Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Taal, toegang en transformasie

Hanru Niemand Universiteitseminaar | University Seminar 2017-03-08

"Suid-Afrikaanse instellings moet hulle verbind tot regstelling van die skade van die verlede, maar hoef nie kulturele selfmoord te pleeg in boetedoening nie, want die gevolg van so ’n selfmoord lei eweneens tot nuwe strukturele ongelykhede."

Regsalmanak: Sandverkope – inkomste of kapitaalwins?

Gustaf Pienaar Rubrieke 2017-03-08

"Dit spreek vanself dat as die sand eenmaal van die plaas af verwyder is, dit op geen manier aangevul kan word nie en dat die voortdurende verwydering van sand van die plaas af klaarblyklik die waarde daarvan verminder."

US Woordfees 2017: Die toekoms van hoër onderwys in Suid-Afrika

Liné Loff Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-08

"Suid-Afrikaanse universiteite het die besonderse vermoë om ten spyte van die gebrek aan ondersteuning en hulpbronne steeds hoë akademiese standaarde te handhaaf."

Ngũgĩ wa Thiong’o: Decolonising the mind

Mercy Kannemeyer Menings 2017-03-08

"If you know all the languages of the world, but not your mother tongue, that is enslavement. Knowing your mother tongue, and all other languages too, is empowerment."

Die internasionale vrouestaking

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-03-08

"8 Maart is Internasionale Vrouedag. Hierdie jaar, hoop organiseerders, gaan dit ook die dag wees waarop vroue dwarsoor die wêreld gaan staak. Alle vroue is veronderstel om hulle te weerhou van enige werk, betaald of onbetaald, in die tuiste of buite die tuiste."

Moet ons bang wees vir vals nuus?

Herman Wasserman Seminare en essays 2017-03-07

"In die sogenaamde postwaarheid era sal goeie joernalistiek steeds feite as heilig moet beskou om uit te styg bo die droesem van vals nuus. Maar feite alleen is nie genoeg nie. Net die waarheid, en niks minder as die waarheid nie, sal deug."

US Woordfees: Afrikaans raak my nie, traak my nie?

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-07

"Afrikaans raak ons en traak ons."

Syferfontein, ’n onderhoud

Cas Wepener, Trisa Hugo Skrywersonderhoude 2017-03-07

"Suinigheid is ’n siekte. Godsdiens kan insgelyks baie maklik patologies word. En saam glo ek is die twee ’n heerlike kombinasie om ’n karakter soos Peet mee te ontwikkel, veral in iemand soos Peet wat sy verwronge teologie gebruik om sy optrede te regverdig."

Selfoonwoordeboeke, ’n onderhoud

Estelle Kruger, Michele van der Merwe, Carina America Onderhoude 2017-03-07

“Woordeboeke moet as kennisbron gesien word – houers vol nuttige taalkundige inligting.”

US Woordfees 2017: Sing jy van bomme, ’n onderhoud

Ryk Hattingh, Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-07

"Dertig jaar gelede was Suid-Afrika in die greep van ’n magtige militêre masjien met sensuur en indoktrinasie en ongelykheid as grondbeginsels. Die land is bevry van dié ongeregtighede. Nou is daar egter uiteraard nuwe monsters om aan te vat."

Die dag toe ek my hare verloor het

Valda Jansen Menings 2017-03-05

"Die dag toe ek die knop in my bors voel, onthou ek die droom."

Xenofobiese aanvalle: vrees of haat?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-03-03

"Dis nie maklik om in ’n vreemde land aan te pas nie. Die mense praat vreemde tale. Hulle gebruik idiome wat jy nie verstaan nie. Hulle eetgewoontes is anders. Hulle kultuur is anders. Dinge wat in jou kultuur aanvaarbaar is, is nou skielik onvanpas."

Zuid-Afrikahuis: Programma, April 2017

LitNet NeerlandiNet 2017-03-01

Die Zuid-Afrikahuis bied in April ’n opwindende program aan, met lesings, dokumentêre, gesprekke en films oor Suid-Afrika en Afrikaans. Hier is die volledige program.

LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus

Gerda Odendaal Resensies 2017-03-01

"Kaaps in fokus gaan ten slotte oor mense, want '[d]ie soppangheid van Kaaps is in die laaste instansie nie net ’n linguistiese kwessie nie, maar wesenlik een van die waardigheid van alle sprekers van Afrikaans' (Willemse, 81). En dit is juis hierdie kenmerk van Kaaps in fokus wat dit so ’n tydige en relevante publikasie maak."

Drif by US Woordfees 2017

Mari Borstlap, Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-03-01

“Die teks is dig en ryk en die karakters kompleks, maar ek is baie dankbaar vir ’n uitsonderlike rolverdeling wat hierdie magiese wa werklik met fyn aanvoeling en oortuiging deur die Drif trek.” 

Misverstand – ’n gesprek met Marita van der Vyver

Marita van der Vyver, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-03-01

"En ek soek nuwe uitdagings met elke stuk skryfwerk wat ek aanpak: ’n ander genre, ’n ander aanslag, iets wat my bang maak voor ek begin skryf."

Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans

Marike van der Watt Resensies 2017-03-01

Oorlog en terpentyn: ’n boeiende en aandoenlike verhaal – ’n kosbare altaarstuk vir ’n oupa.”

Louise Viljoen bespreek voorgeskrewe gedigte by die LOK-simposium 2017

LitNet Skole 2017-02-28

Louise Viljoen het tydens die LOK-simposium 2017 praktiese wenke vir onderwysers verskaf ten opsigte van die interpretasie van voorgeskrewe gedigte vir Afrikaans Huistaal, graad 12. Hier is haar volledige bespreking.

Goede Hoop. Zuid-Afrika en Nederland vanaf 1600, ’n bespreking

Annemarié van Niekerk NeerlandiNet 2017-02-28

“Die boek Goede Hoop is, soos die tentoonstelling, ambisieus. In 21 hoofstukke met 34 intermezzo’s vertel 27 verskillende skrywers uit albei lande, onder leiding van Martine Gosselink, hoof van Geskiedenis van die Rijksmuseum, die gedeelde geskiedenis van Suid-Afrika en Nederland, vandat die Verenigde Oost-Indische Compagnie in die 17de eeu sy Kaapse verversingspos gestig het, tot vandag.”

Juist 500 jaar na Utopia van Thomas More komt een utopische thriller uit over Zuid-Afrika

Herman Meulemans NeerlandiNet 2017-02-28

"Alleen de in 2015 overleden Zweed Henning Mankell ontwikkelt even spannende plots en heeft een even directe schrijfstijl als Deon Meyer. Het lezen van de bestseller was een revelatie voor mij."

Top