Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Wenners van Aardklop Nasionale Kunstefees 2016 aangekondig
2016-10-11Die wenners van die Aardklop Nasionale Kunstefees 2016 is tydens 'n toekenningsgeleentheid aangewys.
ATKV-Tienertoneel 2016: Die uitslae
2016-10-10Hoërskool Durbanville is die nasionale wenner van die 52ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met FRAGMENT. Hulle wenpersentasie was 94,48%. Dié toneelgroep ontvang R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee.
1925band: "Musiek vertel altyd 'n storie"
2016-10-10"Musiek gaan dieper as net luister en dans. Dit vat aan 'n mens se hart. Dit verander lewens, bring mense bymekaar en speel op 'n mens se emosies."
Taalerfenissimposium op Clanwilliam
2016-10-07Die ATKV se taalafdeling bied op 21 Oktober 2016 ’n Taalerfenissimposium met die tema “Dit kom van ver ...” op Clanwilliam aan.
Noem my Skollie: Dies wat ek dink
2016-10-05"Noem my Skollie het emosies in my oepgemaak wat my gevolg tot ek daai aand in my bed geklim het. Dit het in en uit my kop geklim vi die afgelope drie wieke. Noem my Skollie het in meer as twie ure in my kom los die riedes hoekom taal, stories en geskiedenis soe belangrik is vi ‘n mens."
Lucy Jordan se verlore droom
2016-10-05"’n Verlore droom is soos ’n verlore liefde: as jy dit nie tot nostalgie kan verwerk nie, sal dit jou tot raserny dryf – vra maar vir Lucy Jordan."
Teaterresensie: Hedwig and the Angry Inch by Gate69-teater, Kaapstad
2016-10-04"Die tema is ’n moeilike een: gesprekke oor transgender is nooit sonder struikelblokke en hartseer nie. Dis stof-tot-nadenke-materiaal hierdie. Maar dat dit een van die lekkerste teater-eet-ervaringe hierdie jaar is, is gewis."
The Vanilla: "Ons is nie daai band wat rustige pop tunes speel nie"
2016-10-04"Indie pop is oral in die music scene, plaaslik en internasionaal, en dit is dan moeilik om uniek te wees en uit te staan."
Kelderflux: "Ons hou van ongewoon en interessant"
2016-10-04"Suid-Afrika is 'n deurlopende tema in die album, so ek sal sê die enigste kriteria was die gegewe: ons is vier bevoorregte wit Suid-Afrikaanse mans wat reflekteer op ons omgewing en ons onderskeie ervarings daarbinne."
ATKV-Tienertoneel 2016
2016-10-04Hier is al sestien stukke wat deel is van die ATKV-Tienertoneel wat vanjaar by Aardklop te sien is.
Program van die ATKV-Boeke-Oase 2016
2016-10-03Aardklop 2016 skop more af! Al die gesprekke in die ATKV-Boeke-Oase word gratis aangebied.
Aardklop 2016: 10 redes hoekom jy daar moet wees
2016-09-29As jy nog enigsins twyfel of jy vanjaar Aardklop toe gaan, is hier 10 redes hoekom jy dit nie kan misloop nie!
Aardklop 2016: Kristalvlakte
2016-09-29Amy Jephta: "Mense kan partykeer in Kaapstad rondloop met blinddoeke. Daar's 'n ander wêreld aan die ander kant van die N2 wat hulle nooit aan hoef te dink nie."
Aardklop 2016: Alexa Strachan oor Taxi Teater
2016-09-29"Vir my is die Taxi Teater baie opwindend, want mense van buite Potch besef nie noodwendig hoe divers en talentvol Potch se gemeenskap is nie."
Matt Carstens: "Ek glo nie regtig in genres nie"
2016-09-27"My liedjies weerspieël waar ek is op die stadium wat ek die liedjie skryf."
Teaterresensie: Pa maak vir my 'n vlieër, Pa in die Milnerton Playhouse
2016-09-27"Die drie spelers se spraak is sterk en maklik hoorbaar."
Mymymy: "Daar is definitief ’n tong-in-die-kies benadering"
2016-09-26"Ons wou in beide tale werk omdat ons nie onsself wil beperk tot ’n sekere mark nie."
Palesa Malieloa wen ATKV-Muziqanto
2016-09-26Jong Kaapse sopraan Palesa Malieloa wen ATKV-Muziqanto.
Wenners van die KykNET-Rapport-boekpryse vir 2016 bekend
2016-09-24Die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Erfenisdag, Saterdag 24 September 2016, in Kaapstad bekend gemaak. Die Jan Rabie-Rapportprys vir die beste debuutroman in Afrikaans asook die twee nuwe kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar is by dieselfde geleentheid oorhandig.
Tuin van Digters 2016: Fotoblad
2016-09-22Die jaarlikse Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum op Wellington is gekenmerk deur interessante gesprekke deur interessante mense. Marlene Malan deel van haar foto's.
