LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Dryfhout: die ontstaansgeskiedenis
2004
2007-06-13
In sellofaan verseël DJ Opperman het gesê hy praat nie oor brood in die oond nie. Dis 'n wyse beleid wat gerus deur ander skrywers gevolg kan word, want die muse is 'n kribbige ou dame wat geheimhouding van haar kliënte eis, en by ...
Erotiese verhulling as invalshoek vir outobiografiese prosa
2004
2007-06-13
Daar word beweer dat daar 'n storieboek in elkeen van ons steek. Op 'n dag, die dag toe jy jou verstand kry, trek jy 'n laai oop en daar is jou storie in al sy gedaantes en skakerings, aanwesig in 'n veelheid van fasette in tientalle vakkies en ...
Hoe dit gekom het dat ek Poppie geskryf het
2004
2007-06-13
Nou onlangs met 'n besoek aan Namibië staan ek weer langs die gruispad net buitekant Tsumeb waar ek in 1974, dertig jaar gelede, staan en kyk het na die lang konvooie vlugtelinge wat uit Suid-Angola oor die grens die destydse Suidwes-Afrika ...
'n Skedonk van misterie
2005
2007-06-13
Tot verhaal kom Uitgewers: Human & Rousseau (Pty) Ltd ISBN: 0798143533 Publikasie datum: 2003 Bladsye: 128 Formaat: Sagteband Suspended between the choice of pure history and pure fiction, the contemporary writer ...
'n Koppige relaas
2004
2007-06-13
’n Skrywer is nie altyd bewus van die rigting(s) in sy eie werk nie, het Van Wyk Louw gesê, en dis ’n goeie ding, wil ek hieraan toevoeg, want ’n alte bewuste “program” kan die vrye vloei van kreatiwiteit belemmer ...
LitNet Akademies: Mei 2004 – Vol 1
LW: Hierdie artikels is nie geakkrediteer nie
2007-06-13
LitNet Akademies: Mei 2004 Vol 1 LW: Hierdie artikels is nie geakkrediteer nie Inhoudsopgawe Afrikaans-wees in Afrika en die Wêreld 2000 Johan Degenaar ...




