Spieël Speel met Kathleen Tagg en Zanne Stapelberg

  • 0

Spieël Speel created by Kathleen Tagg and Zanne Stapelberg
met Zanne Stapelberg and Kathleen Tagg(klavier)
ook met Viool, Kitaar, Baskitaar en Perkussie
By die Boer Restaurant Teater in Durbanville
19, 20 Julie om 20:00
Sondag 21 Julie om 13:30
Kaartjies: R130
Bespreek: 021 979 1911/ 083406011

Suid-Afrika klop, vibreer en weerklink met die lewenskragtigheid en diversiteit van sy mense met musiek ‘n sentrale deel van hul bestaan. Suid-Afrikaanse kunstenaars, Zanne en Kathy, kyk in die spieël en ontgin díe klanke wat die agtergrond van hulle wens vorm en skep hiermee met vreeslose kreatiwiteit (en die gereedskap van hul klassieke opleiding) musikale kunswerke wat sal resoneer en begeester reg rondom die wêreld.

Hierdie is nuwe musiek - in Afrikaans - en gaan 'n unieke musikale en kulturele niche vul; 'n rare versnit van ontluikende Afrikaanse en Suid-Afrikaanse kultuur nooit van te vore gesien of gehoor nie, dog uiters relevant en ook so tuis op die verhoë van internasionale musiekfeeste as voor plaaslike gehore.

SpieëlSpeel speel af aan die kruispad van genres. Dit reflekteer die huidige gees van ontdekking, kruis-kulturele nuuskierigheid en avontuurlustigheid op die oomblik te vinde in die wêreld se musieksentra soos Londen en New York, Tagg se huis vir die laaste dekade. Die produksie gaan op reis deur 'n magdom uiteenlopende en kruisende style, met 'n buig van?die knie aan bekende kunstenaars soosYoYo Ma, PacquitoD”Rivera en David Krakauer, kunstenaars wie in geen stylistiese boks pas nie en eerder gedefinïeer word deur die geweldige omvang van hul musikale ontdekkingsreise.

Afrikaans het tot stand gekom in 'n kulturele smeltkroes en het ontwikkel tot 'n kragtige en geliefde uitdrukkingsvorm vir 'n groot en diverse groep mense. Dit is eerste op papier neergelê in Arabiese skrif deur die afstammeling van Maleise slawe in die hart van Kaapstad. Dit is 'n klank so onlosmaaklik van die landskap van Afrika as van die Hollandse seevaarders wie hul self hier gevestig het.
Zanne is 'n Afrikaanse kunstenaar, bekend vir haar vermoë om te sing 'n wye verskeidenheid tale – van Frans tot Spaans, Italiaans tot Duits, Xhosa en Zulu.

Kathleen is 'n Engels sprekende Suid-Afrikaner wie se Afrikaanse laerskoolopvoeding haar liefde vir die taal gevestig het.

Vir hierdie projek kies hulle om te speel in Afrikaans. Beïnvloed deur haar jare in New York waar sy werk met musici so wyd verspreid as Sirië, Azerbaijan, Japan, Indië, Spanje en Argentinië bring Kathy hier die musikale tale van die wêreld byeen. Dit, gekombineer met Zanne se jare lange passie om in 'n wye verskeidenheid style oorspronklike musiek in haar eie taal te skep - van blues tot folk tot rock, klassiek en inheems – gaan sorg vir werklik oorspronklike musiek.

Spieël Speel bestaan uit 14 nuwe komposisies, die meerderheid hier van geskryf deur Kathleen en Zanne self en met lirieke deur o.a. bekroonde skrywers Deon Meyer en Marlene van Niekerk. Met die doel om oorpronklike Suid Afrikaanse musiek te bevorder sal daar ook verskeie opdragwerke geskep word deur ‘n paar Suid-Afrikaanse komponiste wie reeds besig is om SA musiek in die kollig te plaas. Name soos Braam du Toit, gesogte komponis in Suid-Afrikaanse teater en film bekend vir sy werk met regisseurs soos Marthinus Basson en Jaco Bouwer sowel as en Matthijs van Dijk, wenner van die SAMRO internasionale komposisie kompetisie.

Zanne Stapelberg (links) en Kathleen Tagg (regs)

ZANNE STAPELBERG het haar eerste musikale opleiding ontvang in klavier, viool en altviool by Elsie Rauch en Louis van der Watt. Op hoërskool het sy saksofoon onderrig ontvang by Elize du Toiten, Petra von Zuilenberg en by die Universiteit van Stellenbosch, by Daryl Walters. Sy was 'n lid van die wêreld bekroondeTygerberg Kinderkoor o.l.v. Hendrik Loock. Saam met die koor het sy gereis na Salzburg, Switzerland en Rome, waar sy gekies is om vir Pous Johannes Paulus II te sing. Zanne het haar BA Musgraad en Hoër Lisensiaat in Musikale Optrede van die Universiteit van Stellenbosch cum laude geslaag. Tydens haar laaste jaar van studie is sy deur prof. Angelo Gobato genooi om 'n lid te word van die Kaapstad Opera Studio. As deel van die opera studio is Zanne gevra om te sing in 'n konsert vir oud-president Nelson Mandela. Haar mentor is Magdalena Oosthuizen, hoof van die sang departement van die Universiteit.

As student het sy die Hilda Hendrikz sang beurs, asook verskeie beurse vir akademiese prestasie ontvang. In 2001 ontvang sy die Beste Jong Operasanger toekenning van die Vriende van Kaapstad opera, tesame met die Demindex Operabeurs. In 2005 behaal sy die 3e plek in die UNISA sangkompetisie en ontvang die operetteprys. In 2006 is sy benoem as die Top Teater aantreklikheid in Suid-Afrika deur die kunste tydskrif Insig en ontvang ook die Cosmopolitan Awesome Woman toekenning vir haar opera werk. In 2008 ontvang Zanne SA se mees gesogte kunsprys, die Standard Bank Jong Kunstenaar vir Musiek.

Sy het haar opera debuut op 22 gemaak in die titelrol van Kaapstad Opera se produksie van Puccini se Suor Angelica. Sederdien het sy gewerk by oa, Kaapstad Opera, Teatro Principal, TeatroQuyas, Romaeuropa Fees, Kunsten Festival des Arts, Spier Kunstefees, Oude Libertas Amfiteater, Spier Poësiefees, Johannesburg Civic Teater, Markteater, Durban Playhouse- en Sand du Plessis teater.

Opera rolle sluit in: Nella in Gianni Schicchi (Puccini), Manon in ManonLescaut (Massenet), Angelica in Suor Angelica (Puccini), Mimi in La Bohéme (Puccini), Pamina in Die Zauberflöte (Mozart), Ilia in Idomeneo (Mozart), Marguerite in Faust (Gounod), Alice in Falstaff (Verdi), Alcina in Alcina (Handel), Rosalinda in Die Fledermaus (Strauss), Micaela in Carmen (Bizet) en die Eerste Dame in William Kentridge se produksie van Mozart se Die Zauberflöte.

Ander verhoogwerk sluit in: Stravinsky se Pulcinella met regiseur Marthinus Basson en Carla in die Europese toer van William Kentridge se Confessions of Zeno, met musiekdeur Kevin Volans. In 2011 was sy ook deel van Kentridge se nuutsteprojek, Refuse the Hour, in 'n verhoogstuk genaamd Dancing with Dada, met musiekdeur Phillip Miller.

Zanne is 'n gevierde liederesanger en sang siklusse wat uitgevoer is, viroa, Die Liedmakersgilde, Klein Karoo Klassique, St Andrews liedere uitvoeringsreeks, Nederburg konsertreeks en La Motte klassieke musiekreeks, sluit in Le nuitd’été (Berlioz), Frauenliebe und -leben (Shumann), Siete Canciones Populares Españolas (de Falla), Tonadillas (Granados) Of Darkness and the Heart, Tre Canzoni (Hofmeyr). Veel bekroonde SA komponis Hendrik Hofmeyr het die sang siklus Die Stil Avontuur, toonsettings van gedigte van Elizabeth Eybers, vir haar geskryf en die premiere hiervan was by die Stellenbosch Woordfees. Sy het die SA premiere van beide Hofmeyr se Byzantium vir sopraan en orkes en sy dramatiese werk The Death of Cleopatra gesing. Hulle het in 2006 'n CD, Uit die Hart, met 'n seleksie van sy sang siklusse opgeneem. Sy tree op saam met Suid-Afrika se mees gerespekteerde pianiste, oa Francois du Toit, Philippus Hugo, José Dias en Nina Schumann en het ook met clavier duo Schumann en Luis Magalhaés uitvoerings gegee in Portugal.

In 2004 het sy haar produksie maatskappy Long Tall Woman Productions gestig en het sederdien 'n magdom produksies geskep wat by al die groot feeste in Suid-Afrika te sien was – Die Vryfees, Woordfees, Suidoosterfees, Grahamstad Nasionale Kunstefees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop, Innibos en die Klein Karoo Klassique.

Haar groot liefde is Spaanse musiek en haar twee produksies Canciones Españolas (met kitaarmeester James Grace) en Canciones del Sur (met Grace en Minette du Toit-Pearce) het deurgaans uitverkoopte vertonings. Haar en New York gebasseerde pianis Kathleen Tagg se produksie Soul of Fire, het sy debuut in 2011 gehad en het sederdien deur die hele land getoer. In 2012 het hulle'n album met dieselfde naam opgeneem en 3 van die snitte word gebruik in Deon Meyer se nuwe rolprent, Die laaste Tango. Hulle is ook genooi om die produksie na die VSA en Europa te neem.

Zanne het bekendheid verwerf as 'n klassieke kunstenaar, maar haar musikale belangstellings kon nog nooit beperk word tot slegs dié genre nie. Sy het al opgetree saam met Lady Smith Black Mambazo, Johny Clegg en Mandoza. In 2011 het sy by Aardklop die vertoning Classics meet 70's met Charl du Plessis en Joseph Clark gedoen en by die Woordfees, Spirito met Melissa van der Spuy en Adriaan Brand. In 2013 doen sy die produksie Amen met Ockie Vermeulen en Rina Hugo. Zanne tree gereeld op by grootskaalse konserte soos Starlight Classics en Huisgenoot Skouspel. Sy doen ook van jaar 'n rock-opera produksie met Karen Zoid. In haar nuwe projek met James Grace, Secret Songs, ontgin sy blues, folk en alternatiewe musiek. In Oktober vertolk sy die vroulike hoofrol in Deon Opperman se musiekblyspel Ons Vir Jou.

In 2010 het Zanne vir die President's Club vir Prins Edward, die Graaf van Wessex gesing. 'n Loopbaan hoogtepunt is toe sy gevra is om in 'n gala konsert vir Kaapstad Opera saam met wêreld beroemde Suid-Afrikaanse tenoor, Johan Botha, op te tree.

Zanne het 'n borgskap van Standard Bank ontvang om 'n CD met opera arias met volle simfonie orkes op teneem. Sy het besluit op die Universiteit van Stellenbosch se Simfonie Orkes, ten einde 'n geleentheid te bied aan talent volle jong musici. Dit is so pas voltooi en sal later in 2013 uitgereik word.

Wat die kritici sê: “Zanne Stapelberg will mesmerize you, entice you, cajole you and ensnare you in her captivating recital of Spanish songs... Stapelberg uses every possible vocal inflection and fibre in her being to interpret a range of Spanish songs with fervour and alluring theatricality. This is not mere singing; it is drama emanating right from the core of her sensibilities... The zeal with which Stapelberg approaches this recital proves that she does not see her craft as a job or a calling – it is far more than that – her passion for performance is the essential ingredient in her life.”

She remains one of South Africa’s most prolifically talented and engaging artists. (Jeff Brukman in Cue – Grahamstad Nasionale Kunstefees)

KATHLEEN TAGG enjoys a versatile and exciting international career as soloist, collaborative pianist, music director and producer. She has performed throughout the United States, Europe, Southern Africa and India and has appeared on recordings of classical, world music, rock and folk.

Originally from South Africa, Kathleen began piano studies at the age of five, cello a year later, and by the age of seven was first broadcast on South African radio.

In 2004 she was the recipient of the Artist International Debut Award leading to her critically acclaimed New York solo debut in Carnegie Recital Hall, where the critics wrote “…“This is a superbly turned out artist, a performer broaching scant detour between conception and delivery, and a musician of such grand endowment that I can only add a complimentary hey-ho of underlining the great industry, unsparing discipline with which she honored her natural gift and therefore the music she plays and the public she plays to…think of the best efforts of Botticelli and Tiziano combined in one person”

Since then she has appeared frequently at Carnegie Hall, at Lincoln Center and venues such as Symphony Space, Merkin Hall, the 92nd Street Y and consulates and cultural organizations across the United States. Recent performances include performances of her and Sophie Jaff’s Orchestrated Songs at Lincoln Center, Noontime at Trinity Church Wall Street, performances and workshops in India, California and New York with the Sabina Rakcheyeva Ensemble, as well as the release of the group's debut album in London and New York and Allora and Calzadilla’s critically acclaimed “Stop, Prepare, Repair” at New York’s Gladstone Gallery. She has performed live on radio stations such as WQXR New York and WGBH Boston, and has been seen on SABC TV and E TV

As a recitalist she has performed all over the United Staets, and in countries such as Austria, England and Finland. She performs as a solo artist and as collaborator with such leading musicians as world-renowned clarinetist David Krakauer and Syrian clarinet virtuoso KinanAzmeh.

A graduate of the University of Cape Town, Mannes College of Music and recipient of the Helen Cohn Award as the outstanding Doctoral graduate of the Manhattan School of Music where she also taught for four years, Dr Tagg won the Oude Meester Music Prize, Hugenot Chamber Music Prize, and top prizes at the SAMRO, ATKV, Adcock Ingram and Hennie Joubert Competitions in South Africa. She was also awarded the Ernst Oppenheimer Memorial Trust Award and the National Arts Council Award as well as the New York Performing Arts Award and Andrew W Mellon Award.

She is co-founder of New York-based ensemble Song Fusion, performing with some of her generation’s finest singers and pianists, actively commissioning new works and collaborating with visual artists, actors and dancers. She was a Stern fellow for the biggest song festival in the USA, Songfest at Colburn, where she worked with Graham Johnson, Margo Garrett and Martin Katz.

She recently completed a country-wide tour and recording of her new genre-blending show “Soul of Fire” with singer Zanne Stapelberg in South Africa, acting as pianist arranger and producer. The show will be touring internationally in the 2013-2014 season, and tracks from the CD will be used in Deon Meyer’s upcoming film, Die Laaste Tango.

She recorded the music of Pulitzer-prize winning composer Tom Kitt for the Broadway Lullabies Project and performed on Broadway at the Stephen Sondheim Theatre at the launch in 2012. She spent time on the set of the movie Black Swan as pianist, and her musical, “Erika’s Wall”, co-written with Sophie Jaff, was produced by The Music Theatre Company of Chicago as their 2010 summer main stage production. www.kathleentagg.com

Her artistic integrity and musical reliability remain undimmed throughout as she coaxes an ever-changing kaleidoscope of colour from the piano where languidly sensuous moments intertwine with flashes of tempestuous fire and eloquently spaced silences. Grippingly executed martellato passages, offset against arpeggio flourishes and chord punctuations display Tagg’s complete mastery of the flamenco idiom."CUE Festival Newspaper of the South African National Arts Festival

Tagg successfully combined her outstanding technique with deep musicality and safe memory, and played the three movements expressively, evocatively and nimbly… the night before last’s interpretation convinced with more than enough brilliance…Die Burger

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top