LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Epigenetika: die skakel tussen genetika en omgewing
2012-08-15"Epigenetika regverdig die herskryf van die moderne evolusieteorie. Dit ondersteun die oorerwing van verworwe eienskappe en werp nuwe lig op meganismes wat inligting kommunikeer vanaf die omgewing na die genoom, transkriptoom en proteoom."
Ma’s se persepsies van hoe afknouery gesinne beïnvloed
2012-08-13 "Hoe raak die afknouery van ’n kind ook die ander gesinslede?"Riglyne om die reg op gelykheid toe te pas
2012-08-13 "Ongelykheid wat in wette verorden en deur die staat afgedwing is, was die mees uitstaande kenmerk van alle Suid-Afrikaanse staatkundige bedelings wat die oorgangsgrondwet van 1994 vooraf gegaan het."Die nuwe ondernemingsreddingspraktisyn: Geneesheer of begrafnisondernemer? ’n Ondersoek na die kwalifikasies van die reddingspraktisyn.
2012-08-02 "In die huidige ekonomiese klimaat, waar al hoe meer maatskappye onder finansiële druk verkeer, is ’n effektiewe besigheidsreddingstelsel van onskatbare waarde."Gewone lesers aan die Kaap, c. 1680 tot 1850
2012-08-01"Die leeskulture van die slawe, vryswartes en arbeiders in die vroeë Kaap vertel ons nie net waarvan hierdie mense gehou het nie, maar ook wie hulle was en hoe hulle die wêreld verstaan het."
Die politiek van die estetiese in ’n postkoloniale konteks: menswaardigheid en vryheid van uitdrukking in die debat rondom Brett Murray se skildery The Spear
2012-07-24 "Behoort die vernedering van ’n politikus aan die hand van ’n kunswerk ooit gevier te word, of moet dit te alle tye verwerp word?"’n Multiperspektiefbenadering tot die ontwerp van ’n Afrikaanse taakgebaseerde sillabus op universiteitsvlak
2012-07-19 "Die taakgebaseerde teorie het die afgelope dekade as ’n invloedryke teorie na vore gekom as raamwerk vir navorsing oor die kognitiewe aard van tweedetaalverwerwing en -ontwikkeling binne die konteks van kommunikatiewe taalonderrig."Begrafnisregte in die konteks van die Afrika-gewoontereg en die rol van die testamentopsteller
2012-07-13 "In ’n multikulturele land soos Suid-Afrika is konflik in die konteks van begrafnisse soms die reël eerder as die uitsondering."Faktore wat kan bydra tot die ontwikkeling van ’n kultuurtoepaslike milieu vir Sesotho/Setswana-bejaarde persone in residensiële-sorg-eenhede
2012-07-09 "Die aanbied van en deelname aan toepaslike aktiwiteite is die sleutel tot menswaardigheid, en menswaardigheid vorm deel van sosiale geregtigheid."Demokrasie en demokratisering in Afrika (Deel 2): Die belangrikste faktore wat substantiewe oorgang belemmer
2012-06-28 "Politieke kultuur word deur politieke wetenskaplikes beskryf as die patroon van oriëntasies of ingesteldhede van ’n samelewing jeens politieke objekte soos partye, regerings en die grondwet en uitgedruk in oortuigings, simbole en waardes."Demokrasie en demokratisering in Afrika (Deel 1): Konsepte, teoretiese benadering, historiese oorsig en huidige stand
2012-06-19 "Terwyl die demokratiseringsproses in die meeste wêrelddele met aansienlike sukses geïnisieer en gekonsolideer is, was dit in Afrika nie die geval nie."Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman
2012-06-12 "Ekokritiek kan breedweg gesien word as die studie van kultuurprodukte soos kunswerke, skryfwerk en wetenskaplike teorieë wat hulle bemoei met die menslike verhouding met die natuurlike wêreld."Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling: poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)-nanovesels met silwer-nanopartikels.
2012-06-08"Die doel van hierdie navorsing was om ’n bydrae te lewer tot bestaande kennis in waterfiltrasie en -ontsmetting en die ontwikkeling van nuwe tegnologie wat in die afsienbare toekoms toegepas kan word om verligting te bring aan gemeenskappe en gebiede wat nie toegang tot veilige drinkwater het nie."




