Piet Botha en The Lyzard Kyngs

  • 0

In ‘n era van ”kits sterre” wat net so vinnig verdwyn as wat hulle verskyn het, is  Piet Botha een van daardie name op wie die term “kits” nie van toepassing is nie.  Met vingers verhard deur baie kilometers oor staalsnare en ‘n stem geslyp deur jare se gebruik (en misbruik) tot ‘n besonderse instrument, kan die man wat ook the Hammer genoem word, met reg aanspraak maak op die titel van “Pionier van Suid-Afrikaanse Rock”.  Vir hierdie vertoning span Botha saam met plaaslike Rocksterre AKKEDIS. Jy kan die sweet op die verhoog hoor val, die ekstra krapmerke aan die instrumente sien en  die ritme van die langpad voel. En soos n draad wat deur die musiek vleg, is die groot stemme van die kitare.  
In ‘n merkwaardige loopbaan van meer as 35 jaar, het hy al die verhoog gedeel het met ander legendes soos Deep Purple, Uriah Heep en ZZ Top. Hierdie is a seldsame geleentheid om hierdie SuidAfrikaanse Rock legende en sy orkes te sien in een van die Wes Kaap se top musiek venues. Vir slegs een aand op Donderdag 27 Junie om 20:00 by die Boer restaurant teater, Durbanville. Kaartjies is R90. Bespreek by 021-979 1911.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top