LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Ondersoek na die impak van ’n akademiese geletterdheidsintervensie op eerstejaarstudente se akademiese taalvermoë

Tobie van Dyk 2011-12-08 Deurvloeikoerse aan universiteite is kommerwekkend laag en daar is verskeie redes hiervoor. Die mees voor die hand liggende en wyd gedokumenteerde is die skoolstelsel se versuim om leerders voldoende vir universiteitstudie voor te berei.

“’n Almanak van klippe”: Laatwerk en Breyten Breytenbach se Die beginsel van stof (laat-verse, sprinkaanskaduwees, aandtekeninge)

Helize van Vuuren 2011-11-30 Teoretiese aspekte van laatwerk en laat styl, soos uiteengesit deur veral Theodor W. Adorno, Kenneth Clark en Edward Said, word gebruik om Breytenbach se “skemerbundel”, Die beginsel van stof, te ontleed. Vanuit ’n vergelykende literêre ...

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: ’n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syfervaardigheidsprobleme

Michael le Cordeur LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-11-30

Hierdie artikel ondersoek eerstens die waarde van moedertaalonderrig vir leerderprestasie teen die agtergrond van die lae vlak van geletterdheid en syfervaardigheid.

’n Jungiaanse perspektief op die reekstekeninge van ’n seksueel mishandelde kind

2011-11-22 ’n Groot aantal kinders is slagoffers van seksuele mishandeling. Hierdie slagoffers presenteer met ’n wye verskeidenheid biopsigososiale gevolge wat hulle sosiale en emosionele ontwikkeling strem. Dit impliseer dat terapeutiese hulpverlening vir hulle ...

Leergesprekke in universiteitsklaskamers: ’n Herwaardering

Gert van der Westhuizen 2011-11-18 Hierdie artikel bied ’n herwaardering aan van die waarde wat klaskamergesprekke kan hê vir doeleindes van leer. Dit is gebaseer op ’n ontleding van verskillende teoretiese perspektiewe op en gespreksontledingstudies van die aard van leergesprekke.

Stellenboschstudente se rol in die vestiging van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch

Pieter Kapp 2011-11-15 Die Afrikaanse literatuur gee uitgebreide aandag aan die geskiedenis van die pioniers van Afrikaans. Die belangrike rol van die jong studente aan die destydse Victoria Kollege op Stellenbosch kry egter weinig aandag. In werklikheid het hulle ’n groot rol in die ...

“Dit kom daarop neer dat ek nie vergete was nie”: Die vroulike liggaam, gender en geweld in Suid-Afrikaanse slawenarratiewe

Jessica Murray LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-11-11

"Hierdie artikel bied ’n narratiewe ontleding van sowel historiese hofstukke as geselekteerde Suid-Afrikaanse romans wat fokus op slawerny in die Kaapkolonie."

“Moetie rai gammattaal gebrykie”: Die gebruik en waarde van ’n Tienerkaaps in gedrukte advertensies

Elvis Saal, Joline Blignaut Academic research 2011-11-10

Adam Small het met sy gebruik van Kaaps in sy dramas en digbundels daarin geslaag om Kaapse Afrikaans as literêre skryftaal te vestig. In hierdie studie word aan die hand van Howard Giles se sogenaamde Kommunikasie-akkommodasieteorie ...

Die aard en funksie van straatname soos geïllustreer deur straatnaamtoekenning en -verandering

Johan Moll 2011-11-10 Van die belangrikste teoretiese beskouings oor die aard en funksie van straatname word in hierdie artikel van nader bekyk. Straatname toon ’n verbintenis met ruimte en semiotiek en vorm deel van die kollektiewe geheue van ’n samelewing. Net so belangrik  ...

Sluikreklame in sport

2011-11-03 Professionele sport en groot internasionale sportbyeenkomste wek baie belangstelling by toeskouers. Ondernemings poog om hierdie belangstelling te benut vir reklame-doeleindes. Sommige ondernemings bestee honderde miljoene rande om as ...

Onderweg na goeie wetenskap 3: Voorwaardes vir die beste moontlike wetenskap

Braam Roux, Fanie de Beer 2011-10-26 Wetenskap beklee ’n uiters belangrike plek in ons wêreld, wat besinning daaroor en pogings om dit te verbeter, verklaar. In hierdie artikel probeer ons rekenskap gee van belangrike aspekte wat in die beste moontlike wetenskap verreken moet word, en wat  ...

Who Framed Roger Rabbit en die moontlikheid van outentieke wêrelde in fiksie

André Crous 2011-10-26 Enige soort narratiewe film bied ’n besondere wêreld aan die kyker. Dit is ’n fiktiewe wêreld, op verskillende maniere verwyder van ons onmiddellike wêreld, maar wanneer ’n uitspraak oor ’n film se realisme gemaak word, kan dit slegs gedoen word deur die ...

Taalverskuiwing en taalhandhawing in die Afrikaanse gemeenskap: Tendense en toekomsperspektiewe

Jaap Steyn, André Duvenhage 2011-10-21 Navorsing deur Schlemmer (2010) toon aan dat taalverskuiwing na Engels in ’n redelik groot mate by bruin Afrikaanssprekendes en in ’n geringer mate by wit Afrikaanssprekendes plaasvind. Ook is daar ’n groot toename in taalvermenging onder  ...

“Spanner in die wat?” – Wopko Jensma en die mineurletterkunde van Deleuze en Guattari

Willem Anker 2011-10-19 In 1993 het Gunther Pakendorf ’n artikel in Stilet gepubliseer getitel “Kafka, en die saak vir die ‘klein letterkunde’”, waarin hy aanvoer dat Wopko Jensma (1939–1993?) se poësie miskien die beste Suid-Afrikaanse voorbeeld is van wat Gilles Deleuze en Félix  ...

Die diagnostiese waarde van ’n Nederlandse woordeskattoets vir Afrikaanssprekende aanleerders

2011-10-13 Binne die konteks van die algemeen aanvaarde stelling dat die woordeskat van die twee naverwante tale Nederlands en Afrikaans vir meer as 90 persent ooreenstem, word daar in hierdie artikel gekyk na ’n Nederlandse woordeskattoets (die Dubbele pregnante ...

Die toeval in ’n tentwoning / Die metanarratief van die toeverlaat

Alettie van den Heever 2011-10-12 In hierdie artikel word Helena Verbloem, die hoofkarakter in Ingrid Winterbach se Die boek van toeval en toeverlaat (2006), se verstrengeldheid in die taal van die toeverlaat vanuit ’n godsdienssosiologiese perspektief ondersoek. Die sosioloog Peter Berger ...

Die wêreldrevolusie in die hoër onderwys en die verrekening daarvan binne die Suid-Afrikaanse konteks

Charl Wolhuter 2011-10-05 Hierdie artikel fokus op die revolusie wat reeds sedert 1990 wêreldwyd in die hoër onderwys aan die gang is. Ten eerste is die doel van die artikel die kartering van hierdie internasionale hoëronderwysrevolusie. Tweedens is die doel om die  ...

Die marginale subjekposisie van die Afrikaanse skrywer - Etienne van Heerden se Asbesmiddag

Gideon Strydom, Helize van Vuuren 2011-09-28 In hierdie artikel word teoretiese kwessies rakende die letterkunde, soos die marginale subjekposisie van die romanskrywer/akademikus en van die Afrikaanse letterkunde in die eietydse sosiopolitieke sfeer, binne die fiksionele konteks van die eietydse ...

'n Model van faktore wat die sukses van onderrigleer van tegnologiegebaseerde modules beïnvloed

Roelien Goede, Tjaart Steyn, Estelle Taylor Academic research 2011-09-23

Dit wil voorkom asof daar groepe studente is wat meer probleme ondervind met die bemeestering van tegnologiegebaseerde modules as ander modules. Bestaande navorsing dui op spesifieke faktore wat sterk figureer in die sukses van onderrigleer van tegnologiegebaseerde onderwerpe.

Top