LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte
2011-07-07 Hierdie artikel vorm die eerste deel van ’n tweedelige studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer. Die belangrikste eienskap van hierdie genre is die ...Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte
2011-07-07"Hierdie artikel vorm die eerste deel van ’n tweedelige studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer."
Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ’n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van Willemien Brümmer
2011-07-07"Hierdie artikel vorm die tweede deel van ’n studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer."
Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur
2011-06-22 Die uitgangspunt van hierdie artikel is dat die sogenaamde middelmoot-literatuur ’n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. In die eerste plek veronderstel dit ’n onderskeid tussen “hoë” en “lae” vorme van kultuur/literatuur – ’n onderskeid ...Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur
2011-06-22"Die uitgangspunt van hierdie artikel is dat die sogenaamde middelmoot-literatuur ’n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. In die eerste plek veronderstel dit ’n onderskeid tussen 'hoë' en 'lae' vorme van kultuur/literatuur – ’n onderskeid wat in die postmodernistiese era voorkom."
Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling van 21ste-eeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde
2011-06-15"Binne die raamwerk van sowel buitelandse digitaliseringsprojekte as die digitale geesteswetenskappe bespreek hierdie artikel die vordering wat binne die eerste jaar gemaak is, die lesse wat geleer is, en die potensiaal wat digitalisering binne die Afrikaanse letterkunde inhou."
Die Nasionale Party se amptelike beleid teenoor die kleurlingstemregkwessie, 1925–1939: Politieke opportunisme of beginselvastheid?
2011-06-08"Die vernaamste bevinding van hierdie artikel is dat die NP se beleid teenoor die kleurlinge nie beginselvas was nie, maar ’n voorbeeld van politieke opportunisme."
LitNet Akademies Jaargang 8(1) - Maart 2011
2011-06-03 LitNet Akademies: Maart 2011 Jaargang 8(1) Klik hier om die volledige joernaal in PDF-formaat af te laai. Inhoudsopgawe LitNet Akademies: Geesteswetenskappe-afdeling Wysgerige perspektiewe op die ..."My sonde is steeds voor my": Die rol van belydenis in C. Louis Leipoldt se Die heks (1923)
2011-05-25"In hierdie artikel word die geldigheid van bogenoemde besware oorweeg aan die hand van die belangrike rol wat belydenis in Die heks speel."
Deugde en karaktersterktes as voorspellers van akademiese prestasie
2011-05-19"Die doel van hierdie studie was om empiriese data rakende die verhouding tussen akademiese prestasie en Peterson en Seligman (2004) se deugde wysheid en kennis te verskaf terwyl daar vir intelligensie gekontroleer word."
Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van 'n buitestander
2011-05-11"Die resultate van die ondersoek, die publikasies van Polebridge Press en die “On the road”-seminare dra by tot broodnodige gesprekke in die VSA oor die rol van godsdiens in die samelewing."
’n Bydrae tot die rangordebepaling van akademiese tydskrifte
2011-05-05"In hierdie artikel word ’n algoritme beskryf wat poog om uit verwysingsdata ’n maatstaf van die invloed van ’n tydskrif in die akademiese omgewing te bepaal."
Deur die loergat: ’n Ondersoek na die voyeuristiese elemente in Johann de Lange se "Olympia"
2011-04-20"Die term voyeurisme word gewoonlik tot die gebied van die sielkunde gereken, waar dit gebruik word om ’n seksuele abnormaliteit of afwyking te beskryf. Hierdie siening stigmatiseer egter die verskynsel van voyeurisme as ’n perverse handeling."
’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport
2011-03-17"Godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in die dagblad Beeld en die Sondagkoerant Rapport kom hier aan die orde, omdat sodanige verwysings soms prominent in opskrifte en beriggewing voorkom en dus (waarskynlik onbedoeld) ’n sekere blikpunt bied op gewone (veral Afrikaanse) mense se geloofsreaksies op die traumas wat met misdaad en ongelukke gepaard gaan."
Wie behoort die gespreksgenote te wees van Ou-Testamentiese Etiek as ’n onderafdeling van die Ou-Testamentiese Wetenskap?
2011-03-09"Die Ou-Testamentiese Etiek word in hierdie artikel in oënskou geneem vir sover dit die plasing daarvan binne die Ou-Testamentiese Wetenskap en die implisiete gespreksgenote daarvan aangaan."
Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans
2011-02-28"In hierdie artikel word die funksionalistiese vervreemdings- en domestikeringsbenaderings bespreek as basis vir die motivering vir die gebruik van parateks in oorwegend vervreemdende doeltekste, met spesifieke fokus op Die Agterhuis."
Oor die veelduidigheid van tekste
2011-02-14"Met die fokus op religieuse, en meer spesifiek bybelse, tekste ondersoek die artikel die interne oorsake van veelduidigheid vanuit ’n taalkundige, literêr-teoretiese, historiografiese en filosofiese perspektief en kom dit tot die slotsom dat dit ’n onomseilbare gegewe in die huidige opset is met sowel positiewe as negatiewe dimensies."
Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal
2011-02-07"In ooreenstemming met sosiologiese navorsing word daar gevolglik aangetoon dat normloosheid in Afrikaanse en internasionale ekstreme metal nie bloot die verwerping van dominante norme behels nie, maar ook die skep van alternatiewe norme, wat ook sosiale kohesie tot gevolg het."
“’n Mens se plig lê altyd in die hede”: ’n Zen-Boeddhistiese aanvulling tot Bernard Stiegler se rolprentmatige fenomenologie van die tyd en die bewussyn
2011-02-01"In hierdie artikel betoog ek dat die diagnose van, en kuur vir, eietydse Westerse moderniteit wat Bernard Stiegler voorstel, ’n belangrike bydrae lewer tot die voortgaande ontwikkeling van die visie van ’n regverdige, erbarmlike maatskaplike wêreldorde, maar dat sy bydrae versterk mag word deur ’n dialoog met die Zen-Boeddhisme."
Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning
2011-01-27"Gelees as historiese roman, postkoloniale roman of ’n trauma-narratief, stel hierdie werk een van die mees genuanseerde verkennings van die balans tussen historiese en ontologiese trauma in die Afrikaanse letterkunde daar."




