikaans op Stellenbosch
2017-04-04"Dit bly steeds vreemd dat die debat oor die toekoms van Afrikaans op Stellenbosch so selektief gefokus word op net sekere aspekte daarvan wat nie altyd die kernaspekte is nie, en dan belangriker aspekte ignoreer."
Gedigkompetisie: ’n onderhoud met die wenners
2017-04-04"Gedigte doen hulself voor as momente. Soms is ek te laat – die woorde het my dan verbygegaan. Maar dis goed so. Want dalk was dit iets wat ongesê moes bly." Die wenners van LitNet se gedigkompetisie "Huis, woning, tuiste" gesels oor hulle huise, boeke en skryfwerk.
Afrikaans in die Laaglande-toerdagboek: inskrywing 8
2017-04-04"En ek hoop dat Europa dit ook sal leer: dat ’n volk en ’n taal se voortbestaan nie afhang van eksklusiwiteit of segregasie nie."
