Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Lewer kommentaar en wen Simple, Fabulous lunchbox Ideas

2013-02-27 Lewer kommentaar onder aan enige LitNet-item vanaf 27 Februarie 2013 tot 6 Maart 2013 en jou kommentaar kan kwalifiseer vir 'n weeklikse trekking.

Rozanne Gewaar en die klanke van Kerkstraat

Henry Cloete, Rozanne Gewaar 2013-02-26 "Ek sluit in elke stel van vyf liedjies of so minstens een Afrikaanse liedjie in. Die Amerikaners hou daarvan so – hulle sê dis vir hulle mooi. Die Afrikaanse aksent is ook vir hulle mooi."

Tandyn Almer en "Along comes Mary"

Kerneels Breytenbach 2013-02-26 "Die liedjie se goeie eienskappe is deur niemand minder nie as Leonard Bernstein voorgehou as een van die redes hoekom hy gedink het popmusiek meer opwindende dinge doen as die indertydse klassieke avant-garde."

Chris Chameleon oor Droomland

Henry Cloete, Chris Chameleon 2013-02-26 "Ek dink min aan markte. Trouens, dis ’n lelike woord vir my sover dit enige kuns betref. Ja, ek weet dis ’n mens se werk en jy moet ’n inkomste genereer, maar ek glo ook dat die loon voortspruitend uit opregte toewyding tot jou talent (of vaardigheid) voldoende sal wees om na jou aardse behoeftes om te sien."

Kommentaar op die Oscar-toekennings 2013

Suzette Myburgh 2013-02-26

Die beste nuus oor vanjaar se Oscars is natuurlik dat Searching for Sugar Man die prys gewen het as beste dokumentêr, aangesien twee Suid-Afrikaners gesorg het vir die herrysenis van die sanger Rodriguez.        

The EOAN Group and bringing the story to life

Claudia Jansen van Rensburg 2013-02-26 "Initially the EOAN group’s opera productions took place at the Cape Town City Hall, but in 1966, with the declaration of District Six as an exclusively “white” area, the group moved to the Joseph Stone Theatre in Athlone."

ABSA KKNK 2013 Virtuele Kunsgalery: Pauline Gutter

2013-02-26 Virtuele galery van The Last of Us deur Pauline Gutter. Verkope open 29 Maart 2013.

Dis skoene, dis selfontdekking, dis lig ... dis Zivaglo

Linda Remke, Emma Kotze 2013-02-26 "Omdat Zivaglo ’n nuwe konsep is, was die uitdaging om kreatiewe mense te werf en te betrek ’n baie langer proses as wat ons eers gedink het. Die proses het geverg dat ons meer as ses maande elke twee weke met kreatiewe groepe gewerk het om hul te mobiliseer."

Liefde, Anna en die Suid-Afrikaanse teatergeskiedenis

Lida Krüger, Louis van Niekerk 2013-02-26 Louis van Niekerk gesels met Lida Krüger oor die teaterlegende Anna Neethling-Pohl en die Suid-Afrikaanse teatergeskiedenis soos vergestalt in Liefde, Anna.

Polony en die lelike eend

Henry Cloete, Roeline Daneel 2013-02-26 "Ek dink ons het in ’n groot mate ’n plato bereik waar die meeste teater óf so ligsinnig en onuitdagend en kommersieel is dat dit eintlik doodvervelig is, óf so ernstig en selfbewus en hoogdrawend dat die meeste mense glad nie daarmee kan relate nie."

Bazoo sê: "Hou my dop" (by die US Woordfees)

Renie Nel, Naomi Meyer 2013-02-26 "Bazoo is die kindertydskrif wat mens al meer gereeld op die winkelrakke sien opduik. Naomi Meyer het vir Renie Nel, die redakteur van die tydskrif, gevra oor die vriendelike skilpad wat nou ook kinders by die US Woordfees gaan kom vermaak."

Moord en verkragting onder die soeklig by Absa KKNK

2013-02-26 Toe Charles J. Fourie onlangs agter sy lessenaar ingeskuif het om sy jongste produksie Offer te skryf, sou hy nie kon raai dat dié produksie in 'n tyd sou afspeel wat Suid-Afrika se geweld-fenomeen opnuut die land in rou sou dompel nie. Of dalk is dit júís so voorspelbaar.

Ronelda Kamfer in gesprek met Annemarié van Niekerk

Annemarié van Niekerk, Ronelda Kamfer 2013-02-26 Ronelda Kamfer tree later vanjaar op by die Festival voor het Afrikaans. Sy het in Amsterdam met Annemarié van Niekerk gesels.

Wil jy iets vir Leon van Nierop vra? Jy kan 'n prys wen!

2013-02-26 Vra 'n vraag vir Leon van Nierop oor sy boek Snydokter en jy kan 'n prys wen!

MarimBaroque in lunch hour concert Unisa

Ina van Rooyen 2013-02-26 "An interesting lunch hour concert, consisting of Baroque music played by a string ensemble, harpsichord and concert marimba is scheduled for Friday 8 March at 13:00 in the Miriam Makeba Concert Hall at Unisa."

RAMfest groter as ooit tevore

Chrizane Geldenhuys 2013-02-25 “Dis moeilik om die line-up te kies, want Suid-Afrika het nie ’n groot verskeidenheid goeie kunstenaars om van te kies nie.” En dis juis dié nuwe baadjie wat die fees wil aantrek, deur jonger kunstenaars van verskillende genres ’n kans te gee.

2Pianists beloof 'n onvergeetlike ervaring by die US Woordfees

2013-02-25 "Feesgangers kan uitsien na ’n kragtige tweeklavier-uitvoering deur die TwoPianists-duo, Nina Schumann en Luis Magalhães. Die konsert vind plaas in die Endlersaal op Saterdag 2 Maart om 20h00."

Solopsis V: 'n uitstalling deur Wim Botha

2013-02-25 Die US Woordfees in samewerking met die Sasol Kunsmuseum en Stevenson bied aan: Solopsis V - 'n uitstalling deur Wim Botha

Duisende rande op die spel in derde Dagbreek Maties Straatmyl

2013-02-25 Duisende rande se prysgeld is op die spel in die derde Dagbreek Maties Straatmyl wat in samewerking met Maties Atletiek tydens die Namaqua Straatmylfees aangebied word. Die Straatmyl vorm deel van die jaarlikse Universiteit Stellenbosch Woordfees.

Boekbekendstelling: Trek deur Winnie Rust

2013-02-25 Human & Rousseau nooi jou om saam met Winnie Rust te kom kuier tydens die bekendstelling van Trek.
Top