Die relatiewe welvaart van die vroeë Kaapse setlaars

  • 0

Opsomming 

Die tradisionele beskouing van die 18de-eeuse Kaapkolonie as ’n armoedige bestaansekonomie moet heroorweeg word. Deur van 2 577 onlangs gedigitaliseerde boedelinventarisse gebruik te maak, toon hierdie artikel dat die gemiddelde Kaapse setlaarshuishouding relatief welaf was aan die begin van die 18de eeu en dat hierdie rykdomvlakke oor tyd toegeneem het, al het dit ook gepaard gegaan met ’n toename in ongelykheid binne die setlaarsbevolking. Kaapse setlaarshuishoudings kon selfs kers vashou met huishoudings in streke wat gedurende die 18de eeu as die mees welvarende beskou is – Nederland en Engeland.

Trefwoorde: Kaapkolonie; VOC; vryburgers; trekboere; rykdom; armoede; ongelykheid

Abstract

The relative wealth of the early Cape settlers

This article investigates the relative wealth of the settlers of the Dutch Cape Colony, a settlement founded in 1652 by the Dutch East India Company to supply refreshments to the ships passing between Europe and the East Indies. The stereotypical view of the Cape Colony is that of an impoverished society, with only a few landowners able to maintain a living standard above subsistence level. Aside from those fortunate to be granted monopoly contracts by the Company to supply the growing demand for wine, wheat and meat from the passing ships, most settler households, at least towards the end of the 18th century, lived a scanty, pastoral lifestyle in the interior, devoid of the luxuries offered by the proximity of the market in Cape Town.

The first contribution of this article is to suggest an alternative history: I show that the average Cape settler household was relatively prosperous when measured by the number of consumption and productive assets it owned. For my research I used 2 577 Cape probate inventories (MOOC 8s), recently transcribed and digitised, that allow a household-level investigation of wealth trends over more than a century (1690-1800). Because of the abundance of different products in the inventories, I follow 28 items that represent more than 70% of all movable household assets of the settlers. I use the prices available in the auction rolls (MOOC 10s) to combine these 28 items into a basket of goods.

Plotting this basket of goods over the 18th century reveals that Cape settlers, on average, did not grow poorer. While there are significant fluctuations during the century, the final two decades seemed to have been the most prosperous (in terms of assets owned) for Cape settlers.

The second contribution of the article is to show that this prosperity was not equally shared by all Cape settlers. As an earlier historiography has shown (Guelke and Shell 1983), inequality was high and increasing, even within the settler population. This is ascribed largely to the ownership of slaves, comprising 24% of total value in household inventories. While I show that those settlers owning no slaves also improved their standard of living over the course of the 18th century, the increasing ownership of slaves by the elite resulted in a persistent gap between the rich and the poor.

The third contribution of the article is to show that the MOOC 8-probate inventories probably underestimate Cape settler wealth. I used Stellenbosch inventories not included in the MOOC 8s, transcribed and digitised by Krzesinkski-de Widt (2002), to show that households in these inventories owned significantly more slaves than those included in the MOOC 8s. This result firstly suggests that the aggregate wealth estimates are not upwardly biased by sample selection in favour of the more affluent part of the population. Secondly, it also suggests that wealth had a regional dimension: those closer to Cape Town were more likely to be prosperous than those in the interior.

Fourthly, the article also compares Cape settler wealth with that of settlers and citizens in other regions of the world. I compare a range of items – slaves, cattle, guns, timepieces and paintings – to show that the average Cape settler frequently owned more assets than his counterparts in England and the Netherlands, considered to be the two richest countries in the 18th-century world and also the countries of origin of most of the settlers. This explains why the Cape Colony was an enticing destination for immigrants. I also show that Cape settlers often owned more assets than those of the American colonies, the exceptions being gun ownership in the American South and slave ownership on the Caribbean plantations.

These results provide convincing evidence that Cape settlers were not, on average, impoverished, living just above subsistence levels. Anecdotal evidence of the poverty of some farmers presented by reports and traveller accounts are, therefore, the exception rather than the rule. This relative prosperity of the average farmer is validated by other quantitative recent investigations into the Cape economy: Du Plessis and Du Plessis investigate the purchasing power of wages paid to Company officials and workers, showing that these wages were high and increased over the 18th century. Fourie and Van Zanden (2012) calculate gross domestic product (GDP) per capita estimates for the 18th-century Cape economy, showing that the average per capita income is among the highest in the world, at least during the first few decades of the century. The benefit of this study is to show that such high levels of income translated into the household wealth of the average settler. And even though great inequalities within the settler community remained, I also show that even the poorest managed to acquire more goods over the course of the 18th century.

The traditional view of Cape settlers as poor needs revision.

Keywords: Cape Colony; DEIC; settlers; trekkers; wealth; poverty; inequality

1. Inleiding

Die Europese immigrante en hul afstammelinge wat gedurende die 17de en 18de eeu die Kaapkolonie bewoon het, word tradisioneel beskou as arm en agterlik, ‘n kolonie “wat ekonomies teen ‘n slakkepas gegroei het” (De Kock 1924: 39). Terwyl daar ’n paar welgestelde setlaars naby Kaapstad geboer het (Guelke en Shell 1983:265), het die meeste van die setlaars – veral dié woonagtig in die grensgebiede van die Kolonie – “gewoon in geïsoleerde plaashuise, wat ’n karige bestaan gevoer het as bestaansboere en jagters” (De Kock 1924:40). Guelke som die algemene persepsie van die Kaapse ekonomiese lewe goed op: “Aan die bopunt was ’n groep welgestelde boere met groot plase en baie slawe”, maar “die gemiddelde hardwerkende boer kon slegs met moeite ’n lewe as bestaansboer voer” (Guelke 1989:84).

Hierdie persepsie word as gevolg van meer onlangse kwantitatiewe navorsing bevraagteken. Van Duin en Ross (1987:3) was die eerstes wat die Kaapse ekonomie as “meer dinamies” beskryf het. Hulle navorsing was gebaseer op die opgaafrolle, jaarlikse sensusopnames wat die Kompanjie vir belastingdoeleindes onderneem het. Du Plessis en Du Plessis (2011) asook De Zwart (2011) gebruik loondata om te wys dat die lewenstandaard van die Kaapse (Europese) inwoners hoog was in vergelyking met loondata in ander wêreldstreke. Vanweë ’n verskeidenheid faktore het hierdie literatuur min impak gehad op die Kaapse historiografie; in haar kritiek van Nigel Worden se onlangse Contingent lives: Social identity and material culture in the VOC world (2007), skryf Nicole Ulrich byvoorbeeld dat die fokus te veel val op die “uitsonderings van die koloniale konteks” in plaas van om “die gebruik van alledaagse produkte” te ondersoek wat ’n “meer gebalanseerde idee” van die lewenstandaard van die gemiddelde Kaapse boer sal gee (Ulrich 2010:580).

Hierdie artikel begin om aan Ulrich se versoek te voldoen. Die Kaapse inventarisse (MOOC 8-reeks) is onlangs deur ’n span navorsers gedigitaliseer en aan die navorsingsgemeenskap beskikbaar gestel. Deur statistiese metodes in te span word hierdie bron ontleed om drie vrae te beantwoord: Het die welvaart van die Kaapse setlaars toegeneem oor tyd?; Hoe groot was die ongelykheid binne die setlaarbevolking aan die Kaap?; en Hoe welgesteld was die Kaapse setlaars relatief tot ander bevolkings in Europa en die setlaarsgemeenskap in Noord-Amerika? Wat duidelik blyk uit die resultate is dat die tradisionele persepsie van Kaapse setlaars wat in armoede gedompel is, hersien moet word.

2. Die Kaapse ekonomie

Die koms van Jan van Riebeeck in 1652 was die begin van Europese vestiging aan die Kaap. Die VOC (Vereenigde Oostindische Compangie) het Van Riebeeck beveel om ’n halfwegstasie aan die Kaap de Goede Hoop op te rig met die doel om verbygaande skepe te diens en van vars voorraad, insluitend vrugte, groente, vleis, water en brandhout, te voorsien. Só ’n stasie sou die hoë koste van skeepsvaart – veral die hoë lewensverlies van matrose en gepaardgaande lae produktiwiteit van siekes wat aan dodelike skeurbuik ly – moes inperk. Van Riebeeck het ’n gemeenskap van landbouers rondom die fort voorgestel wat verantwoordelik sou wees vir gewasboerdery terwyl Europese vervaardigde produkte en alkohol met die inheemse Khoi-stamme verhandel sou word. Hierdie Europese bloudruk van boerdery was egter nie op die sanderige en winderige Kaapse vlakte moontlik nie, en die meeste setlaars wat na 1657 as vryboere gevestig is, het gemengde boerdery op uitgebreide plase bedryf, met wisselende sukses. Die vraag vanaf skepe na vars landbouprodukte het dus gereeld die aanbod oorskry.
 

 
 Figuur 1. Kaart van die Kaapkolonie (1682, 1705, 1731, en 1795) met hedendaagse provinsiale grense (Guelke 1989; eie projeksies)

In ’n poging om aanbod te verhoog het Simon van der Stel die grense van die kolonie uitgebrei, met Stellenbosch en Drakenstein wat teen die einde van die 17de eeu gevestig en bewoon is. Die aankoms van 159 Franse Hugenote het hierdie proses bespoedig. Die grense van die kolonie het herhaaldelik hierna uitgebrei soos setlaars – meestal weens die hoë fertiliteitskoers en nie weens nuwe aankomelinge nie – noord- en ooswaarts migreer het. Die setlaars op die grens was tipies trekboere sonder eiendomsreg wat agter goeie weiding aangetrek het. Hierdie uitbreiding van die koloniale grense sou voortduur tot aan die einde van die 18de eeu, toe die setlaars in aanraking gekom het met die Xhosa aan die Visrivier. Figuur 1 stel hierdie migrasie van die koloniale grense grafies voor.

Hoewel die bevolking aanvanklik gekonsentreer was in en om Kaapstad, het die landelike proporsie toegeneem namate die grensgebied uitgebrei het. Teen 1795, toe Brittanje die 143 jaar van VOC-beheer beëindig het, was die meeste setlaars boere wat in die binneland (die gebied oos van die eerste bergreekse) woonagtig was. Dit is dus geen verrassing dat historici die Kaapse ekonomie as ’n arm, bestaansekonomie tipeer nie. Reisjoernale beskryf die ellendige omstandighede van sommige grensboere. Carl Peter Thunberg, die Sweedse botanis wat die Kaap gedurende die 1770’s besoek het, verwys verskeie kere na die gebruik van diervelle wat dien as toue, sakke en komberse, en selfs as klere vir die erg armes (Thunberg 1986:52).

Sulke verwysings staan in skrille kontras met die welvarende leefstyl van die elite, soos opgesom deur Guelke en Shell (1983). Die prag-en-praalwette van 1755 het byvoorbeeld die getal perde, waens, juwele en slawe wat ’n individu van ’n sekere rang ten toon kon stel, beperk. Hierdie wette is ingestel weens die “skandalige uitspattigheid van die Kompanjie dienaars en setlaars” (Ross 1999:9-30). Reisverslae verwys ook etlike kere na die welvaart van sommige boere; een 1783-besoeker merk die “tekens van welvaart en rykdom, die prag en heerlikheid van die klere en waens, die huise wat met die mees elegante meublement gevul is en die tafels wat met silwerware gedek is en bedien word deur netjies aangetrekte slawe” (Naudé 1950:414).

Slawe, meestal ingevoer uit verskeie streke in Suidoos-Asië, die Ooskus van Afrika en die eilande van die Indiese Oseaan, het die meeste arbeid aan die Kaap verrig en is dus as waardevolle bates beskou. Slawe is reeds so vroeg as 1658 na die Kolonie gebring, maar dit was eers met die vestiging van die landbou – en veral die wynboubedryf – dat die vraag na arbeid toegeneem het en die invoer van slawe as goedkoper alternatief as Europese immigrasie gesien is (Shell 2001:15). ’n Kenmerk van slawerny aan die Kaap was die breë verspreiding van slawe; byna elke setlaar aan die Kaap het ’n aantal slawe besit wat op die plaas of in die huishouding arbeid verrig het (Armstrong en Worden 1989:135). In die afwesigheid van individuele welvaartsmaatstawwe het historici dus slawe-eienaarskap gebruik as ’n maatstaf van huishoudelike welvaart. Giliomee (2003:45) definieer byvoorbeeld die elite as daardie huishoudings wat meer as 16 slawe besit het; in 1731 was 7% van die plattelandse setlaarshuishoudings in hierdie kategorie gegroepeer.

Slawe was veral belangrike produksie-insette op wingerd- en koringplase, waar die vraag na arbeid, veral tydens oestyd, hoog was. Wyn, koring en bees- en skaapvleis was die vernaamste uitsette van die boere – en is dus ook die uitsette wat deur die VOC belas is. Dit is juis hierdie belasting wat meer onlangse studies as rede aanvoer vir die onderskatting van die jaarlikse opgaafrolle wat deur die VOC-amptenare afgeneem is. Van Duin en Ross (1987) was die eerstes wat die opgaafrolle in ’n omvattende studie van die Kaapse ekonomie in die VOC-tydperk ingespan het. Met verwysing na die jaarlikse produksiesyfers bevind hulle dat die Kaapse ekonomie “meer dinamies” was as wat voorheen aangeneem is, hoewel hulle per kapita-syfers (produksie-uitsette gedeel deur die bevolking) ’n daling toon. Hulle verduidelik dat dit waarskynlik weens die onderrapportering van produksiedata is en gebruik ’n vermenigvuldiger om veral later jare se syfers te reg te stel. Selfs met die regstelling is daar egter weinig tekens van ’n per kapita-toename in produksie oor die 18de eeu. Brunt (2008) brei uit op Van Duin en Ross se studie deur die vermenigvuldiger selfs verder te vergroot. Brunt bevind dat groei steeds teen ’n slakkepas was tydens die 18de eeu, maar dat die koms van die Britte – en dan veral Britse institusies, by name die eiendomsreg vir leenplase – ekonomiese groei gerugsteun het. Beide studies beskryf egter slegs die groei in produksie en nie die vlak van ekonomiese prestasie en welvaart nie, en doen geen moeite om die Kaap met ander streke te vergelyk nie.

De Zwart (2011) en Du Plessis en Du Plessis (2011) begin hierdie tergende vraag aanspreek. Beide studies gebruik loondata om die lewenstandaarde van loonarbeiders in die Kaap met dié van ander streke te vergelyk. De Zwart toon dat Kaapse lone laag was aan die begin van die 18de eeu in vergelyking met Europese stede, maar dat terwyl reële lone wêreldwyd gedaal het in die 18de eeu, dit aan die Kaap toegeneem het. Du Plessis en Du Plessis bereken dat die Kaapse loontrekkers gemiddeld hoë en stygende reële lone ontvang het, en dat hierdie lone teen die einde van die 18de eeu op dieselfde vlak was as dié van Engeland en Nederland, die twee ekonomies mees vooruitstrewende lande van dié eeu. Du Plessis en Du Plessis wys egter ook op die ongelyke verdeling van lone aan die Kaap, ’n onderwerp wat hier onder verder bespreek word.

Die gebruik van loondata in beide studies is egter problematies. Loonarbeid in die vorm van plaasknegte het ’n marginale bydrae tot arbeid in die Kaap gemaak: die meeste knegte was werknemers van die Kompanjie en het, sodra hulle dienstermyn verstryk het, óf na Europa teruggekeer óf as setlaars hul eie grondgebied uitgesoek. Dit is ook nie duidelik of die lone wat aan Kaapse amptenary betaal is, in Amsterdam bepaal is of nie, en of loonveranderinge aan die Kaap dus eintlik net die arbeidsmark in Nederland reflekteer het. Desnieteenstaande beskryf beide studies ’n meer vooruitstrewende vroeë Kaapse ekonomie. Die digitalisering van boedelinventarisse stel navorsers nou in staat om hierdie hipotese te toets op die mikrovlak van die gemiddelde Kaapse setlaarshuishouding.

3. Boedelinventarisse en data-ontleding

In die afwesigheid van sensusdata op die mikrovlak in vroeë samelewings is boedelinventarisse ’n gewilde databron om die lewenstandaard en welvaartsvlakke van ’n land se bevolking te bepaal (McCants 2006 en 2007). Inventarisse lys gewoonlik alle roerende bates wat die huishouding besit met die afsterwe van ’n hooflid van die huishouding. Hoewel dit slegs ’n eenmalige blik op die bates van die huishouding bied, bly dit ’n baie akkurate en gedetailleerde manier om welvaartsvlakke tussen groepe, streke en oor tyd getrou te vergelyk.

Die administrasie van die boedelinventarisse in die Kaapkolonie is deur die hoof van die Weeskamer behartig. Met die afsterwe van ’n setlaar is ’n kommissaris van Kaapstad gestuur om ’n lys van bates saam te stel. Waar plase te ver van Kaapstad was, het bure of vriende die taak verrig en die lys na die Kaap gestuur, en het ’n klerk in Kaapstad ’n kopie van die oorspronklike inventaris gemaak. Dit het tot gevolg gehad dat ’n hele aantal van die inventarisse dubbelinskrywings is; hierdie dubbels dien dan ook as aanduiding van die mate waarin die plattelandse bevolking oor die tydperk toegeneem het.

Terwyl alle setlaarsterfgevalle by die Weeskamer geregistreer moes word, was die Kamer net vir die opmaak van inventarisse verantwoordelik waar die oorledene (Liebenberg, Clayton, Faasen e.a. 2007):

  • ongetroude erfgename jonger as 25 jaar nagelaat het, of waar die erfgenaam swaksinnig was
  • erfgename nagelaat het wat nie meer in die land gewoon het nie, of nie bereikbaar was nie
  • ab intestate of ex testament (sonder ’n testament) oorlede is
  • nie spesifiek in die testament aangedui het dat die Weeskamer nie moet optree as eksekuteur nie

of waar daar spesifiek in die testament versoek is dat die Weeskamer optree as eksekuteur.

Hierdie kriteria beteken noodwendig dat net ’n gedeelte van alle sterfgevalle in die Kolonie se inventarisse deur die Weeskamer opgeteken is. Enige afleidings vanuit hierdie steekproef sou dus moet toon dat die kriteria nie die resultate bevooroordeel nie. Met ander woorde, enige resultaat wat uit die boedelinventarisse bereken word, mag moontlik ’n verkeerde indruk skep van die welvaart van die gemiddelde Kaapse setlaar indien die kriteria vir seleksie nie in ag geneem word nie.

Boedelinventarisse is tradisioneel geneig om welvaart te oorskat. Die rede hiervoor is dat boedelinventarisse noodwendig slegs afgeneem word wanneer ’n persoon sterf, en dat sterftes gewoonlik na ’n leeftyd van bate-ophoping plaasvind. Inventarisse reflekteer dus nie die gemiddelde welvaart van die gemiddelde setlaar nie, maar die welvaart van die gemiddelde setlaar wat tot sterwe kom. Indien die bevolking dus jonk is, sal die gemiddelde welvaartsvlak wat bereken word deur van boedelinventarisse gebruik te maak, te hoog wees.

Die Kaapse boedelinventarisse bied wel een kriterium wat hierdie probleem (gedeeltelik) oorkom. Die feit dat alle persone met kinders jonger as 25 jaar (wat ongetroud was) in die Weeskamerrekords opgeneem is, beteken dat meer “jonger” huishoudings in die databasis verteenwoordig word as in die totale bevolking van sterfgevalle. Soms word in die literatuur die finale resultate aangepas deur van ’n lewensiklusmodel gebruik te maak. Ongelukkig word die ouderdom van sterfgevalle nie in die inventaris ingesluit nie en is dit dus nie moontlik om die akkuraatheid van die lewensiklusmodel in hierdie konteks te toets nie.

’n Alternatiewe databron, die opgaafrolle, bied egter ’n manier om die akkuraatheid van die steekproef te toets. Die eienaarskap van slawe word in beide databronne gerapporteer en in beide is daar geen rede vir die onderrapportering van inligting nie (soos daar in die geval van vee in die opgaafrolle is, omdat setlaars belasting wou vermy). Soos elders bespreek, blyk dit uit die vergelyking dat die twee databronne – die een gebaseer op produksiesyfers en die ander op baterekords – weinig van mekaar verskil (Fourie 2012). Die aanname dat die boedelinventarisse die vlak van welvaart in die totale bevolking reflekteer, is akkuraat.

Die boedelinventarisse van Kaapse setlaars word bewaar in die MOOC (Master of the Orphan Chamber) 8-reeks in die Wes-Kaapse Argief. Dit is onlangs deur ’n span navorsers getranskribeer en gedigitaliseer in PDF-formaat, en is vryelik aanlyn beskikbaar (TANAP 2010)1. Die primêre digitale data is egter in XML-formaat vanaf die Argief verkry en Stylus Studio 10 is gebruik om dit na Excel-formaat om te skakel.2 Stata 10 is vir die statistiese ontleding gebruik.

Benewens die MOOC 8-inventarisse is daar ook gebruik gemaak van 123 Stellenbosse inventarisse wat nie in die MOOC 8-reeks opgeteken is nie, maar wel deur Krzesinkski-de Widt (2002) getranskribeer en in Microsoft Word gedigitaliseer is. Hierdie boedelinventarisse is minder volledig, aangesien ’n aantal van die oorspronklike inventarisse onleesbaar is, maar bied steeds ’n waardevolle bydrae om streeksongelykhede na vore te bring (sien bespreking hier onder).

Altesaam 2 577 huishoudelike inventarisse is dus in die ontleding van die welvaart van Kaapse setlaars gebruik. Dit is die grootste studie van sy soort wat van boedelinventarisse gebruik maak, en beslis ’n eerste vir die Kaapkolonie wat van statistiese metodes gebruik maak om die welvaartsvlakke en -patrone van die gemiddelde Kaapse setlaar te bereken.

Omdat elkeen van hierdie 2 577 inventarisse tientalle produkte insluit, is 28 produkte gekies wat as maatstaf sal dien vir totale welvaart. Hierdie 28 produkte, met beskrywende statistiek, word in Tabel 1 gelys.


Tabel 1. Beskrywende statistiek van die 28 produkte in die 2 577 boedelinventarisse

Produk

Nederlands

Gemiddelde

Maksimum

Mediaan

N (> 0)

% 0s

Slaaf

Slaaven

4,92

148

2

1 694

34,26%

Bees

Beesten

54,50

2 000

15

1 486

42,34%

Perd

Paarden

6,26

296

2

1 472

42,88%

Skaap

Schapen

349,77

10 200

0

1 271

50,68%

Ploeg

Ploegen

0,62

19

0

921

64,26%

Sekel

Koornharpen

0,08

3

0

195

92,43%

Boot/skuit

Schuiten

0,02

3

0

54

97,90%

Emmer

Emmers

2,76

61

2

1 662

35,51%

Graaf

Graaven

2,01

450

0

906

64,84%

Geweer

Geweeren

1,15

47

0

1 169

54,64%

Brandewyn-ketel

Brandewijnskeetels

0,16

5

0

357

86,15%

Wa

Waagen

1,21

40

1

1 400

45,67%

Aambeeld

Aambeelden

0,05

3

0

107

95,85%

Bankskroef

Bankschroeven

0,10

7

0

223

91,35%

Balans

Balanse

0,40

9

0

618

76,02%

Vuurtang

Tangen

0,76

33

0

1 020

60,42%

Oond/stoof

Stoven

0,88

24

0

594

76,95%

Katel

Katels

1,27

26

1

1 307

49,28%

Stoel

Stoelen

9,98

125

4

1 734

32,71%

Broek

Broeken

1,14

143

0

433

83,20%

Strykyster

Strijkijsters

0,86

35

0

1 048

59,33%

Boeke

Boeken

4,08

3 856

0

688

73,30%

Horlosies

Horologies

0,30

30

0

529

79,47%

Snuifdoos

Snuijfdoosen, Tabakdoosen

1,00

783

0

440

82,93%

Skildery

Schilderijen

4,53

134

0

789

69,38%

Spieël

Spiegels

1,69

193

0

1 196

53,59%

Voëlhok

Vogelkooijs

0,39

17

0

355

86,22%

Goue ring

Ringen

0,38

44

0

288

88,82%

Die 28 produkte is gekies om ’n verskeidenheid produktipes te reflekteer, maar ook om die proses van kodering en die soektog in die datastel te vergemaklik. Sommige produkte, soos byvoorbeeld wyn, was ’n belangrike Kaapse produk, maar omdat wyn onverwags selde in die inventarisse voorkom (en ook omdat die meeteenheid gewoonlik verskil: soms word leggers gebruik, maar ander kere word wyn gemeet in aam, bottels, pype, vate, ens.), verskyn dit nie onder die 28 produkte nie. Boeke is ook ’n produk wat moeilik gesommeer word, aangesien daar telkens net na ’n “verskeidenheid boeke” verwys word. In sulke gevalle is vyf boeke gekies, alhoewel dit waarskynlik ’n onderskatting van die aantal boeke is.3 Ander produkte, soos snuifdoos, se benaming verander gedurende die 18de eeu. Aanvanklik word alle snuifdose as sodanig geklassifiseer, maar teen die einde van die tydperk is dit bykans uitsluitlik “tabakdose”.

Selfs met hierdie tekortkominge in ag geneem, bied hierdie 28 produkte ’n goeie maatstaf van totale welvaart aan die Kaap. Om hierdie stelling te staaf, is dit nodig om pryse in ag te neem. Weens die afwesigheid van pryse in die boedelinventarisse is dit nodig om ’n nuwe databron te raadpleeg, sodat die 28 produkte in ’n mandjie bymekaar gevoeg kan word. Die nuwe databron is die MOOC 10-reeks, oftewel die vendurolle. Hierdie reeks is deur dieselfde span navorsers getranskribeer en gedigitaliseer, maar ongelukkig was daar slegs bronne vir die eerste vyf van die 41 volumes. Dit beteken dus dat ons pryse slegs tot en met 1748 in ag neem. Prysveranderinge was egter nie beduidend verskillend oor die 18de eeu tussen die verskillende produkte nie, wat beteken dat ons resultate met die beperkte prysdata nie wesenlik sal verskil van die ware antwoord nie.

Die waarde van die 28 produkte in die mandjie verteenwoordig net meer as 70% van alle roerende bates in die vendurolle, met slegs 30% wat deur die ander produkte verklaar word. Die grootste komponent hiervan is slawe, wat 24% van alle waarde in die totale roerende bates van Kaapse setlaarshuishoudings verteenwoordig. Beeste (12%), skape (10%) en perde (2%) maak ook ’n wesenlike bydrae tot die mandjie.

4. Relatiewe welvaart oor tyd

Die mandjie van 28 produkte stel ons nou in staat om die welvaartsvlak van Kaapse huishoudings gedurende die 18de eeu te bereken. Dit is belangrik om hier daarop te wys dat hierdie ’n maatstaf van bruto welvaart is. Skulde word dus nie in ag geneem nie. Huishoudelike skuld word in die meeste gevalle ook in die MOOC 8-reeks aangetoon, maar is nie maklik identifiseerbaar soos in die geval van die 28 produkte nie. ‘n Steekproef huishoudings is egter gekies om die gemiddelde skuldvlak te bereken: dit blyk dat skuld 40% van die bruto welvaart van die huishoudings wat wel skuld rapporteer, uitmaak. ‘n Soortgelyke gevolgtrekking is te vind in die 1731 De la Fontaine-verslag; die goewerneursverslag beklemtoon die hoë vlakke van skuld onder verskeie welvarende huishoudings (Shell 2007). Skuld was dus ‘n belangrike komponent van setlaars se welvaartsvlakke, en gegewe die belangrike rol van skuld in die ontwikkeling van die vroeg-moderne Nederlandse (Van Zanden, Zuijderduijn en De Moor 2012:3-22) en Duitse provinsies (Ogilvie, Küpker en Maegraith 2012:134-67), moontlik ook ‘n oorsaak van die hoë vlakke van Kaapse welvaart waarvan hier onder bewys gelewer word. Hierdie hipotese val egter buite die bestek van hierdie artikel en is ‘n uitnodiging vir toekomstige navorsing.
 

 
 Figuur 2 stel hierdie bruto welvaartsvlak grafies voor. Die donker lyn stel die vyfjaar-gemiddelde van die meer vlugtige jaarsyfer voor.

Dit blyk duidelik uit Figuur 2 dat die gemiddelde welvaart van Kaapse huishoudings oor die 18de eeu toegeneem het. Die aanvanklike lae vlakke van welvaart het gedurende die 1730’s skerp gestyg en tot relatief hoë vlakke van huishoudelike welvaart tydens die 1740’s aanleiding gegee. Aan die begin van die 1750’s was daar ’n periode van insinking wat in die 1770’s en laat 1780’s weer omgekeer is.

Boedelinventarisse meet nie inkomste nie, en veranderinge in omstandighede mag nie noodwendig dadelik in welvaartsmaatstawwe reflekteer word nie. Dit is dus beter om die tendense oor die langer termyn te beskou. Figuur 2 toon ook die lineêre lyn wat die volle periode die beste pas; die lyn is onomwonde opwaartshellend, wat enige aanspraak dat die gemiddelde huishouding gedurende die 18de eeu verarm het, in twyfel trek. Die welvaart van die gemiddelde Kaapse huishouding het in alle waarskynlikheid toegeneem oor die 18de eeu of het, ten minste, nie afgeneem nie.

5. Relatiewe welvaart tussen setlaars

Soos in moderne ekonomieë (en in Suid-Afrika tans) verdoesel die gemiddelde welvaartsvlakke hoë vlakke van ongelykheid tussen groepe. Dit was ook nie anders in die 18de-eeuse Kaapkolonie nie. ’n Reisiger aan die Kaap in die 1730’s, O.F. Mentzel, het toe reeds hierdie ongelykheid uitgewys. In sy reisjoernaal verdeel hy die Kaapse setlaars in vier groepe: die welgestelde Kompanjie-amptenary en handelaars in Kaapstad, wat ook hul inkomste aangevul het deur die besit van plase in die nabygeleë distrikte; die ryk wyn- en koring-elite, wat dikwels meer as een plaas besit het; die hardwerkende wyn- en koringboere, wat weinig slawe kon aanstel en die meeste van die plaaswerk self moes verrig; en die verarmde trekboere in die binneland (Mentzel 2008:98). Hierby kan natuurlik ’n laer rang toegevoeg word, naamlik die slawe en Khoi-arbeiders wat vir die meeste van die handearbeid op plase verantwoordelik was.

Dit is dus belangrik om te identifiseer in watter mate die hoë en stygende vlakke van welvaart wat hier bo bereken is, nie bloot gedryf word deur ’n rykerwordende elite, terwyl die res van die bevolking in armoede krepeer nie. Soos Mentzel voorstel, word die boedelinventarisse ook in vier groepe verdeel, en omdat slawe so ’n belangrike kommoditeit was, word die getal slawe gebruik om die groepe te onderskei:4 groep 1 is dié setlaars wat geen slawe besit nie; groep 2 is setlaars wat 1 tot 5 slawe besit; groep 3 is setlaars wat 6 tot 15 slawe besit; en groep 4 is die elite, wat meer as 16 slawe besit. Wanneer groep 3 en 4 saamgevoeg word, is dit byna ’n derde van die waarnemings, terwyl groep 1 en groep 2 elk ook ’n derde is. Tabel 2 toon die gemiddelde rijksdaalders per produk volgens groep.
 

Tabel 2. Gemiddelde rijksdaalders per produk volgens groep, 1673–1800

Gemiddelde (rijksdaalders)

Groep 1

Groep 2

Groep 3

Groep 4

Almal

Slaaf

0,0

242,0

953,2

2 981,0

554,9

Bees

292,2

399,8

678,2

937,0

473,4

Perd

35,9

65,8

138,3

381,9

99,0

Skaap

192,3

307,4

525,8

711,7

353,3

Ploeg

1,1

2,5

6,2

15,8

4,0

Sekel

0,1

0,3

3,0

12,3

1,9

Boot/skuit

0,3

0,6

0,7

3,1

0,7

Emmer

0,8

1,7

3,1

6,8

2,2

Graaf

0,2

0,6

2,2

4,5

1,2

Geweer

2,1

3,3

4,3

9,0

3,6

Brandewynketel

1,1

3,0

10,0

21,8

5,6

Wa

17,2

26,7

60,3

142,5

41,0

Aambeeld

0,3

0,3

0,9

4,6

0,8

Bankskroef

0,3

0,6

0,9

2,5

0,7

Balans

0,2

0,7

1,6

3,3

0,9

Vuurtang

0,2

0,5

0,8

1,7

0,6

Oond/stoof

0,1

0,2

0,5

1,2

0,3

Katel

0,8

1,9

3,2

4,9

2,1

Stoel

3,0

8,4

16,9

40,3

11,2

Broek

2,1

1,0

0,8

3,0

1,5

Strykyster

0,3

0,7

1,4

2,3

0,9

Boeke

1,3

1,2

2,2

16,5

2,7

Horlosie

2,0

2,5

4,9

11,9

3,7

Snuifdoos

0,3

0,8

6,1

3,4

2,1

Skildery

1,3

3,5

7,8

19,5

5,1

Spieël

1,3

2,6

6,1

12,7

3,8

Voëlhok

0,1

0,4

0,8

1,4

0,5

Goue ring

0,4

0,9

1,5

4,6

1,2

Totaal

557,1

1 079,9

2 441,9

5 361,4

1 578,7

Totaal (geen slawe)

557,1

837,9

1 488,7

2 380,3

1 023,8

N

883

870

610

214

2 577

Vir die meeste produkte is daar ’n duidelike toename in die getal rijksdaalders wat elke groep van hoër rang daarop spandeer. Skilderye is ’n goeie voorbeeld: waar die armstes (dié met geen slawe nie) slegs 1,3 rijksdaalders op skilderye spandeer (ongeveer 1 skildery), spandeer die elite 19,5 rijksdaalders (15 keer soveel). Uit tabel 2 is dit alreeds duidelik dat daar ’n hoë mate van ongelykheid binne die setlaarsbevolking aan die Kaap was.
 

 
 Figuur 3. Huishoudelike welvaartsvlakke per groep volgens dekade, slawe uitgesluit (op ’n logaritmiese skaal), 1673–1800

Sou hierdie ongelykheid verander het oor tyd? Die antwoord hierop hang daarvan af of slawe by die berekeninge ingesluit word. Figuur 3 stel die verandering oor tyd voor vir die verskillende groepe op ’n logaritmiese as. Daar is duidelike konvergensie, met veral die armste twee groepe wat hul welvaartsvlakke verhoog. Die figuur sluit egter slawe uit (omdat dit gebruik word om die groepe te onderskei). Wanneer slawe ingesluit word (figuur 4, sonder ’n logaritmiese as), verdwyn enige konvergensie in die data. En alhoewel daar steeds ’n matige verbetering in die vlakke van die twee armste groepe is, oorheers die beduidende verskille tussen die elite (groep 4) en die ander groepe enige vordering van die res. Hoewel huishoudings nie so ongelyk was wat betref die besit van huishoudelike items nie, het die eienaarskap van slawe ’n wesenlike rol gespeel in die vorming en instandhouding van ’n ongelyke samelewing aan die Kaap.

 
 Figuur 4. Huishoudelike welvaartsvlakke per groep volgens dekade, slawe ingesluit, 1673–1800

6. Relatiewe welvaart tussen streke in die Kaapkolonie

Welvaart was ook geografies oneweredig verdeel. Die rangorde van Mentzel se vier groepe is ’n aanduiding dat hoe nader die setlaarshuishouding aan Kaapstad gewoon het, hoe hoër was die waarskynlikheid dat dit ’n welgestelde huishouding was. Die joernaalinskrywings van reisigers in die binneland verwys ook na die armoede van sommige trekboere wat met die basiese middele ’n bestaan moes maak, en, soos hier bo genoem, soms selfs diervelle as kledingstukke sou dra (Thunberg 1986:52).

Die Stellenbosch-distrik, in 1679 deur Simon van der Stel gestig, was die eerste distrik wat buite Kaapstad en sy onmiddelike omgewing gevestig is. Tot en met die sluiting van nuwe vestiging in die area in 1687, is 60 grondeise toegeken wat elk ongeveer 60 morge groot was. Dit het beteken dat slegs 7% van die beskikbare grondgebied aan privaateienaars toegedeel is, met die VOC wat steeds besit oor die res behou het, en ’n bevolkingsdigtheid van minder as een persoon per vierkante kilometer tot gevolg gehad het (Guelke 1976:29).

Die digitalisering van Stellenbosse inventarisse deur Krzesinkski-de Widt (2002) maak dit egter moontlik om die inventarisse van die distrik Stellenbosch met die ander boedelinventarisse te vergelyk. Figuur 5 toon die getal slawe, uit die twee databronne, wat deur elk van die huishoudings in die Stellenbosch-distrik besit is. Dit is duidelik dat die nie-MOOC’s (die inventarisse wat nie deur die Kaapse Weeskamer opgestel is nie) meestal later in die 18de eeu voorkom en ook ’n hoër gemiddelde getal slawe besit (selfs wanneer die vier uitskieterhuishoudings wat meer as 100 slawe besit het, nie getoon word nie, soos in figuur 5). Hieruit kan afgelei word dat welvaart tydens die tweede helfte van die 18de eeu waarskynlik onderskat word weens die afwesigheid van die testamente van die welgesteldes. Nogtans word ’n gemiddelde groeikoers van tussen 0,98% en 2,41% oor die 18de eeu bereken, afhangend van watter begin- en eindpunte gekies word, wat bewys dat die Kaap – in hierdie geval, die Stellenbosch-distrik – van die hoogste ekonomiese groei wêreldwyd bereik het.
 

 

Figuur 5. Slawe-eienaarskap per huishouding, Stellenbosch-distrik, 1690–1806

Maar hoe vergelyk die setlaars van die Stellenbosch-distrik met die res van die Kaapkolonie? Tabel 3 toon die beskrywende statistiek vir inventarisse van Stellenbosch-setlaars en die ander boedelinventarisse. Die vergelyking met die ander streke toon duidelik dat Stellenbosse inventarisse gemiddeld hoër vlakke van welvaart weerspieël het, en dat hierdie verskil veral gedurende die tweede helfte van die 18de eeu beduidend groter geword het.

Tabel 3: Beskrywende statistiek wat die Stellenbosch-distrik vergelyk met die ander Kaapkolonie streke, 1673–1800

Ander streke as Stellenbosch

Jaartal

N

Gemid.

Std.-afw.

Min.

Maks.

P25

Mediaan

P75

P90

1700

28

1 027,4

1 479,6

0,0

4 771,6

28,2

239,1

1 800,3

3 950,1

1710

41

1 174,9

1 571,1

0,0

6 938,7

112,8

376,5

1 918,8

3 218,1

1720

127

8 80,1

1 438,0

0,0

10 793,4

119,5

388,7

1 052,8

2 366,3

1730

86

910,1

1 179,6

0,0

5 728,8

149,8

375,9

1 233,1

2 828,9

1740

83

1 026,0

1 539,5

0,0

9 116,2

151,1

500,7

1 378,8

2 397,8

1750

59

1 564,4

1 980,9

0,0

7 622,6

273,0

704,9

2 201,9

4 961,9

1760

103

1 158,9

1 440,4

1,3

9 294,0

303,1

687,2

1 537,0

2 895,3

1770

160

1 282,9

1 620,8

1,1

10 611,1

148,3

615,1

2 053,8

3 250,2

1780

201

1 592,3

2 179,5

0,0

15 181,1

249,9

807,7

2 031,0

4 043,1

1790

316

1 691,4

1 864,9

0,0

9 656,0

255,8

1 031,6

2 442,1

4 328,2

1800

355

1 516,3

1 780,4

0,0

10 736,8

225,5

886,2

2 295,0

3 853,4

Totaal

1559

1 386,7

1 769,2

0,0

15 181,1

180,2

689,2

1 975,8

3 556,4

Stellenbosch

Jaartal

N

Gemid.

Std.-afw.

Min.

Maks.

P25

Mediaan

P75

P90

1700

43

584,7

951,7

0,8

5 406,1

101,3

302,6

601,1

1 598,3

1710

36

1 824,9

2 563,0

0,0

13 793,9

226,7

1 052,1

2 339,8

4 598,1

1720

71

1 520,0

1 709,9

0,0

7 838,3

322,3

782,2

2 154,2

3 837,2

1730

49

1 773,7

1 936,3

13,7

11 226,0

490,3

1 404,0

2 415,1

3 488,0

1740

74

2 703,9

2 416,3

0,0

10 096,6

968,9

2 134,8

3 907,0

6 086,1

1750

63

2 570,7

2 404,6

15,8

12 907,7

797,5

2 083,5

2 788,3

6 107,7

1760

54

2 209,5

2 493,1

0,0

11 492,2

544,6

1 034,1

3 528,5

5 468,4

1770

85

2 072,7

2 462,4

0,0

13 640,1

391,3

1 267,5

2 980,4

4 667,2

1780

89

2 828,9

3 835,0

11,5

27 521,1

741,2

1 657,1

3 806,4

5 535,1

1790

46

3 952,3

5 570,2

11,4

24 680,2

1 493,3

2 614,0

3 921,3

5 408,3

1800

59

2 338,8

2 818,2

7,9

16 929,9

518,7

1 454,2

3 175,3

5 653,6

Totaal

669

2 264,2

2 944,0

0,0

27 521,1

445,5

1 457,2

3 023,1

5 022,6

Die uiteenloping van welvaartsvlakke tussen Stellenbosch en die ander streke strook met die kwalitatiewe getuienis van die groeiende getal plattelandse trekboere (Van der Merwe 1938:61). Selfs al het die trekboere nie dieper in armoede verval nie, het ’n veranderende demografie, by name ’n groter plattelandse bevolking, veroorsaak dat die welvaartsvlakke van die gemiddelde Kaapse setlaar nie teen dieselfde vlakke kon groei as dié van die gevestigde Stellenbosse wyn- en koringboere nie. Die hoë vlakke van ongelykheid binne die setlaarsbevolking wat hier bo bereken is, het dus ook ’n duidelike geografiese dimensie gehad.

7. Vergelyking van rykdom met dié in ander wêreldstreke

Die vlakke van huishoudelike welvaart aan die Kaap kan slegs sinvol interpreteer word mits dit met vlakke volgens soortgelyke maatstawwe elders vergelyk word. Vir dié doel is boedelinventarisse van Leeuwarderadeel (Friesland) (De Vries 1974), die Zaanstreek, Groningen-Oos, Brabant-Oos (Schuurman 1997) en die Amsterdamse Weeskamer (McCants 2006) (almal streke in die Nederlande) in ag geneem, asook verskeie inventarissteekproewe in Engeland wat meestal staatmaak op kerkrekords (Weatherill 1988; Overton, Dean en Whittle 2004) . Die Kaap was ook nie die enigste setlaarskolonie nie, en boedelinventarisse in koloniale Noord-Amerika (Jones 1980), met spesifieke verwysing na die Chesapeake-area (Carr en Walsh 1988), asook plantasie-inventarisse van Jamaika (Sheridan 1965), word hier gebruik as verwysingspunte.

In plaas van al 28 produkte met mekaar te vergelyk, word slegs vyf produkte gekies as aanduiding van breër tendense. Die keuse berus op die beskikbaarheid van inligting in die boedelinventarisse van die ander streke. Die vyf produkte is slawe, beeste, gewere, skilderye en horlosies.

Soos reeds genoem, was slawe die waardevolste item vir Kaapse setlaars – 24% van alle roerende bates. Omdat die besit van slawe ongewoon was in Noord-Europa, gee tabel 4 ’n vergelyking van die Kaapse slawe-aandeel met dié van ander kolonies waar slawe-besit wel toegelaat is, by name die kolonies van Noord-Amerika en Jamaika. Die persentasie van slawe oor totale welvaart in die Kaapse boedelinventarisse was hoër as dié van die Noord-Amerikaanse kolonies, selfs dié van die Suide waar tabak- en rysplantasies gewild was. Slawe was egter ’n baie belangrike bate op die suikerplantasies van Jamaika en het dus ’n baie groter komponent van totale bates uitgemaak.
 

Tabel 4. Vergelyking van slawe se aandeel in totale welvaart

Streek

Bron

Datum

 

 

 

1691–1748

Kaapkolonie

 

24,0

 

 

 

1774

 

Gemiddeld vir dertien kolonies

Jones

9,1

 

Nieu-Engeland

Jones

0,2

 

Sentrale kolonies

Jones

1,6

 

Amerikaanse Suide

Jones

18,4

 

 

 

1741–1745

1771–1775

Jamaika

Sheridan

55,0

81,6

Dit is egter die absolute vlakke van bates eerder as die relatiewe persentasie van bates in die totale mandjie wat vergelyk moet word. Tabel 5 toon ’n vergelyking van die getal beeste per huishouding tussen die Kaapkolonie en streke in die Nederlande en Engeland. Dit blyk duidelik dat die Kaap aansienlik meer beeste per huishouding besit het as beide die Nederlandse en Engelse huishoudings.5 Waar Kaapse setlaarshuishoudings gemiddeld 50 beeste besit het in die tydperk 1700–1750, het Engelse huishoudings in Kent slegs 20 beeste besit en dié in Cornwall slegs 9. Hierdie getalle was ook besig om te daal oor die 18de eeu (Overton e.a. 2004). In die tydperk 1711–1723 het boere in Zuidertrimdeel, ’n streek in Leeuwarderadeel (Friesland), gemiddeld 25 beeste per huishouding besit, terwyl boere aan die Kaap gemiddeld 39 beeste besit het.

Tabel 5: Die getal beeste per huishouding volgens streek

Streek

Bron

Datum

 

 

1700-1750

Kaapkolonie

 

50

Kaapkolonie (slegs beesboere)

 

90

Kent

Overton e.a.

20

Cornwall

Overton e.a.

9

 

 

1711–1723

Kaapkolonie

 

39

Kaapkolonie (slegs beesboere)

 

75

Noordertrimdeel (Leeuwarderadeel)

De Vries

16

Zuidertrimdeel (Leeuwarderadeel)

De Vries

25

Maar moontlik was beeste bloot ’n uitskieter weens die struktuur van die ekonomie en het setlaars aan die Kaap minder vervaardigde produkte besit as huishoudings in ander wêreldstreke? Weens databeperkinge in die studies van ander streke word die beskikbaarheid van ’n produk, eerder as die getal produkte hierna gemeet. Die data is ook gereeld in welvaartsgroepe geklassifiseer; die Kaapse huishoudings word in sulke gevalle ook verdeel volgens die getal slawe wat besit word, soos hier bo uiteengesit. Tabel 6 gee ’n aanduiding van die proporsie van huishoudings wat ’n geweer besit het, volgens streek.
 

Tabel 6. Proporsie van huishoudings wat ’n geweer besit het volgens streek

Streek

Bron

Datum

 

 

1690–1719

1720–1749

Kaapkolonie

 

40

46

Cornwall

Overton e.a.

2

2

Kent

Overton e.a.

17

21

 

 

1765–1784

1774

Kaapkolonie

 

46

 

Nieu-Engeland

Jones 1980

50

Sentrale kolonies

Jones 1980

41

Amerikaanse Suide

Jones 1980

69

 

 

1740–1800

1740–1810

Kaapkolonie

 

46

 

Maryland en Virginia

Gunston Hall Database6

 

71

Uit tabel 6 blyk duidelik dat geweerbesit aan die Kaap relatief op dieselfde vlak was as in die noordelike en sentrale kolonies van Noord-Amerika, maar laer as in die Amerikaanse Suide. Waar 46% van alle Kaapse setlaarshuishoudings gewere besit het tussen 1765 en 1784, was die ooreenkomstige syfers vir Nieu-Engeland 50%, 41% vir die kolonies in Sentraal-Noord-Amerika en 69% vir die Amerikaanse Suide. Wat gewere betref, was die Kaap dus nader aan die setlaarskolonies van Noord-Amerika as aan die slawekolonies van die Suide. Soos vir Amerika, was gewere meer volop aan die Kaap as in die Engelse streke van Cornwall en Kent.

Gewere was egter nodig vir selfverdediging en jag en mag daarom meer volop aan die Kaap gewees het as luukse, vervaardigde produkte soos horlosies en skilderye.7 Tabelle 7 en 8 toon die proporsie van Kaapse huishoudings wat hierdie twee items besit het en vergelyk dit met ander wêreldstreke.
 

Tabel 7: Proporsie van huishoudings wat horlosies besit het volgens streek

Streek

Klas

Bron

Datum

 

 

 

1711–
1750

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

1

 

2

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

2

 

6

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

3

 

17

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

4

 

49

 

 

 

 

 

 

 

Leeuwarderadeel

1

De Vries

8

 

 

 

 

 

 

 

Leeuwarderadeel

2

De Vries

58

 

 

 

 

 

 

 

Leeuwarderadeel

3

De Vries

83

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1740–1782

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

 

 

23

 

 

 

 

 

 

 

Amsterdam

 

McCants

19

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1600–1629

1630–1659

1660–1689

1690–1719

1720–1749

 

 

 

Kaapkolonie

 

 

-

-

-

6

14

 

 

 

Cornwall

 

Overton e.a.

0

0

1

2

9

 

 

 

Kent

 

Overton e.a.

1

1

18

41

54

 

 

 

 

 

 

1670–1679

1680–1689

1690–1699

1700–1709

1710–1719

1720–1729

 

 

Kaapkolonie

 

 

-

-

5

7

7

8

 

 

Engeland

 

Weatherill

9

9

14

20

33

34

 

 

Londen

 

Weatherill

56

54

58

70

90

88

 

 

 

 

 

1688–1699

1700–1709

1710–1722

1723–1732

1733–1744

1745–1754

1755–1767

1768–1777

Kaapkolonie

1

 

4

0

7

0

3

12

7

10

Kaapkolonie

2

 

12

5

0

2

7

7

15

22

Kaapkolonie

3

 

0

9

0

15

25

28

40

31

Kaapkolonie

4

 

0

50

40

56

53

47

82

64

Chesapeake

1

C&W

0

2

0

0

2

0

1

3

Chesapeake

2

C&W

0

4

0

0

0

0

3

4

Chesapeake

3

C&W

0

4

5

4

10

10

4

13

Chesapeake

4

C&W

15

0

14

14

13

20

8

10

Chesapeake

5

C&W

27

44

42

55

61

60

43

39

Nota: Die kategorieë verwys na welvaartsgroepe soos onderverdeel deur die betrokke skrywerspan. Die Kaapkolonie se welvaartsgroepe word verdeel volgens die getal slawe wat elke huishouding besit het (sien afdeling 5).
 

Tabel 8: Proporsie van huishoudings wat skilderye besit het volgens streek

Streek

Klas

Bron

Datum

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1711–1750

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

1

 

15

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

2

 

36

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

3

 

51

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

4

 

74

 

 

 

 

 

 

 

Leeuwarderadeel

1

De Vries

25

 

 

 

 

 

 

 

Leeuwarderadeel

2

De Vries

16

 

 

 

 

 

 

 

Leeuwarderadeel

3

De Vries

28

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1740–1782

 

 

 

 

 

 

 

Kaapkolonie

 

 

34

 

 

 

 

 

 

 

Amsterdam-BWH

 

McCants

25

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1600–1629

1630–1659

1660–1689

1690–1719

1720–1749

 

 

 

Kaapkolonie

 

 

-

-

-

29

40

 

 

 

Cornwall

 

Overton e.a.

0

0

0

1

4

 

 

 

Kent

 

Overton e.a.

2

6

5

6

25

 

 

 

 

 

 

1675

1685

1695

1705

1715

1725

 

 

Kaapkolonie

 

 

-

-

14

23

35

40

 

 

Engeland

 

Weatherill

7

8

9

14

24

21

 

 

Londen- area

 

Weatherill

54

69

79

77

89

78

 

 

Noordoos-Engeland

 

Weatherill

26

45

42

48

58

-

 

 

Oos-Kent

 

Weatherill

37

31

48

48

52

68

 

 

Cambridge-shire

 

Weatherill

6

18

18

42

34

45

 

 

Noordwes-Engeland

 

Weatherill

20

28

35

32

38

34

 

 

Hampshire

 

Weatherill

18

15

20

23

-

-

 

 

Noordwes–Middelland

 

Weatherill

11

8

14

14

29

11

 

 

Cumbria

 

Weatherill

3

6

6

8

9

3

 

 

 

 

 

1688–1699

1700–1709

1710–1722

1723–1732

1733–1744

1745–1754

1755–1767

1768–1777

Kaapkolonie

1

 

7

7

11

17

18

12

18

14

Kaapkolonie

2

 

24

27

41

35

35

17

38

26

Kaapkolonie

3

 

22

29

42

68

52

49

56

46

Kaapkolonie

4

 

-

60

83

100

63

71

59

80

Chesapeake

1

C&W

0

2

0

3

0

3

0

0

Chesapeake

2

C&W

0

4

0

0

0

4

0

0

Chesapeake

3

C&W

0

4

5

8

6

3

2

5

Chesapeake

4

C&W

0

0

9

7

7

10

10

12

Chesapeake

5

C&W

27

11

19

38

23

24

15

18

Nota: Die kategorieë verwys na welvaartsgroepe soos onderverdeel deur die betrokke skrywerspan. Die Kaapkolonie se welvaartsgroepe word verdeel volgens die getal slawe wat elke huishouding besit het (sien afdeling 5).

Hoewel horlosies aanvanklik karig versprei was onder Kaapse setlaarshuishoudings, was daar ’n sterk toename in die besit van horlosies aan die Kaap oor die 18de eeu. Teen die einde van die eeu was horlosies ewe volop aan die Kaap as in die gevestigde streke van Nederland en Engeland, en meer volop as in die Chesapeake-kolonie van Noord-Amerika.

Nederlandse huishoudings was bekend vir hul besit van skilderye tydens die 17de en 18de eeu. Dit blyk egter uit tabel 8 dat Kaapse setlaarshuishoudings nie hoef terug te staan het teenoor hul Nederlandse eweknieë nie, en skilderye was beslis ewe volop aan die Kaap as wat dit in die meeste van die Engelse streke was, en meer volop as in die Noord-Amerikaanse kolonies.

Daar is dus geen getuienis dat die gemiddelde Kaapse setlaarshuishuiding betreklik arm was nie, alhoewel daar, soos in ander lande, steeds armoede aan die onderkant van die verdeling sou gewees het. Tog gee hierdie relatiewe welvaartsmaatstawwe een aanduiding hoekom permanente vestiging in die Kaap gewild was onder VOC-soldate en -matrose: dit het hulle die kans gegee om ’n soortgelyke (en selfs hoër) welvaartsvlak as hul eweknieë in Europa te bereik.

8. Gevolgtrekkings

Die tradisionele beskouing van die 18de-eeuse Kaap as ’n armoedige bestaansekonomie moet heroorweeg word. Deur van 2 577 onlangs gedigitaliseerde boedelinventarisse gebruik te maak, toon hierdie artikel dat die gemiddelde Kaapse setlaarshuishouding relatief welaf was aan die begin van die 18de eeu en dat hierdie vlakke oor tyd gestyg het, al het dit ook gepaard gegaan met ’n toename in ongelykheid binne die setlaarsbevolking. Kaapse setlaarshuishoudings kon selfs kers vashou met huishoudings in streke wat gedurende die 18de eeu as die welvarendste beskou is – Nederland en Engeland.

Hoe het só ’n welvarende ekonomie tot stand gekom?

Aan die vraagkant het die verbygaande Kompanjieskepe die handel in koring, wyn en vleis, asook neweprodukte soos vet, kerse en seep, gestimuleer, en ook die invoer van goedkoop Europese en Oosterse vervaardigde produkte vergemaklik (Boshoff en Fourie 2010). Aan die aanbodkant het die aankoms van Franse Hugenote aan die Kaap die produksie van wyn en brandewyn gerugsteun, wat tot ’n groter vraag na slawearbeid gelei het (Fourie en Von Fintel 2011). Slawearbeid sou die setlaars van die Kaapkolonie toegelaat het om ’n hoë vlak van welvaart te bereik. Die negatiewe langtermyn-implikasies vanweë slawearbeid sou egter verhoed dat die hoë vlakke van 18de-eeuse welvaart na die res van die bevolking oorspoel in die 19de eeu.

Bibliografie

Armstrong, J. en N. Worden. 1989. The Slaves, 1652-1834. In Elphick en Giliomee (reds.) 1989.

Boshoff, W.H. en J. Fourie. 2010. The significance of the Cape trade route to economic activity in the Cape Colony: A medium-term business cycle analysis. European Review of Economic History, 14:469–503.

Brunt, L. 2008. Property rights and economic growth: Evidence from a natural experiment.CEPR Discussion Papers No. 6404. London, Centre for Economic Policy Research.

Carr, L.G. en L.S. Walsh. 1988. The standard of living in the colonial Chesapeake. The William and Mary Quarterly, 45:135–59.

Coetzee, J.H. 1942. Verarming en oorheersing.Kaapstad: Nasionale Pers.

De Kiewiet, C.W. 1941. A history of South Africa: Social and economic. Oxford: Clarendon.

De Kock, M. H. 1924. Economic history of South Africa. Kaapstad: Juta.

De Vries, J. 1974. The Dutch rural economy in the Golden Age, 1500–1700. New Haven: Yale University Press.

De Zwart, P. 2011. Real wages at the Cape of Good Hope: A long-term perspective, 1652–1912. Ongepubliseerde referaat gelewer by die Economic Society of South Africa-kongres. Stellenbosch, September 2011.

Du Plessis, S. en S. du Plessis. 2011. Happy in the service of the Company: The purchasing power of VOC salaries at the Cape in the 18th century. Universiteit Stellenbosch: Mimeo.

Elphick, R. en H. Giliomee (reds.). 1989. The shaping of South African society, 1652–1820. Kaapstad: Longman Penguin.

Feinstein, C. 2005. An economic history of South Africa. Cambridge: Cambridge University Press.

Fourie, J. 2012. The wealth of the Dutch Cape Colony. ERSA Working Paper#268. Kaapstad: Economic Research Southern Africa.

Fourie, J. en D. von Fintel. 2011. ’n Ongelyke oes: Die Franse Hugenote en die vroeë Kaapse wynbedryf. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(3):332–53.

Giliomee, H. 2003. The Afrikaners. Biography of a people. Kaapstad: Tafelberg.

Guelke, L. 1976. Frontier settlement in South Africa. Annals of the Association of American Geographers, 66(1):25–42.

—. 1989. The white settlers, 1652–1780. In Elphick en Giliomee (reds.) 1989.

Guelke, L. en R. Shell. 1983. An early colonial landed gentry: Land and wealth in the Cape Colony 1682–1731. Journal of Historical Geography, 9(3):265–86.

Jones, A.H. 1980. Wealth of a nation to be: The American colonies on the eve of the Revolution. New York: Columbia University Press.

Liebenberg, H., F. Clayton, K. Faasen, E. van As, J. van der Merwe, M. Rall en I. Meyer. 2007. The inventories of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope. In Worden (red.) 2007.

McCants, A. 2006. After-death inventories as a source for the study of material culture, economic well-being, and household formation among the poor of eighteenth-century Amsterdam. Historical Methods, 39(1):10–23.

—. 2007. Exotic goods, popular consumption, and the standard of living: Thinking about globalization in the early modern world. Journal of World History, 18:433–62.

Mentzel, O.F. 2008. A geographical-topographical description of the Cape of Good Hope: Part II. Kaapstad: Van Riebeeck Vereniging.

Naudé, S.D. 1950. Willem Cornelius Boers. Archives Yearbook of South Africa, 2.

Ogilvie, S., M. Küpker en J. Maegraith. 2012. Household debt in early modern Germany: evidence from personal inventories. Journal of Economic History, 72(1):134-67.

Overton, M., D. Dean en L. Whittle. 2004. Production and consumption in English households, 1600–1750. Londen: Routledge.

Ross, R. 1999. Status and respectability in the Cape Colony 1750–1870. Cambridge: Cambridge University Press.

Schuurman, A. 1997. Aards geluk: De Nederlanders en hun spullen van 1550 tot 1850. Amsterdam: Balans.

Cape of Good Hope, 1652-1838. Johannesburg: Witwatersrand University Press.

—. 2007. Changing Hands, A calendar of bondage in southern Africa, 1550 to 1888, CD-ROM; ISBN 1-86918-063-1. Cape Town: Ancestry24.

Sheridan, R.B. 1965. The wealth of Jamaica in the eighteenth century. Economic History Review, XVIII:292–311.

Towards a New Age of Partnership (TANAP). 2010. Context: History of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope. Inventories of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope.

Thunberg, C.P. 1986. Carl Peter Thunberg travels at the Cape of Good Hope, 1772–1775. Kaapstad: Van Riebeeck Vereniging.

Ulrich, N. 2010. Time, space and the political economy of merchant colonialism in the Cape of Good Hope and VOC world. South African Historical Journal, 62(3):571–88.

Van Duin, P. en R. Ross. 1987. The economy of the Cape Colony in the 18th century. Leiden: The Centre for the Study of European Expansion.

Van der Merwe, P.J. 1938. Die trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie (1657–1842). Kaapstad: Nasionale Pers.

Van Zanden, J.L., J. Zuijderduijn en T. de Moor. 2012. Small is beautiful: the efficiency of credit markets in the late medieval Nederland. European Review of Economic History, 16:3-22.

Weatherill, L. 1988. Consumer behaviour and material culture in Britain, 1660–1760. Londen en New York: Routledge.

Worden, N. (red.). 2007. Contingent Lives: Social Identity and Material Culture in the VOC World. Rondebosch: Departement Historiese Studies, Universiteit van Kaapstad en ABC Press.

Argivale bronne

Cornell, C. en A. Malan. 2005. Household inventories at the Cape. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad.

Krzesinkski-de Widt, A. 2002. Die boedelinventarisse van erflaters in die distrik Stellenbosch 1679–1806. Stellenbosch: Stellenbosch Museum.

TEPC Transcription Project. 2004-2008. Inventories of the Orphan Chamber at the Cape of Good. MOOC 8-reeks, volumes 1-75, Kaapstad.

TANAP. 2010. Context: History of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope. Inventories of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope.

Eindnotas

1 “Gunston Hall Database” is beskikbaar by http://www.gunstonhall.org/library/probate/index.htm (1 November 2011 geraadpleeg).
2 Horlosies sluit hier staanhorlosies en sakhorlosies in. Skilderye sluit ook gedrukte prente in.
3 Let wel dat in beide die Nederlandse en die Engelandse streke wat hier verteenwoordig is, landbou die belangrikste ekonomiese aktiwiteit was. Die resultate word dus nie beïnvloed deur ’n kleiner stedelike bevolking aan die Kaap nie.
4 Guelke en Shell (1983) het ook slawe vir dié doel gebruik.
5 Indien die gemiddelde boeke bereken word wanneer al die “verskeidenheid boeke” waaraan 5 toegewys is, nie in ag geneem word nie, is dit groter as 6.
6 Sien Cornell en Malan (2005) vir ’n bespreking van die MOOC 8-reeks.
7 My dank aan Erika le Roux vir hulp met die aansoek by die Wes-Kaapse Argief en aan Johan Liebenberg met die kodering van die XMS-stylblad.



  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top