LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Estetiese hoedanighede in die lewe en werk van Lorraine Botha: ’n estetiese ondersoek na pedagogiese kunstenaarskap
2009-07-15"In hierdie artikel word die hoedanighede van die pedagogiese kunstenaarskap van Lorraine Frances Botha, dosent verbonde aan die Sentrum vir Onderwysontwikkeling van die Skool vir Opvoedkunde aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, ondersoek."
Is die onderwysstelsels van die wêreld gerat vir die eise van die een-en-twintigste eeu?
2009-07-10"Die doel van dié artikel is om te bepaal in watter mate die onderwysstelsels van die wêreld in staat is om suksesvol te antwoord op die eise van die een-en-twintigste eeu en watter verstellings nodig is."
De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?
2009-07-02"Ideologies-kritiese analise van die oorvloedige polemiese literatuur rondom 'De la Rey' toon dat die liedjie beskou kan word as ’n ideologies eensydige uitbeelding van Afrikaner-identiteit."
Die argument van 'n storie – Etienne van Heerden se Asbesmiddag
2009-06-25"Ter inleiding word, in aansluiting by Jerome Bruner, twee wyses van kennisoordrag met mekaar vergelyk: die wetenskaplik-logiese en die narratiewe metode."
Die tydskrif Wurm (1966-1970) en die Afrikaanse literatuurgeskiedskrywing
2009-06-19"Hierdie artikel handel oor die verskyning van die Afrikaanse avant-garde tydskrif of “little magazine” Wurm vanaf 1966 tot 1970 en oor die evaluering daarvan deur die Afrikaanse literêre establishment."
Marlene van Niekerk se idees oor musiek en die aanwending van verwysings daarna in Agaat
2009-06-04"Alhoewel Van Niekerk verklaar dat sy musiek gebruik om karakters mee in te kleur, is sy van mening dat daar nie verbande tussen die karakters in Agaat en haarself getrek moet word nie. Tog bevestig sy hoe belangrik musiek in haar eie lewe is en hoe belangrik musiek in die lewe van die karakters in die roman is."
LitNet Akademies Jaargang 6 (1) - Maart 2009
2009-05-13 LitNet Akademies: Maart 2009 Jaargang 6 (1) Klik hier om die volledige joernaal in PDF-formaat af te laai Inhoudsopgawe 'Om leeg te word soos ’n skulp': verlies en verganklikheid in Die boek van ...Nora and the Afrikaners: Thoughts about the impact of the first professional production Henrik Ibsen's Et dukkehjem (A Doll’s House) in Afrikaans
2009-05-13"Die eerste plaaslik-geïnisieerde professionele aanbieding van ’n Ibsen-drama in Suid-Afrika was ’n Afrikaanse weergawe van Et dukkehjem (’n Pophuis, deur Paul De Groot herdoop na Geleende Geld om plaaslike gehore nie af te skrik nie), in ’n vertaling deur die merkwaardige mev. A.E. Carinus-Holtzhausen."
Liefs nie op straat nie. Die openbare rol van die intellektueel vandag
2009-05-07"In hierdie artikel poog ek om die vraag aangaande die openbare rol van die akademikus as intellektueel te kontekstualiseer aan die hand van die hedendaagse globale, neoliberale 'regeer-mentaliteit'."
Wij spreken zo niet onder ons - taalstandaardisasie en die konstruksie van identiteit
2009-04-23"Na aanleiding van die Afrikaanse negasie- en diminutiefsisteme word aangetoon hoe bepaalde identiteit- en suiwerheidsideale linguisties gekonstrueer is."
Die moderne strewe na artistieke outonomie: 'n Waardering vir 'n gefaalde projek
2009-04-16"In hierdie artikel word geredeneer dat die moderne artistieke-outonomie-strewe ’n bydrae tot emansipasie in die algemeen gelewer het, hoofsaaklik deur die geweld verbonde aan korrespondensiedenke te ondergrawe."
Religie en Bernard Stiegler se "otium van die volk"
2009-04-02"In hierdie artikel word die eietydse filosoof Bernard Stiegler se begrip van die “otium van die volk” as nastrewenswaardige geestelike en politieke ideaal krities ondersoek."
Verbrande Paradys: verwikkelde verhoudings in 'n gemaklike vertelstyl
2009-03-25 "Hans du Plessis se jongste roman, Verbrande Paradys, is ’n fiktiewe verhaal oor die hedendaagse probleme waarmee die plaaseienaars van Vredefortkoepel worstel."Die produksiegehalte van Palindroom en Kladboek deur Joan Hambidge as gevallestudies binne die uitgewersbedryf
2009-03-20"Hierdie artikel ondersoek die produksiegehalte van uitgewershuisprodukte. Binne hierdie konteks word Palindroom (2008) en Kladboek (2008) as gevallestudies aangewend om te bepaal hoe die verskillende produksiekettings by verskillende uitgewershuise se finale produkte daar uitsien."
Duiwelskloof: geskiedenis, storie en oraliteit
2009-02-26"André P. Brink se Duiwelskloof bied perspektief op die belangrikheid van orale tradisie in die samelewing deur te kyk na die rol wat stories in ’n gemeenskap speel."
Die digkuns van Johann de Lange met spesifieke verwysing na Nagsweet
2009-02-20"Die tekste dwing die leser om verby die oppervlak te delf en die tekste as emblema van dieperliggende wonde te sien."
“Om leeg te word soos ’n skulp”: verlies en verganklikheid in Die boek van toeval en toeverlaat
2009-02-13"Verlies en verdriet staan sentraal in die oeuvre van Lettie Viljoen / Ingrid Winterbach."
LitNet Akademies Jaargang 5 (3) - Desember 2008
2009-02-13 LitNet Akademies: Desember 2008 Jaargang 5 (3)’n Middelnederlandse teks vir die moderne Afrikaansklaskamer
2009-02-05"Weens die feit dat Afrikaans ’n betreklik jong taal is en ’n jong literêre tradisie het, bestaan daar geen werklike eweknieë vir tekste soos Chaucer of Shakespeare in die Afrikaansklaskamer nie."
Naamgewingstrategieë in André P. Brink se Duiwelskloof en Devil’s Valley: ’n vergelykende perspektief
2009-01-29"Die konteks van die Afrikaanse weergawe met die kenmerkend Afrikaanse name van die karakters bied aan enige vertaler ’n groot uitdaging wanneer daar gewerk word met taal- en kultuurgebonde name wat ook boonop 'betekenisvol' is en gelaai is met konnotasies en assosiasies."




