LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Religie en Bernard Stiegler se "otium van die volk"

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-04-02

"In hierdie artikel word die eietydse filosoof Bernard Stiegler se begrip van die “otium van die volk” as nastrewenswaardige geestelike en politieke ideaal krities ondersoek."

Verbrande Paradys: verwikkelde verhoudings in 'n gemaklike vertelstyl

Cari Coetzee, Cari Coetzee 2009-03-25 "Hans du Plessis se jongste roman, Verbrande Paradys, is ’n fiktiewe verhaal oor die hedendaagse probleme waarmee die plaaseienaars van Vredefortkoepel worstel."

Die produksiegehalte van Palindroom en Kladboek deur Joan Hambidge as gevallestudies binne die uitgewersbedryf

Reinhardt Fourie LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-03-20

"Hierdie artikel ondersoek die produksiegehalte van uitgewershuisprodukte. Binne hierdie konteks word Palindroom (2008) en Kladboek (2008) as gevallestudies aangewend om te bepaal hoe die verskillende produksiekettings by verskillende uitgewershuise se finale produkte daar uitsien."

Duiwelskloof: geskiedenis, storie en oraliteit

Helize van Vuuren, Anne-Mart Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-02-26

"André P. Brink se Duiwelskloof bied perspektief op die belangrikheid van orale tradisie in die samelewing deur te kyk na die rol wat stories in ’n gemeenskap speel."

Die digkuns van Johann de Lange met spesifieke verwysing na Nagsweet

Joan Hambidge LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-02-20

"Die tekste dwing die leser om verby die oppervlak te delf en die tekste as emblema van dieperliggende wonde te sien."

“Om leeg te word soos ’n skulp”: verlies en verganklikheid in Die boek van toeval en toeverlaat

Thys Human LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-02-13

"Verlies en verdriet staan sentraal in die oeuvre van Lettie Viljoen / Ingrid Winterbach."

LitNet Akademies Jaargang 5 (3) - Desember 2008

2009-02-13 LitNet Akademies: Desember 2008 Jaargang 5 (3)

’n Middelnederlandse teks vir die moderne Afrikaansklaskamer

Terrence R Carney LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-02-05

"Weens die feit dat Afrikaans ’n betreklik jong taal is en ’n jong literêre tradisie het, bestaan daar geen werklike eweknieë vir tekste soos Chaucer of Shakespeare in die Afrikaansklaskamer nie."

Naamgewingstrategieë in André P. Brink se Duiwelskloof en Devil’s Valley: ’n vergelykende perspektief

Bertie Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-01-29

"Die konteks van die Afrikaanse weergawe met die kenmerkend Afrikaanse name van die karakters bied aan enige vertaler ’n groot uitdaging wanneer daar gewerk word met taal- en kultuurgebonde name wat ook boonop 'betekenisvol' is en gelaai is met konnotasies en assosiasies."

Nomades, oorlogmasjiene, Freud en The Doors: ’n Skisoanalise van Alexander Strachan se “Visioen” (1984) met verwysing na Apocalypse Now

Willem Anker LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-01-22

"Die artikel bied ’n Deleuze-Guattariaanse lesing van Alexander Strachan se kortverhaal 'Visioen' uit sy debuutbundel, ’n Wêreld sonder grense (1984), met Francis Ford Coppola se film Apocalypse Now as ’n belangrike interteks wat deurlopend bygehaal word."

Die opleiding en praktyke van die onderwyser as kunstenaar

Jannie Pretorius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-01-16

"In hierdie essay word geargumenteer dat die onderwys meer van ’n kunstige as ’n wetenskaplike aard vertoon, en dat die onderwyser eerder ’n pedagogiese kunstenaar as die aanbieder van resepmatige klasse behoort te wees."

Liggaam, teks en parateks in Antjie Krog se Verweerskrif

Adéle Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-12-04

"Hierdie artikel fokus in die eerste plek op dié voorblad en titel as paratekste, met die klem op die wyse waarop die voorblad en die titel as drempels vir interpretasie dien."

Die meer “beskeie” opsies van ’n “buitestander”: M. Nienaber-Luitingh in die Afrikaanse literêre sisteem

Hennie van Coller, Bernard Odendaal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-11-25

"Maar hoe tree ’n mens as buitelander, oftewel “buitestander”, tot ’n literatuursisteem soos die Afrikaanse toe as jy nie van huis uit met sodanige literêre gesag en aansien beklee is nie?"

“Onder my duim lê die fyn sintaksis van jou strot”: Krog in gesprek met Pablo Picasso

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-11-20

"So gesien, is die manier waarop Krog tekste met mekaar integreer, in mekaar inbed en met mekaar in gesprek laat tree, ikonies vir die wyse waarop sy die vorming van nuwe inklusiewe groepsidentiteite in Kleur kom nooit alleen nie vergestalt ..."

LitNet Akademies Jaargang 5(2) - Oktober 2008

2008-11-13 LitNet Akademies: Oktober 2008 Jaargang 5 (2)

Portrette van en gesprekke met vaders: die vader-dogter-verhouding in die werk van enkele vrouedigters

Marius Crous LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-11-12

"In hierdie artikel word die vader-dogter-verhouding in die werk van vier gekanoniseerde digteresse, te wete Elisabeth Eybers, Olga Kirsch, Lina Spies en Joan Hambidge, ondersoek."

Die verwerking van trauma in twee Afrikaanse romans

Johan Anker LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-11-05

"Hierdie artikel bespreek die uitbeelding van trauma in twee onlangse Afrikaanse romans: Stiltetyd deur Marita van der Vyver (2006) en Chinchilla deur Nanette van Rooyen (2007)."

’n Menswetenskap in onmenslike tye: Dreyer Kruger en die fenomenologiese sielkunde in Suid-Afrika, 1976–1990

Desmond Painter LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-10-29

"Hierdie artikel bespreek die ontwikkeling van die fenomenologiese sielkunde in Suid-Afrika van die middel-1970's tot 1990, met spesifieke verwysing na die pionierswerk van Dreyer Kruger en sy tydgenote by Rhodes Universiteit."

Die ANC/SAKP en die USSR. Deel 1: Wêreldbeskouings

Leopold Scholtz, Ingrid Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-10-21

"Die geykte siening van die bondgenootskap tussen die ANC/SAKP en die Sowjetunie is dat dit ’n geleentheidshuwelik was, sonder ideologiese affiniteit."

Die ANC/SAKP en die USSR. Deel 2: Gevallestudies

Leopold Scholtz, Ingrid Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-10-21

"In die eerste aflewering van dié beskouing is gekyk na die ooreenkomste tussen die wêreldbeskouings van die USSR enersyds en die ANC en SA Kommunistiese Party andersyds."

Top